7 ALLE PAAIE LEI NA ROME

8 'N WEEK HET SEWE DAE

PROFESIE VAN DIE 153 VISSE

9 DIE SEWE GEMEENTES VAN OPENBARING

10 DIE GROOT VERDRUKKING

11 DIE ANTICHRIS

DIE ANTICHRIS IN DIE OU TESTAMENT

DIE ANTICHRIS IN DIE NUWE TESTAMENT

12 TEGNOLOGIE EN DIE MERK VAN DIE DIER

 

 

Terug na die begin

 

 

7

 

 

 

ALLE PAAIE LEI NA ROME

 

 

Die stad Rome het in die laaste tweeduisend jaar voortdurend ‘n baie besondere en prominente rol in die geskiedenis van die wêreld gespeel. Daar kan met reg gesê word dat hierdie stad sy plek op die wêreldkaart verewig het. Die vraag is net of die wêreld soos ons hom ken, vir ewig gaan bestaan? Die twee bekende gesegdes dat alle paaie na Rome lei en ook dat Rome nie in een dag gebou is nie, is seker by byna alle mense bekend. Hoekom het daar egter sulke universele gesegdes soos hierdie in die gewete van die mensdom bly vassteek en hoekom juis i.v.m. die stad Rome? Dit is iets waaraan ‘n mens gerus kan dink. Is die wêreld se oë dalk nog steeds, al is dit miskien onbewustelik, gerig op Rome en het hierdie stad dalk nog ‘n groot en belangrike rol om te vervul in die nabye toekoms?

In Dan. 2 lees ons van die beeld wat Nebukadnesar in ‘n droom gesien het. Uiteindelik kon net Daniël die droom uitlê en sy uitleg was, soos wat die geskiedenis daarna sou bewys, die volgende:

 

Hoof van goud - Babiloniese ryk (vers 38 se einde)

Bors en arms van silwer - Mede en Persiese ryk

Lendene van koper - Griekse ryk

Bene van yster - Romeinse ryk (bene het geskei in ongeveer 330 n.C.)

Voete en tone van yster en klei - die herleefde Romeinse ryk

Hoe weet ons egter dat die voete en tone van yster en klei die herleefde Romeinse ryk is? Hoe weet ons enigsins dat die Romeinse ryk gaan herleef? In Dan. 2:44 lees ons dat "in die dae van dié konings", verwysende na die laaste koninkryk of die Romeinse ryk - die vierde ryk, "sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie,". Hierdie is die duisendjarige ryk van Christus wat uiteindelik sal oorgaan in die ewigheid. Nooit weer sal ‘n menslike regering of koninkryk ‘n kans kry om die aarde te regeer nie. Vir 6000 jaar het menslike pogings klaaglik misluk en genadiglik sal God uiteindelik oorneem en ware vrede en geregtigheid sal vir ewig heers. Die belangrike punt om hier te onthou is dat die Romeinse ryk na die Griekse ryk regeer het en wel tot omtrent 300 n.C. Daarna het die sg. ‘Heilige Romeinse ryk’ tot stand gekom met die Roomse Kerk aan die spits.

So terloops, het jy al gewonder hoekom almal altyd die tydperk rondom 500-1500 n.C. as die ‘donker middeleeue’ beskryf. As dit die middeleeue was, dan was Christus se geboorte en kruisiging rondom die jaar nul mos die begin en dan leef ons vandag, rondom die jaar 2000, reg aan die einde !! Dit is waar. Christus se eerste koms na die aarde was die begin van die kerkdispensasie en sy tweede koms sal hierdie tyd beëindig.

Na die val van Romeinse ryk was daar egter nooit weer ‘n wêreldryk van daardie aard nie. In Dan. 2:45 lees ons verder hoedat ‘n klip (die Rots - Christus) losgeraak het en die laaste ryk verbrysel het. Die woorde, "in die dae van dié konings", is dus van besondere belang hier. Dit sal gebeur in die dae van die konings van die Romeinse ryk. Hierdie Romeinse ryk het egter al ‘n paar honder jaar gelede tot ‘n einde gekom, so hoe kan Christus se ryk dan by hierdie ryk oorneem? Daar is net een antwoord. Die Romeinse ryk gaan herleef kort voor die wederkoms van Jesus Christus ! Dit is dan ook presies wat vandag gebeur, hier reg teen die einde van die 20ste eeu.

Let op na die volgende aanhaling van Henri Spaak, voormalige sekretaris-generaal van NAVO:

 

"we felt like Romans on that day ... We were consciously recreating the Roman Empire once more".

(BBC dokumentêre program oor die Europese Unie).

 

Duideliker sal jy nie kry nie. Die Europese Unie is sonder twyfel die herleefde Romeinse Ryk. In 1993 het hierdie eenheid van sommige Europese state finaal beslag gekry. Vandag het hulle reeds een geldeenheid en beheer hulle die hele Europa en ook reeds ‘n groot deel van die handel van die wêreld.

Spaak het in daardie woorde eintlik direk verwys na ‘n ander vroeër gebeurtenis wat in Rome plaasgevind het en wel in 1957 - die Verdrag van Rome of die Treaty of Rome wat die hele beweging na die herleefde Romeinse Ryk amptelik begin het. Hoekom is hierdie verdrag juis in Rome van alle plekke gesluit? Om alles net in perspektief te bring, kyk ons kortliks na wat alles in Rome gebeur het in die laaste net meer as 40 jaar:

 

1957 - Verdrag van Rome onderteken

1963 - 2de Vatikaanse Konsilie in Rome

1968 - Klub van Rome gestig

1997 - Statuut van Rome uitgeroep

 

Die Verdrag van Rome was die begin van die staatkundige eenwording van Europa; Die 2de Vatikaanse Konsilie was die Rooms-Katolieke Kerk se poging om meer aanvaarbaar te word vir die Protestantse kerke van die wêreld asook vir die ander godsdienste en spesifiek om die Kerk of godsdiens van die nuwe Romeinse Ryk te loods; Die Klub van Rome is gestig om ‘n een wêreldregering op die been te bring; Die Statuut van Rome behels die nuutgestigde Internasionale Kriminele Hof wat van stapel gestuur is en wat sy beslag gekry het in Julie 1998 - ook in Rome. Om te dink na al die jare is Romeinse Reg nog steeds met ons in die Westerse wêreld en selfs verder. As ‘n mens vandag nog steeds nie die prentjie kry nie, is aanhoudende gebede vir wysheid al oplossing.

In Dan. 2:41-43 lees ons dat die laaste ryk voor die wederkoms die een van die voete en tone sal wees. Nou ons weet teen hierdie tyd dat ‘n mens tien tone het. Hierdie droom van Nebukadnesar het volgens die profeet Daniël spesifiek ook gewys na "wat aan die einde van die dae sal gebeur." (Dan. 2:28).

Hierdie laaste menslike ryk op aarde sou dan wees soos yster en klei en sal daarom ook nie kan meng nie. Kan dit moontlik dui op Christelike groepe (klei) en anti-Christelike groepe met verharde harte van yster wat nooit een sal kan word nie. God het mos juis gesê dat sy kinders soos klei in die hande van Hom die pottebakker moet wees. Hulle met verharde harte daarenteen, soos yster, wil nie buig voor die lewende en enigste God nie. Ek glo dat hier spesifiek van godsdiensvermenging gepraat word in die eerste plek en daarnaas moontlik van die vermenging van volkere, maar dan ook juis i.v.m. godsdiensvermenging. God wou nooit gehad het dat sy volk Israel met die ander nasies rondom trou nie, maar wel spesifiek a.g.v. hulle heidense godsdienstige gebruike.

Nou meer spesifiek oor die tien tone van die beeld wat Nebukadnesar gesien het. In Dan. 7:24 en ook in Op. 17:12 lees ons baie duidelik dat daar tien konings sal opstaan in die tyd van die einde en dat hulle ‘n tyd lank saam met die Antichris (die dier) sal regeer. Om hierdie rede is die volgende stukkie inligting so absoluut verstommend en wys dit net weer hoe korrek Bybelse profesieë is. Op 17 September 1973 het die Klub van Rome ‘n verslag die lig laat sien met die titel, Regionalized and Adaptive Model of the Global World System. In hierdie dokument het hierdie Roomse organisasie die huidige wêreld in tien polities/ekonomiese sones of ‘kingdoms’ (soos hulle dit self beskryf het) verdeel.

In sy boek, Diplomacy (1994), het die bekende Henry Kissinger hierdie tien sones of streke as "basic units of the new world order" beskryf. As dit nie die vervulling van ‘n Goddelike profesie is nie, wat is dit dan?

 

Baie onlangs, net voordat die Millennium Beraad van die Verenigde Nasies in September 2000 in New York gehou is, het nog meer insiggewende verwikkelinge in hierdie trant na vore gekom. Kyk hierna:

 

"The United Nations will face more peacekeeping failures in the 21st century without major overhaul, according to an international panel. The panel called Wednesday for the equivalent of a U.N. ministry of defense to bolster the world body. The 10-member panel did not endorse a United Nations army, but it did encourage the 188 U.N. member states to form several brigade-size forces of 5,000 troops each that could deploy in 30 to 90 days, depending on the complexity of the U.N. peacekeeping operation. In the future, the panel said, U.N. military forces must be capable of responding to greater challenges - which means bigger, better equipped, and more costly missions with the authority to use force. It also means radical changes in U.N. procurement to facilitate rapid deployments. Annan asked the panel to make recommendations to improve prospects for peace in the 21st century."

(Associated Press, 23 Augustus 2000).

 

Dit is ook nie die enigste beweging in die rigting van tien moontlike konings of koninkryke nie. Die VN het ook by die Millennium Beraad oorweging daaraan begin skenk om hulle permanente Veiligheidsraad uit te brei - na tien lede !

Die volgende berig het die wêreld bereik tydens die groot beraad:

 

"With all the talk this week about making the United Nations better able to meet the challenges of the 21st century, Japan has a fairly concrete proposal: Give it a permanent seat on the Security Council. The problem is the Africans want one, too. And the Arabs. And the Latin Americans. Spanish President Jose Maria Aznar told the summit on Thursday that any discussion of council reform must take into account the existing use of the veto to prevent countries like Russia from blocking or threatening to block council intervention in humanitarian crises.

The Security Council is made up of the five veto-weilding permanent members and 10 non-permanent members whose seats rotate every two years. For the past seven years, the General Assembly has been negotiating an increase in both the permanent and non-permanent members but has been stymied by disputes over who to put on and whether to extend veto power to them. The United States, Britain and France favor adding five new permanent seats - Japan, Germany, and one member from Asia, Africa and Latin America, to be selected by their regional groups."

(Associated Press, 7 September 2000).

 

Dan is daar tien permanente lede en dit lyk nie veel anders as die tien sones waarvan die Club van Rome praat nie ! Dit is tans bloot ‘n moontlikheid en ‘n mens kan nog nie bevestig dat hierdie tien lede die tien konings van die Skrif is nie. Dit is egter baie interessant om dop te hou.

 

 

DIE KERK VAN ROME

 

Die Roomse Kerk se rol in hierdie hele proses word ook totaal onderskat. In 1997 het die Pous opnuut gesê dat hy eenheid tussen die Katolieke en Protestante wil bewerk en ook dat hy die eenwording van Europa wil sien en wel "through the acceptance of Christian precepts." (FB News Service, 1 Mei 1997). Kan jy dit glo? Die herstelde Romeinse Ryk gaan ‘Christelik’ van kleur wees.

Die uur is reeds so laat en talle slaap maar nog rustig voort.

Die volgende was ‘n baie insiggewende berig:

 

TELEVISION PROGRAM, ‘EUROPE AND JOHN PAUL II’ IS PRESENTED

VATICAN CITY - "The television program ‘Europe and John Paul II,’ which will be transmitted throughout the world in a unified satellite coverage at 7 p.m. on March 21 from Rome’s City Hall and from Brussels, was presented this morning in the Holy See Press Office. The occasion for the transmission is the 40th anniversary of the Treaty of Rome.

Present at the conference were: Msgr. Guido Todeschini, director of Telepace; Daniela Brancati, director of the RAI (Italian Radio and Television) office for information on the activity of the European Union; Franco Zeffirelli, film director; and Virgilio Dastoli, secretary general of the European Movement. Participants also included representatives of the European Commission, the European parliament, the Italian government and Rome’s City Council."

(Vatican Information Service, 18 Maart 1997).

 

Is dit ‘n voorspel van wat gaan kom? Wat maak die regisseur van verskeie immorele, Godtergende films hier saam met die ‘Holy Father’?

Dit is genade van God dat Hy aan die hele wêreld wys hoe belangrik die ‘Treaty of Rome’ toe in werklikheid was.

Hierdie is beslis ook nie die laaste wêreldwye TV-uitsending van Rome se stadsaal of van Brussels nie (Matt. 24:26b).

In die jaar 2000 (die sg. Jubeljaar), het die Rooms-Katolieke Kerk oftewel die Vatikaan ‘n hele projek aan die gang oor die stad Rome - wat volgens hulle self nou weer herleef - in ons dag !

Ons lees hieroor op die Internet webblad van die Vatikaan:

"Welcome to the Vatican Exhibit. The City Reborn - How the City Came Back to Life - Rome now is one of the grandest cities in the world. Millions of pilgrims and tourists come every year to admire, and be awed by, its treasures of architecture, art, and history."

Die Woord van God is waar - inderdaad !

 

Die nuwe of dan herleefde Romeinse Ryk se godsdienstige vleuel mik natuurlik veel verder as net Europa. Die Vatikaan het Jerusalem in die oog - hulle glo in elk geval dat hulle die nuwe Israel van God is. Die Pous sien sake soos volg:

 

VATICAN CITY- "Pope John Paul II on Sunday urged creation of a special international status for the holy sites of Jerusalem, saying in an appeal aimed at Camp David's negotiators that only world oversight can safeguard all the ancient city's religions.

John Paul, saying he was praying for peace to come out of the U.S.-sponsored talks between Israeli and Palestinian leaders, urged the power brokers ``not to overlook the importance of the spiritual dimension of the city of Jerusalem.''

``The Holy See continues to maintain that only a special statute, internationally guaranteed, can effectively preserve the most sacred areas of the Holy City,'' John Paul said, speaking from the window of his summer villa outside Rome.

John Paul, leader of the world's one billion Catholics, seized the potentially decisive opportunity of the Camp David talks to press the long-held Vatican position that Jerusalem's holy sites should be internationally governed.

(Associated Press, 23 Julie 2000).

In Mei 1999 het die Pous drie Moslemleiers in die Vatikaan te woord gestaan. Op ‘n stadium het hy gebuig voor die Koran (hulle heilige boek) en dit gesoen. Hierdie foto is herhaaldelik op Irakse TV vertoon en is tans op die Internet te sien.

(The Christian News, 18 Oktober 1999, p. 16).

Eintlik is dit nie vreemd nie, want die nuwe Katolieke Kategismus van die Roomse Kerk van 1994, verklaar in punt 841 dat hulle en Islam dieselfde God aanbid. Die misleiding in die wêreld is werklik baie groter as wat baie Christene mag dink. Daarom het Christus so teen misleiding gewaarsku in Matt. 24:4 en 11.

 

Die Kerk van Rome en sy Pous is in die dae baie besig om die godsdienste van die wêreld byeen te bring vir ‘vrede’. In 1986 en weer in 1999 is leiers van al die groot godsdienste (selfs slangaanbidders) eers na Assisi en toe na Rome genooi vir gesamentlike tye van gebed ens. Ook tydens die onlangse Godsdiens Beraad by die Verenigde Nasies, einde Augustus 2000, het die Kerk van Rome ‘n groot rol gespeel. Die Vatikaan se hoofafgevaardigde was Kardinaal Francis Arinze, president van hulle ‘Pontifical Council for Inter-religious Dialogue’. Hy het die volgende by die geleentheid te sê gehad:

 

"Collaboration between people of all the religions of the world is needed for the proper motivation of hearts and consciences. Pope John Paul II gives a personal example as a promoter of reconciliation and harmony between peoples of different religions, cultures and languages. The promotion of peace is part and parcel of what it means to be a Catholic."

Die Pous self was nie teenwoordig nie, maar hy het wel ‘n brief aan die vergadering gestuur:

 

"In a written statement, Pope John Paul II said that ‘It is a sign of hope when religious and spiritual leaders can say to the world with one voice that peace is possible, that peace is our sacred duty, that peace is the future willed by God. I assure all the participants that I am spiritually close to them as they seek to promote the good of the whole human family.’" (Worldwide Faith News, 2 September 2000).

‘n Mens moet verstaan dat die Pous homself en sy kerk as veel hoër beskou as enige globale intergeloofsliggaam van enige aard. Die godsdienste van die wêreld sal voor hom moet kom buig as hulle wil hê hy moet op hoë vlak met hulle saamwerk. Presies dit gaan ook nog gebeur. Die rol van Rome in internasionale godsdienstige gebeure was nog nooit meer aktief as juis vandag nie.

 

 

ROME - SETEL VAN DIE ENIGSTE WARE KERK ?

 

In September 2000 het die Rooms-Katolieke Kerk ‘n opspraak-wekkende dokument die lig laat sien waarin hulle verklaar het dat hulle kerk die enigste ware en suiwer kerk op aarde is. Die Pous het hierdie amptelike dokument, Dominus Iesus, self goedgekeur. In die dokument is daar op verskeie plekke teenstellings, maar dit is so tipies van die Jesuïtiese werkswyse dat dit verwag kon word. Op stadiums word gesê dat alle godsdienste die pad na God aandui en dan word daar weer gesê dat die Roomse Kerk alleen die weg na die ewigheid besit. Ander Christelike kerke besit ook volgens hulle nie die volle weg na saligheid nie.

Selfs die hoof van die Anglikaanse kerk in Engeland was onaangenaam verras deur hierdie geskrif, juis omdat hierdie twee kerke dan al vir jare aan die onderhandel is oor eenwording ens. Die volgende is ‘n kort uittreksel uit ‘n berig oor die dokument wat die Protestantse kerke van die wêreld weer ‘n slag laat nadink het:

 

"Vatican City - In a declaration carrying the full authority of an infallible teaching, the Vatican said [on] Sept. 5, the Roman Catholic Church is the only "instrument for the salvation of all humanity."

The 36-page Declaration Dominus Iesus ("On the Unicity and Salvific Universality of Jesus Christ and the Church") expressed "sincere respect" for other religions but attacked "religious relativism which leads to the belief that one religion is as good as another."

 

"If it is true that the followers of other religions can receive divine grace, it is also certain that objectively speaking they are in a gravely deficient situation in comparison with those who, in the church, have the fullness of the means of salvation," the Vatican said of non-Christian religions.

It called non-Catholic Christian bodies "defective." ...

[Kardinaal] Ratzinger said in a recent letter to bishops' conferences throughout the world that the Catholic Church is the "mother" of all Christian churches, and told them to stop referring to the Orthodox, Anglican and Protestant churches as "sister" churches."

(Religion News Service, 7 September 2000).

 

 

ROME OOR ANDER GODSDIENSTE

 

‘n Tipiese voorbeeld van hoe die Roomse Kerk en sy Pous dubbelhartig spreek en optree, kan gesien word in die onlangse uitspraak van die Pous dat hy nie regtig sê sy kerk is die enigste weg tot redding vir die mens nie. Hierdie uitspraak is juis gemaak om die ongemaklike situasie wat ontstaan het a.g.v. die voorgenoemde dokument te probeer ontlont.

‘n Berig in die Washington Post, 2 Oktober 2000, het die volgende opskrif gehad:

 

 

‘OTHER FAITHS NOT DENIED SALVATION, POPE SAYS’

 

"... Addressing some of the chief criticisms, the pope said that the document, like those issued by the Second Vatican Council in the mid-1960s, asserts that only through Jesus Christ is there salvation, but that non-Christians were not denied salvation.

About another issue that vexed leaders of other Christian faiths, he said: "If the document, like Vatican II, declares that 'the only Church of Christ subsists in the Catholic Church,' it doesn't mean to express a lack of consideration for the other churches and ecclesiastic communities."

 

Hierdie uitsprake wys maar net weer hoedat Rome en haar kerk die vergestalting is van die mistieke Babilon waarna die Bybel verwys in Op. 17 en 18. Ander godsdienste kan volgens Rome ook saligheid ontvang, maar natuurlik net as hulle die Pous en sy kerk erken as die ware en suiwer weg daarheen.

Die waarheid van die Skrif word al hoe duideliker soos die dae verby skiet en niks wat in die wêreld gebeur, is enigsins toevallig nie.

 

 

DIE WÊRELD NOU AAN ‘MARIA’ TOEGEWY

 

Op 7 en 8 Oktober 2000 het die Roomse Kerk groot ‘Maria’ feesvierings in Rome gehou. Hulle het begin deur die sg. ‘Rosary’ te bid ter ere van die afgestorwe Maria.

Hierdie gebed wat m.b.v. ‘n string krale gebid word, kom uit die ou heidense Babiloniese godsdienste. Gebede tot dooies en beelde was in daardie tyd veral baie gewild - net soos vandag nog.

Die Vatikaan het soos volg berig oor die ‘grootse’ gebeurtenis:

 

"Pope John Paul and 1,500 bishops from around the world who are celebrating their Jubilee were joined in St. Peter's Square late this afternoon by tens of thousands of priests, religious and lay faithful to pray the rosary. The ceremony was linked via radio and television to sites throughout the world where the faithful also prayed the rosary in churches, shrines, schools, stadiums and parks. Before the Holy Father entered the square to begin the Marian prayer, he processed through St. Peter's Basilica with the statue of Our Lady of Fatima which had arrived last evening from the shrine in Portugal. ... The statue of Our Lady was placed on a pedestal in the square. During the rosary, five candles at her feet were lit - one at the start of each of the glorious mysteries. ... After the prayer the Pope addressed the faithful gathered in the square, saying that today, "the first Saturday of October, could only bring us to pray together at the feet of Our Lady whom the People of God venerate today as Queen of the Holy Rosary."

(Vatican Information Service, 7 Oktober 2000).

 

Op die 8ste Oktober het die Pous toe die lang verwagte wens van baie Katolieke vervul toe hy die hele wêreld aan ‘Maria’ toegewy het. Die gebed tot Maria was eintlik skokkend as ons dink aan die feit dat Jesus Christus reeds alles vir ons aan die kruis bewerk het.

Die Vatikaan se eie nuusdiens het so oor die geleentheid berig:

" ... you are the Immaculate One, through you there shines the fullness of grace. Here, then, are your children, gathered before you at the dawn of the new millennium. The Church today, through the voice of the Successor of Peter, in union with so many Pastors assembled here from every corner of the world, seeks refuge in your motherly protection and trustingly begs your intercession as she faces the challenges which lie hidden in the future. ...

O Mother, intercede for us, that the fruits of this Year will not be lost and that the seeds of grace will grow to the full measure of the holiness to which we are all called.

Today we wish to entrust to you the future that awaits us, and we ask you to be with us on our way. We are the men and women of an extraordinary time, exhilarating yet full of contradictions. Humanity now has instruments of unprecedented power: we can turn this world into a garden, or reduce it to a pile of rubble. ... Therefore, O Mother, like the Apostle John, we wish to take you into our home, that we may learn from you to become like your Son. ... We entrust to you all people, beginning with the weakest: the babies yet unborn, and those born into poverty and suffering, the young in search of meaning, the unemployed, and those suffering hunger and disease. We entrust to you all troubled families, the elderly with no one to help them, and all who are alone and without hope. O Mother, you know the sufferings and hopes of the Church and the world: come to the aid of your children in the daily trials which life brings to each one, and grant that, thanks to the efforts of all, the darkness will not prevail over the light. To you, Dawn of Salvation, we commit our journey through the new Millennium,"

(Vatican Information Service, 8 Oktober 2000).

Hoe min Christene is nie bewus van die ware kleure van Rome en haar kerk nie ! In hierdie wêreld lei alle paaie verseker na Rome.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

8

 

 

 

 

 

‘N WEEK HET SEWE DAE

 

 

 

 

"Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus."

(Ex. 20:11).

 

In Gen. 1 lees ons baie duidelik en ondubbelsinnig dat God sy skeppingswerk in ses letterlike dae (van 24 uur elk) voltooi het en dat Hy die sewende dag afgesonder het om te rus (later meer oor die letterlike aard van die 24 uur dae). 'n Week is dus gebore. Sien die jaarweek oftewel sewe jaar wat Jakob vir Ragel moes werk in Gen. 29:27,28. Sewe dae is deur God as 'n tydperk vasgestel waarin Hy die ganse skepping voltooi het en dit het ingesluit en is afgerond met 'n rusdag. Sewe dae is dus 'n afgeronde tydperk in God se oë. Dit omsluit arbeid sowel as rus, maar wel binne hierdie vasgestelde tydsgrense. Ons sou dus kon sê dat die ewigheid nie deel vorm van hierdie afgebakende (aan-tydgekoppelde) sewe dae of dan 'n week nie. Die ewigheid staan dus verseker en ooglopend los van tyd. God het self tyd geskape en is daarom ook geensins aan tyd onderworpe nie. Hy het reeds van die voortyd af die begin en ook die einde van tyd vasgestel (Jes. 46:9,10).

Daar is egter nog talle ander plekke in die Skrif waar die getal sewe sterk na vore kom. God moet sekerlik 'n baie spesiale waarde heg aan hierdie getal. In Ps. 12:7 lees ons bv.: "Die woorde van die HERE is rein woorde... gesuiwer sewe maal."

(Die nuwe vertaling noem ongelukkig nie die woorde ‘sewe maal’ nie).

 

Die lewende God kon net so wel enige ander getal gekies het om die suiwerheid van sy Woord aan te dui of waaraan Hy dan prominensie sou wou verleen. Hy het egter in sy alwysheid op die getal sewe besluit. Eendag sal ons die volle prentjie verstaan en sonder twyfel verstom staan oor sy volmaakte, aangrypende Goddelike ontwerp. Die volk Israel moes dan ook vir ses dae lank elke dag een keer om die stad Jerigo trek en op die sewende dag moes hulle wel sewe keer om die stad gaan voordat hulle dit kon inneem. Daar moes ook sewe priesters loop met sewe ramshorings waarop hulle uiteindelik moes blaas (Jos. 6: l5). Hierdie getal kom oral in die Ou Testament voor en dit dui op volledigheid en voltooiing. In die boek Openbaring vind ons egter die meeste verwysings na die getal sewe wat in enige Bybelboek gevind kan word. Is dit dan nie juis omdat hierdie boek die voltooiing en voleinding van die ganse Woord van God is nie? In hierdie boek lees ons ook van Jesus Christus as die Alfa en die Omega. Die Een wat alles begin het en wat alles hier op aarde tot 'n einde sal bring - voor die aanbreek van die nuwe hemel en die nuwe aarde.

Hy is dan ook nie toevallig die vleesgeworde Woord nie (Joh. 1:14). Ons vind in Op. 1:4 dat die boek geskryf is aan die sewe gemeentes in klein-Asië en melding word gemaak van die sewe Geeste voor die troon van God. Ons lees verder van Jesus Christus wat staan agter die sewe goue kandelare (Op. 1:12,13). Daar word later sewe seëls oopgemaak, sewe basuine geblaas en sewe engele giet sewe skale of plae op die aardbewoners uit. Sewe is dus ook die volmaakte getal as dit by God se oordele kom. Die sondes van die mensdom moet en gaan dus volledig gestraf word - presies wat die mens verdien, sal hy ontvang. As 'n mens Jesus Christus verwerp, verwerp jy Hom volledig. Daarom sal die straf (ook hier op aarde reeds) volkome wees en in die tyd hierna net so volledig en wel tot in alle ewigheid. God is 'n God van besondere fyn, afgemete orde en niks geskied buite sy Godontwerpte plan nie.

In die natuur sien ons ooglopend sy Goddelikberekende orde en hoe Hy dit elke dag in stand hou. Selfs hier is die getal sewe baie prominent. So bv. broei die eiers van verskillende voëlsoorte uit in veelvoude van sewe: hoenders - 21 dae (drie 7's); kanaries - 14 dae (twee 7's) ens. By diere gebeur dieselfde: huiskatte - 56 dae (agt 7's); leeus - 98 dae (veertien 7's) ens. Die spektrum van wit lig bestaan ook uit sewe kleure (dink aan die reënboog). Dan is daar ook net sewe note in 'n oktaaf (A-G). Die eerste en agste note is in wese dieselfde. Nuwe lewe begin dus aan die einde van 'n siklus van sewe. Ten spyte van dit alles is daar egter bitter min mense wat God op sy Woord wil neem en hulle tot Hom wil bekeer. Dit het Hy egter vooruit gesien en is ook reeds ingeskakel by sy volmaakte plan.

 

 

SEWE DAE - SEWEDUISEND JAAR

 

"Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag."

(2 Pet. 3:8).

Ongelukkig ontgaan hierdie een ding besonder baie van die geliefdes. As mense meegedeel word dat die wederkoms van die Here naby is, dan word hierdie vers baie gou na vore gehaal en as 'n ‘finale teenvoeter’ aangebied. Dit word dan voorgehou as om te se dat ons nooit ooit sal kan weet wanneer die wederkoms naby is nie, 'want die Bybel se tyd het vir God feitlik geen waarde van enige aard nie.'

Hulle vergeet dat Hy juis die Skepper van tyd is. In Dan. 11:35 lees ons spesifiek dat die einde sal kom "op die vasgestelde tyd". Alles is vooraf bepaal en God gaan dit nie verskuif nie.

Die hele 2 Pet. 3 gaan juis oor die wederkoms van die Here, soos die opskrif ook tereg aandui. In verse 1 en 2 maan Petrus die geliefdes dat hierdie reeds die "tweede brief' is wat hy aan hulle skrywe om 'n "suiwere gesindheid" by hulle op te wek dat hulle "die woorde kan onthou wat deur die heilige profete tevore gespreek is," Daar is maar min vandag wat nog die woorde van die heilige profete met erns bejeën. Baie sê mos 'die Ou Testament geld nie vir vandag nie.' Binnekort sal egter gevoel word hoe besonder baie die Ou Testament vandag nog geld.

Die Ou Testamentiese profete het op talle plekke geskryf en geprofeteer oor die wederkoms van Christus en die tyd daarna.

Petrus herinner hier die geliefdes aan daardie gedeeltes. In verse 3 en 4 waarsku hy oor die spotters wat daar "aan die einde van die dae" sal kom en wat sal vra "Waar is die belofte van sy wederkoms?" Daar is baie wat vandag reken dat alles maar nog dieselfde is as "van die begin van die skepping af." Mense gebruik juis hierdie argument om te verduidelik dat ons nie sal weet wanneer die wederkoms op hande is nie - 'omdat alles maar nog altyd dieselfde was.' Dit terwyl die Woord juis uitwys dat hierdie siening vals en die vrug van misleiding is. In vers 8 lees ons dan dat 'n dag soos 'n duisend jaar is en net daarna, in vers 9, volg hierdie duidelike woorde: "Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie," Ons moet die hele gedeelte in sy konteks lees en die betekenis sal duidelik na vore kom. Die feit dat God 'n dag en 'n duisend jaar gelykstel, is dus nie 'n bewys dat die wederkoms eers eendag in die verskiet sal plaasvind (sonder dat iemand iets daarvan weet nie), maar dit is inteendeel ‘n spesifieke aanduiding dat die geliefdes nie in die duister oor hierdie dag sal wees nie. Dit korrespondeer ook volmaak met 1 Thess. 5:6. Daarom sê Petrus met groot dringendheid: "laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie," Hy wil eintlik vir hulle sê dat hulle moet pasop dat hulle nie dink die wederkoms gaan eers oor miljoene jare plaasvind nie.

Die Satan wil dit egter hê, want dan sal baie hulle nie tot God bekeer nie. Die mens stel mos altyd alles uit. Verder moet die wat reeds weergebore is, seker maak dat hulle gereed is om hulle God te ontmoet. Hulle moet in heiligheild voor God wandel en onberispelik wees, soos wat vers 14 van hierdie selfde hoofstuk benadruk.

Hierdie vers is dus 'n profetiese aanduiding ('n kode) waardeur baie ander gedeeltes in die Skrif ontsluit kan word. Die Here wil ons leer dat 'n dag vir Hom soos 'n duisend jaar is. Hy het die aarde in sewe dae geskape (wat ook 'n rusdag ingesluit het) en daarom kan dit vir Hom ook soos seweduisend jaar wees. Hoekom sou dit dan so wees? Wat wil God vir ons hierdeur leer? In ses dae + een dag het God alles op aarde voltooi wat Hy wou skep. Net so sal die ganse geskiedenis van die mens in ses dae + een dag tot 'n einde kom. God het ses dae gewerk, net so sal die mens sesduisend jaar werk - natuurlik a.g.v die vloek van die sondeval. God het een dag gerus en net so sal die mens een duisend jaar rus.

Sewe dae is dus ook gelyk aan seweduisend jaar - in die oë van God. Is daar nog plekke in die Skrif wat dit bevestig? Verseker. In Heb. 4:4 lees ons: "Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;" 'n Paar verse verder, in verse 9 en 10, lees ons: "Daar bly dus 'n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne."

Die boek Hebreërs is ook spesifiek en in die eerste plek aan die Jode (die Hebreërs) gerig. Hulle is die letterlike volk van God wat natuurlik geensins beteken dat hulle volmaak is of almal hemel toe gaan nie. Dit is bloot die geval omdat Christus uit hulle gebore sou word. Hulle moet tot bekering kom net soos enige iemand anders. God het hulle ook hoegenaamd nie verwerp nie en die Kerk het hulle beslis nie vervang nie. Hierdie aangehaalde woorde dui dan in een opsig op die volk Israel, maar ook op die Kerk van Christus (wat geestelik gesproke die volk van God is). Ons weet dat die gedeelte duidelik nie praat van een letterlike dag van 24 uur nie. Hier word gepraat van die sewende dag, die sabbatsrus - die duisend jaar van vrede waarvan ons in Op. 20 en ook op baie ander plekke in die Woord lees. Die weergebore Jode (Sag. 13:1,8,9) sal die duisend jaar (die sewende dag) binnegaan en vanuit Israel saam met Christus regeer (Sag 8:22,23). Net so sal die ander weergeborenes uit al die ander nasies ook in die tyd as konings regeer en wel met verheerlikte liggame. Hierna sal die agste dag - "die dag van die ewigheid" aanbreek (2 Pet. 3:18).

Daar is egter nog bevestiging uit die Skrif dat 'n dag vir God is soos 'n duisend jaar. In Psalm 90:4 lees ons die volgende: "Want duisend jaar is in U oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soas 'n nagwaak." Die feit dat daar in dieselfde asem van 'n nagwaak gepraat word en dat 'n duisend jaar ook daarop dui, is werkilk baie insiggewend. 'n Nagwaak is 'n tyd van wagstaan en dit dui dus op iemand wat waghou in die nag. Hy slaap dus nie en hou voortdurend die situasie baie fyn dop. In Matt. 24:43,44 lees ons in hierdie verband: "as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie." Is dit dan nie juis ons Here wat soos 'n dief in die nag gaan kom nie? Ons lees ook in Luk. 21:36 hieroor, waar die Woord sê: "Waak en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan" Die Engelse Bybel (KJV) praat in dieselfde gedeelte van "Watch and pray" Dit beteken om te kyk na die tekens van sy koms en om volhardend te bid dat jy gereed sal wees en dat ander ook gereed sal wees. Psalm 90 is 'n sleutelpsalm as dit by die eindgebeure kom. In vers 12 lees ons woorde wat definitief aansluit by dit wat reeds genoem is: "leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom." Sal ons dit ernstig opneem en besef dat sewe dae wel dui op seweduisend jaar? Sal ons 'n wyse hart kan bekom?

In die volgende vers (13) lees ons verder en sê-vra die Psalmskrywer: "Keer terug, HERE! Tot hoe lank?" -die wederkoms van die Here en hoe lank moet ons nog wag vir daardie lieflike dag! Dat die Psalms nou so baie sou sê oor die laaste tye! Ons moet darem onthou dat dit Jesus Christus self was wat gesê het "dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word."(Luk. 24:44). Sal ons dan bereken waar ons vandag staan m.b.t. hierdie tydskedule? Sal ons ons dae tel?

DIE DAG VAN ADAM

Ons weet dat Adam 930 jaar oud geword het (Gen. 5:5). Is dit dan nie besonder betekenisvol dat God vir Adam ernstig gewaarsku het om nie van die boom van die kennis van goed en kwaad te eet nie, "want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe" (Gen. 2:17). Adam het toe wel van die vrugte geëet, maar beslis nie daardie selfde dag letterlik gesterwe nie. Hy het egter wel geestelik gesterwe. Ons weet nou reeds dat een dag vir God soos duisend jaar is en daarom kan ons sien dat Adam voor die einde van daardie dag (duisend jaar) op die ouderdom van 930 jaar gesterf het. God se Woord het weereens waar geword. Dit is interessant dat Adam die duisendjaar merk met juis sewentig jaar gemis het. Is dit nie dalk hoekom ons in Psalm 90:10 lees dat die "dae van ons jare ... sewentig jaar" sal wees nie. Dit is seker 'n redelike gemiddelde. Die jare wat Adam nie geleef het nie, maak ons nou vol tot op 'n dag - 'n duisend jaar.

 

 

SES DAE - SESDUISEND JAAR

Volgens Bybelse chronologie het daar vanaf Adam tot vandag sesduisend jaar verloop. Dit kan soos volg uiteengesit word: Adam tot Abraham - 2000 jaar; Abraham tot Christus - 2000 jaar; Christus tot vandag - byna 2000 jaar. Dus is daar reeds 6000 jaar van menslike geskiedenis verstreke.

Hoe weet ons dit? Die ouderdomme van al die geslagte word in die Bybel aangegee en verskeie mense het dit reeds bereken as sesduisend jaar, soos bv. 'n Anglikaanse Biskop, met die naam James Ussher. Hy het dit reeds in die 17 de eeu gedoen. Dit kan natuurlik nie presies dag en datum bereken word nie, maar God het ook juis gesê dat ons die presiese dag en uur van sy wederkoms nie sal kan weet nie.

Dit is verder baie interessant om daarap te let dat talle van die ou kerkvaders van die eerste paar eeue n.C., presies dieselfde siening gehad het.

In die Schaff-Herzog Ensiklopedie (Deel III, pp.1514,1515) lees ons dat Justinus die martelaar, Irenaeus, Eusebius, Papias, Ignatius, Polycarpus (wat 'n wrede dood gestert het), Tatianus, Theophilus van Antiochië, Lactantius, Victorinus e.a. vas geglo het dat daar sesduisend jaar van menslike regering sou wees wat dan opgevolg sou word deur die duisendjaar van vrede onder Christus as Koning.

Die ensiklopedie verduidelik: "Die algemene beskouing van die vaders was dat die Here sou verskyn aan die end van die sesde millennium. Die ou beskouing was, dat hierdie koninkryk, wat ooreenstem met die sabbat van die skepping, 'n duisend jaar sou duur." Hier verwysende na die vrederyk van Op. 20. So lees ons o.a. ook wat Irenaeus spesifiek hieroor gesê het: "For in so many days as this world was made, in so many thousand years shall it be concluded ... and God brought to a conclusion upon the sixth day the works He made ... This is an account of the things formerly created, as also it is a prophecy of what is to come... in six days created things were completed: It Is evident, therefore, that they will come to an end after six thousand years."

(The Writings of Irenaeus, Vol.1, p.577).

Ook Barnabas het in sy brief soos volg geskryf: "... in six thousand years the Lord God will bring all things to an end. ... in six days, that is, in six thousand years, shall all things be accomplished."

(Hidden Prophecies in the Song of Moses, J.R. Curch, p. 7-9).

Ons leef vandag aan die einde van daardie 6 000 jaar !

 

In die Woord van God vind ons op verskillende plekke profetiese heenwysings na die tyd van die einde. Die hele kwessie van die ses dae wat dan vir God soos sesduisend jaar kan wees, word dan ook op meer as een plek aangeraak. Dit is geensins ooglopend nie en meestal lees 'n mens maar bo-oor hierdle gedeeltes sonder om die dieper profetiese betekenis daarin raak te slen. So lees ons bv. in Mark. 9:1-13 van Jesus se verheerliking op die berg. Die gedeelte begin met die volgende woorde: "EN na ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op 'n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu", wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie." (verse 1-3). Hierdie woorde, "en na ses dae", het geen spesifieke betekenis anders as dat dit na die einde van die menslike regeringstyd op aarde kan dui nie. Baie betekenisvol is dat Jesus drie van sy dissipels saam met Hom neem na 'n hoë berg. Dit wys sekerlik heen na die wederkoms van die Here aan die einde van sesduisend jaar. Jesus het daar in sy verheerlikte staat verander en so het Moses en Elia ook aan hulle verskyn (vers 4). In 1 Kor. 15:53 lees ons juis dat die kinders van God van gedaante sal verander en met onverganklikheid beklee sal word nadat ons opgeneem is om die Here te ontmoet in die lug (ook Fil. 3:21).

Op die berg van verheerliking wou Petrus interessant genoeg dadelik oorgaan en vir elkeen van hulle 'n hut maak (vers 5). As 'n mens nou besef dat die loofhuttefees van die Ou Testament 'n skadubeeld is van die duisendjarige vrederyk wat nog moet kom (Kol. 2:16,17 - lees asb. hierdie verse!), dan kry alles nog meer betekenis.

Hier het Jesus en sy dissipels aan die einde van ses dae opgegaan na die berg en Petrus wou hê dat Jesus se aardse Koninkryk dadelik 'n aanvang moes neem. Petrus het egter nie besef dat die tyd daarvoor nog nie aangebreek het nie. Hy het nie verstaan dat daar eers 'n Kerkdispensasie van tweeduisend jaar sou moes verloop voordat hierdie heerlike tydperk sou aanbreek nie.

In Sag. 14:16 lees ons juis, m.b.t. die duisendjarige ryk, dat die nasies wat na die groot oorlog oorgebly het, jaar na jaar na Jerusalem sal optrek om die huttefees te vier. Hierdie sewende 'dag' volg dus 'na ses dae.' Is die Skrif nie totaal verstommend nie? Of is alles net te veel om te glo?

 

 

HOE OUD IS DIE AARDE?

As 'n mens al hierdie dinge in gedagte hou, dan kom die vraag oor die ouderdom van die aarde beslis ook na vore. As die tydperk van menslike regering op aarde dan net sesduisend jaar lank is, hoe kan dit dan wees dat die aarde miljoene of selfs biljoene jare oud is? Die aarde moet dus eintlik ook net sesduisend jaar oud wees, of hoe? Dit is beslis nie wat ons elke dag in die media hoor nie, maar die bewyse daarvoor is tans oorweldigend en ons sal vervolgens daarna kyk.

Ons hoor gereeld van opgrawings van 'oerdiere' en selfs 'oermense' wat honderde duisende jare gelede 'moes geleef het.' Argeoloë en ander wetenskaplikes gebruik verskillende metodes om die ouderdomme van hierdie fossiele mee te bereken. Een van die bekendste metodes is natuurlik die C-14 (carbon 14 of koolstof 14) toets. Hierdie en die ander datumbepalingsmetodes is egter al by verskillende geleenthede as so onbetroubaar bewys dat die datums wat daardeur bereken word hoegenaamd nie ernstig opgeneem kan word nie. Die media sal egter byna nooit oor hierdie fiaskos berig nie. Die probleem is dat die mens oor die algemeen nie in God wil glo nie. Daarom is hy voortdurend op soek na maniere om die Bybel as feilbaar te bewys en dat die lewende God nie die Skepper van alles en almal is nie. Dit doen die sondige mens omdat hy nie voor 'n regverdige God wil gaan staan en rekenskap gee oor sy lewe wat hy hier op aarde ly nie.

As die mens kan bewys dat daar nie 'n God is nie, dan skeld dit hom ook outomaties vry van alle verantwoordelikheid teenoor so 'n Opperwese of dan God. As daar egter werklik 'n God is wat die mens persoonlik geskape het, dan sou hierdie God wel verseker ook die reg hê om aan die mens voor te skryf hoe hy moet leef hier op die aarde wat Hy gemaak het. Dan sal die mens ook gestraf kon word as hy nie aan hierdie God se wette en voorskrifte gehoorsaam sou wees nie. Dit is natuurlik die laaste ding wat die gevalle onweergebore mens van wil weet. Om hierdie rede is hy nog deur die eeue heen besig om alles wat in die Skrif staan in twyfel te trek en God dan d.m.v. 'wetenskaplike kennis' weg te verklaar. Dit is egter 'n fatale speletjie waarvoor die mens duur sal betaal. Die meeste mense weet van die teorie van evolusie soos wat dit o.a deur Charles Darwin uiteengesit is. Baie Christene sal dadelik sê dat hulle nie daarmee saamstem nie. Hulle glo tog dat God die mens geskape het, maar darem tog ook nie regtig alles wat in die Bybel staan nie. 'Dit kan mos nooit alles so letterlik opgeneem word nie' sê hulle. Nou het hulle 'n nuwe teorie ontwikkel, een wat almal tevrede sal stel reken hulle. Jy neem so 'n bietjie van die Bybelse waarhede en meng dit met 'n goeie dosis 'wetenskaplike kennis' en siedaar 'n splinternuwe teorie is gebore: 'Goddelike evolusie.'

Hulle neem die duiwelsgeïnspireerde evolusieteorie en dan word God net daarby gevoeg. Hulle neem 'n teorie uit die wêreld en las God net by en siedaar nou is dit 'n 'Christelike' teorie. Net so neem mense bv. 'rockmusiek' uit die wêreld en skryf Christelike woorde daarvoor en dan is dit 'Christelike rockmusiek.' Jy neem dus iets wat die Satan jou aanbied en verchristelik dit net - gee dit so 'n christelike kleur of trek dit 'n christelike baadjie aan. Dan stel hy mos beide God en die wêreld tevrede dink die mens. Ongelukkig vir hierdie verdwaalde mens is hy totaal buite God se wil. DIe woord sê: "Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God." (Jak. 4:4). Net so waarsku Rom. 12:2 ons: "word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie,"

Die mens moet te alle tye 'n keuse maak en dit sluit beslis nie kompromieë met die wêreld in nie. Dit bly egter vreemde woorde vir iemand wat God nie ken nie. Die probleem met 'Goddelike evolusie' is dat dit 'n leuen is ult die hart van die vader van die leuens. Hierdie teorie verklaar dat daar wel 'n oerknal (big bang) was, maar raai wat, God het dit begin. Die almagtige God het alles op hierdie manier geskape sê hulle. God het die evolusionêre proses in beweging gesit en ons trek nou al 'n hele ent verder. Die volgende stadium van die mens is blykbaar godheid. Dit skakel 100% in by die nuwe era teorieë.

Elkeen wat in Goddelike evolusie glo, glo ook dat God die aarde in biljoene jare gemaak het. Die Bybelse beskrywlng van die skepping in ses letterlike dae word dus verwerp. Hierdie mense verloor egter uit die oog dat God die ganse skepping deur sy Woord geskape het. As 'n mens eers met hierdie dinge begin speel, dan raak dit baie gevaarlik. Jesus Christus is die Woord en in Joh. 1:4 lees ons: "Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie." God het dus alles deur Jesus Christus (die Woord) geskape. Hy het 'n woord gespreek en iets was daar. As 'n mens dus nou sou sê dat die skeppingsdae volgens die boek Genesis nie elkeen 'n gewone dag was nie, maar dat elke skeppingsdag op 'n paar miljoen jaar dui, dan word die Godheid van Jesus Christus in twyfel getrek. As sy Godheid in twyfel getrek word, dan is sy gegote bloed ook nie meer genoegsaam om ons van ons sondes te verlos nie.

Hierdie hele saak is veel dieper as wat dit op die oog af blyk te wees. Enige evolusieteorie (ook 'Goddelike evolusle') is ‘n direkte aanval op Jesus Christus en die vrymakende evangelie. God se woord skep en herskep onmiddellik en nie oor lang onbepaalde tydperke nie. Die mens word nie geleidelik al hoe beter en beter totdat hy goed genoeg is om die hemel te haal nie. Jy word in een oomblik weergebore deur die Heilige Gees van God en jou naam word daardie oomblik geskryf in die boek van die lewe. Dit is natuurlik as jy onwrikbaar glo dat Jesus Christus vir jou sondes aan die kruis gesterf en daarna weer uit die dood opgestaan het.

Die ander probleem met die verdraaide siening dat elke skeppingsdag miljoene jare lank was, is eintlik so logies en voor die hand liggend dat dit jou stom laat dat geleerde mense dit kan miskyk. As elke dag dan bv. 'n miljoen jaar lank was, hoe op aarde kon die insekte die blomme bestuif het wat reeds op dag drie geskape is? Die gevleuelde diere is dan eers op dag vyf geskape. Hoe kon die plante wat op dag drie geskape is fotosinteer en voortbestaan as die son eers op dag vier gemaak is? Verder is Adam reeds op dag ses geskape en hy het dus deur dag ses en sewe geleef en nog lank daarna ook, en tog het hy maar net 930 jaar oud geword. God se Woord bly totaal wonderbaar en die mens met al sy wêreldse 'wysheid' sal altyd verdwaas bly staan in vergelyking met die wysheid van die ewige Skrif. Wat het dit nou alles te doen met die ouderdom van die aarde? Die opgrawing van mens en dier fossiele wat vandag gevind word, wys blykbaar daarop dat die aarde wel 'miljoene jare' oud is. As die aarde egter in ses letterlike dae van 24 uur elk geskape is (soos die Bybel leer - ons lees elke keer "en dit was aand en dit was môre ... "), dan is die basis van enige evolusieteorie reeds verbrokkel. Die res wat dan nog genoem word, is uiters twyfelagtig om die minste te sê. Tog glo die massas byna alles wat in 'n 'wetenskaplike' baadjie vir hulle aangebied word.

Daar is natuurlik die gapingteorie, oor die moontlike gaping tussen Gen. 1:1 en 2. Dit sou dan wys op die miljoene jare wat verloop het voor die skepping of dan die herskepping. Vandag is daar egter te veel bewyse dat die aarde in werklikheid baie jonk is en die bewyse word net meer en meer. Die hele kwessie oor dinosaurusse ens. wat 'miljoene' jare gelede geleef het, is ook maar net 'n teorie. Op 25 April 1977 is 'n soort dinosaurus ('n plesiosaurus) deur 'n Japanese boot naby die kus van Nieu-Seeland uit die see gehaal. Die dier was nog nie lank dood nie en vyf fotos is van hom geneem. Hierdie dier was veronderstel om reeds sowat 65 miljoen jaar gelede uit te gesterf het. Evolusioniste meen natuurlik dat dit 'n soort haai was wat die vorm van 'n plesiosaurus aangeneem het nadat dit begin ontbind het. Hierdie nuus het aanvanklik net in Japan verskyn en groot opslae daar gemaak, maar in die Weste het dit nooit veel aandag gekry nie (Oceans Magazine, No. 10, 1977). Dan is daar ook nog die bekende selekant vis waarvan daar nou reeds 'n hele paar lewendes net in hierdie eeu gevind is. Dit terwyl hulle 'miljoene jare' gelede reeds 'uitgesterf' het.

Vervolgens nog 'n aantal redes hoekom die aarde hoogstens 10 000 jaar oud kan wees, maar heel waarskynlik niks ouer as 6 000 jaar nie.

1. Komete disintegreer te vinnig.

Elke keer as 'n komeet naby die son verby gaan, verloor dit geweldig baie materiaaL As komete dan so oud soos die solar stelsel is (soos evolusioniste beweer), dan is alles baie jonger as wat algemeen aanvaar word. Baie komete het 'n lewe van niks meer as 10 000 jaar nie.

2. Heeltemal te min modder op die seevloer.

Om te beweer dat die aarde 'n paar biljoen jaar oud kan wees is ‘n skoot in die donker. Elke jaar word 'n sekere hoeveelheid modder op die seevloer neergelaat en dit pas hoegenaamd nie aan by die evolusioniste se teorieë nie.

3. Heeltemal te min natrium in die see.

Riviere en ander bronne voorsien die see jaarliks van natrium en die hoeveelhede wat gemeet word, bewys dat die see glad nie so oud is nie.

4. Aarde se magnetiese veld verloor te vinnig energie.

Hierdie magnetiese veld kan nie ouer as 10 000 jaar wees nie, moontlik jonger.

5. Heeltemal te min skelette van mense uit die steentydperk word vandag opgegrawe.

Evolusioniste meen dat die steentydperk vir ten minste 100 000 jaar geduur het. Dit sou beteken dat ongeveer 4 biljoen mense uit daardie tyd begrawe moes gewees het. Opgrawings vandag toon egter dat daar veel minder mense in daardie tydperk begrawe is en dit wys dat daardie tydperk ook veel korter moes gewees het.

6. Opgetekende geskiedenis is veels te kort.

Geskiedenis is eers vanaf sowat 4 000 - 5 000 jaar gelede opgeteken. Hoekom sou mense uit die steentydperk wat talle en talle rotstekeninge en sketse van die maanfases gemaak het, nie ook in staat gewees het om hulle eie geskiedenis vir later geslagte na te laat nie? Hoekom sou hierdie mense eers vir byna 'n 100 000 jaar geleef het (volgens die evolusioniste) en toe eers begin het om ongeveer 4 000 jaar gelede vir die eerste keer hulle geskiedenis uit te graveer? Dit is nie al nie. Daar is nog bewyse dat die tyd van menslike geskiedenis maar omtrent 6 000 jaar oud is. Onlangs het argeoloë van die universiteit van Chicago ‘n muur ontdek van ‘n stad in die noord-ooste van Sirië. Hulle reken die stad kan tot 6 000 jaar oud wees en is die oudste stadsmuur wat nog ooit ontdek is. Hoekom is daar dan geen ander stede, wat uit ‘n vroeër tydperk dateer, wat opgespoor word nie? Hoekom is dit juis in Sirië waar die muur ontdek is? Tot en met hierdie ontdekking was die oudste stede wat ontdek was ongeveer 4 000 jaar oud. Die 100 000 jaar teorie van die evolusioniste maak dus glad nie sin nie.

Hoekom is hierdie stede ook juis gevind tussen die Tigris en die Eufraat rivier - net soos die Bybel verklaar? (The Citizen, 24 Mei 2000).

7. Heeltemal te min kosmiese stof op die aarde.

Elke jaar daal daar sowat 14 miljoen ton kosmiese stof ult die atmosfeer op die aarde neer. As die aarde dus 4.5 biljoen jaar oud is soos wat die evolusioniste beweer, dan moes die stof nou reeds 54 vt. diep op die aarde gelê het. Waar is dit?

8. Steenkool is nie naastenby so oud nie.

Sommige houtbrûe wat in 1870 gebou is, was reeds byna steenkool in die middel toe dit in 1950 verwyder is. Steenkool neem dus nie miljoene jare om te vorm nie.

9. Niagara waterval se erosie.

Die hange aan die bopunt van hierdie waterval erodeer weg teen 'n tempo van 7 vt. per jaar. Die kloof wat die waterval gevorm het, is nou reeds 7 myl of 36 000 vt. lank. 'n Eenvoudige berekening bewys dat hierdie waterval nie veel ouer as 5000 jaar kan wees nie. Dit pas 100% in by die tyd van Noag se vloed soos wat dit in die Bybel uiteengesit is. Hierdie waterval is dus beslis nie miljoene jare oud nie.

10. Sedimentafsetting in die Grand Canyon wys op jong ouderdom. As die Coloradorivier wel 10 miljoen jaar oud is (soos wat die evolusioniste beweer), dan sou daar genoeg sediment deur die Grand Canyon via die Coloradorivier beweeg het om die hele Kalifornië onder 6 myl van sand en slik te begrawe. Duidelik is dit nie so nie.

11. Die populasie van die aarde verdubbel heeltemal te vinnig.

As 'n mens die huidige populasie van die aarde neem en dit terug bereken deur dit elke 175 jaar (‘n goeie gemiddelde) met die helfte te verminder, dan pas dit weereens in by die tyd net na Noag se vloed. Aan die anderkant, as jy sou glo dat daar al vir 'n paar honderdduisend jaar mense op die aarde woon, dan moes daar nou al reeds 'n paar miljoen mense per vierkante meter op die aardoppervlakte gewees het. Waar is al die mense?

12. C14 (radioaktiewe koolstof) metode van datumbepaling is uiters verdag.

Prof. J. Kies van Bellville skryf in 'n brief in Die Kerkbode van 7 Maart 1997 van 'n paar interessante gevalle wat duidelik bewys dat die radiometriese metodes van datumbepaling hoegenaamd nie ernstig opgeneem kan word nie. Nooit kan hierdie tipe gegewens bo die gesag van die Skrif verhef word nie. In 1980 het die vulkaan Mount St. Helens in die VSA, skouspelagtig uitgebars. Hierdie berg was tot in 1986 vulkanies aktief. Etlike monsters van gestolde lawa is toe in 1996 (let wel net tien jaar daarna!) deur die Geochron laboratorium in Cambridge, Massachusetts ontleed. Hulle wou deur hierdie ontledings die stollingsdatum van die betrokke rots vasstel. Daar is toe ouderdomme geregistreer wat gewissel het tussen 350 000 en 2.8 miljoen jaar. Dit is nou vir rots wat net 10 jaar tevore gestol het. In 'n ander geval is 140 zirkon kristalle van een rotsmonster ontleed. Verstommend genoeg het hulle toe 140 verskillende resultate verkry!

Baie mense in ons dag is verslaaf aan syfers, aan nommers, aan getalle. Hulle hou daarvan om te praat van sake wat in die 'miljoene' en 'biljoene' is. Dit klink so goed, so geweldig, so indrukwekkend. Wetenskaplike kennis word goed aangewend in die wêreld, maar as die mens God se Woord nie wil glo nie, ontwerp hy sy eie versinsels en hy noem dit wetenskap om so God te probeer systap. Dit is ongelukkig altyd fataal. In 1 Kor. 1:20 lees ons helder en duidelik: "Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?"

Paulus skryf ook aan Timotheus in 1 Tim. 6:20,21 die volgende (uit die Engelse Bybel - KJV ): "0 Timothy, keep that which is committed to thy trust, avoiding profane and vain babblings, and oppositions of science falsely so called:

Which some professing have erred concerning the faith."

Bogenoemde is maar net 'n paar bewyse dat die aarde baie jonger is as wat algemeen verkondig word. Daar is nog talle ander bewyse wat ook genoem sou kon word.

Dit wys maar net vir ons dat die Bybelse scenario van sesduisend jaar van menslike geskiedenis op aarde absoluut korrek is, net soos wat die hele Bybel altyd 100% die waarheid is.

 

 

TWEE DAE - TWEE DUISEND JAAR

As ons nou verder gaan kyk na wat die Woord ons leer m.b.t. die hele kwessie van die dae, dan begin alles besonder interessant word. Ons lees op verskeie plekke in die Skrif die term: "die laaste dae". Wat presies sou dit dan beteken? In Heb. 1:1 lees ons: "NADAT God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun." Ons weet die Seun is Jesus Christus, die vleesgeworde Woord (Joh. 1:1,14). God praat nou met ons deur sy Woord. Waarop sou die term die 'laaste dae' dan dui? Hierdie term kom ook op baie ander plekke In die Nuwe Testament voor. Kan dit dalk net wees dat hierdie 'laaste dae' dui op die laaste twee dae voor sy wederkoms? M.a.w. op die bedeling van die Kerk - die laaste tweeduisend jaar? Dit kom duidelik na vore uit die Skrif dat die laaste dae met die kruisiging en opstanding van Christus 'n aanvang geneem het. Vandag leef ons reeds byna tweeduisend jaar na sy hemelvaart en daarom moet dit noodwendig veel meer die laaste dae wees as wat die geval ooit was. Is daar dan nog bewyse in die Bybel dat dit wel so verstaan kan of behoort te word?

In Luk. 13:32 lees ons baie insiggewende woorde van die Here Jesus wat beslis 'n dieper betekenis het as die bloot ooglopende "Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak siekes gesond, vandag en môre, en op die derde dag is Ek klaar." Ons weet dat Christus definitief nie net vir twee letterlike dae van 24 uur elk siekes gesond gemaak en duiwels uitgedryf het nie. Sy aardse bediening was ongeveer drie en 'n half jaar lank. As twee dae dan profeties gesproke op tweeduisend jaar dui, dan oorspan dit net mooi die dispensasie van die Kerk. Daar word al vir die afgelope tweeduisend jaar siekes gesond gemaak wat God daarom bid en duiwels word uitgedryf deurdat mense verlossing ontvang deur die bloed van Jesus Christus. Dit beteken dan verder dat ons tans op die punt staan om die derde dag binne te gaan. In Luk. 24:1,2 lees ons van die opstanding van die Here Jesus:

"EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle... by die graf gekom... en hulle het die steen van die graf afgerol gevind". (Sien ook verse 21,22). Jesus Christus het dus baie vroeg op die derde dag opgestaan. Dit was nou die eerste dag van die week, die opstandingsdag - die Sondag.

Net soos Christus vroeg op die derde dag uit die dood opgestaan het, sal diegene wat Hom gevolg het in lewe, ook op die derde dag opstaan uit die dood. Ons lees in 1 Thess. 4:16-18 dat "die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde." Dit is natuurlik wanneer Hy hulle kom haal wat aan Hom behoort. Ons (sy dissipels) sal Hom volg die hemel in. Dit sal plaasvind vroeg op die derde dag - vroeg in die derde millennium. Daarom moet ons geslag besonder op ons hoede wees, want die derde dag (derde duisend jaar sedert Hy opgevaar het na die hemel) is hier. Is dit dan nie juis ook soveel meer betekenisvol dat al die tekens van die tye ook nou - juis in hierdie dae - so snel in vervulling gaan nie? Niemand kan met sekerheid sê wanneer dit presies sal wees nie. Dit is ook nie ons doel nie.

Die presiese geboortedatum van Jesus Christus is steeds nie absoluut bepaalbaar nie en daarom weet ons nie tot op die dag en jaar wanneer presies tweeduisend jaar verstreke sal wees nie. Dalk is dit al verstreke en het ons reeds die vroeë oggendure van die 'derde dag' betree. Baie geskiedkundiges meen dat Christus in 4 v.C. gebore is (die jaartelling het eers later begin). Dan was 1996 reeds die einde van die 'tweede dag.' Daar is egter verskillende sienings oor presies wanneer Jesus gebore is, maar hoe dit ook al sy, ons lewe vlak voor die wederkoms van die Here en daarom moet ons te alle tye gereed wees. Elkeen wat wil ag gee op sy roepstem moet seker maak dat hy of sy waarlik weergebore is en 'n sodanige (heilige) lewe lei dat jy nie beskaamd van Hom sal weggaan by sy wederkoms nie (1 Joh. 2:28). Tog word ons verseker nie deur werke van enige aard gered nie, maar slegs en alleen deur geloof in Christus Jesus. As hierdie geloof egter nie oorgaan in werke wat God behaag nie, was dit ‘n dooie geloof soos waarvan ons lees in Jak. 2.

In die Woord van God is daar baie keer gedeeltes wat meer as een betekenis het. Hiermee word nie bedoel teenstrydige betekenisse nie. Nee, albei kan reg wees en die een is eintlik aanvullend vir die ander. Een kan geestelik van aard wees en een letterlik en dan is daar ook baie wat profetiese waarhede en verduidelikings bevat. Soms is daar woorde wat nie anders as net profeties benader kan word nie. Andersins het dit geen spesifieke betekenis nie. So lees ons bv. in Joh. 2 van die bruilof in Kana waar Jesus die water in wyn verander het. In vers een begin die gedeelte met: "En op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi" (verse 1 en 2). Hoekom sou die Skrif enigsins daarna verwys dat hierdie gebeurtenis op die derde dag plaasgevind het? In Joh. 1:29 lees ons waar Jesus vir die eerste keer na Johannes die doper gekom het. In Joh. 1:35 lees ons van die "volgende dag" - m.a.w. die dag na Jesus se doop (die tweede dag) en dan in hoofstuk 2:1 van "die derde dag." Dit is geskiedkundig die gebeure van die eerste drie dae van Jesus se bediening wat hier geskets word. Baie interessant is dat die bruilof juis op die derde dag plaasgevind het en dat Jesus se dissipels ook daarheen uitgenooi was - saam met Hom. Ons weet dat die bruilof van die Lam (Christus) in die hemel gaan plaasvind kort na die wederkoms vir sy kinders (sy dissipels). Daarvan lees ons in Op. 19:7,9. As hierdie bruilof dan ook op die derde dag (vroeg in die drieduisendste jaar of derde millennium n.C.) gaan plaasvind, dan is hierdie verse van besondere betekenis.

Ek glo dat elke gedeelte in die Skrif wat oor 'n bruilof of troue handel, vir ons iets leer omtrent die groot hemelse bruilof wat nog gaan plaasvlnd. Net so is alle verwysings na bruide in die Bybel op een of ander manier 'n tipologiese heenwysing na die gemeente van Christus - die bruid.

Hierdie tipologieë oor die eindtye vind ons egter nie net in die Nuwe Testament nie, maar ook reeds vroeg in die Ou Testament. In die boek Exodus is daar 'n werklik verstommende heenwysing na die wederkoms van die Here wat baie beslis sterk aansluit by die voorafgenoemde verduidelikings. In Ex. 19 lees ons waar God Moses opgeroep het op die berg Sinai. Daar het God sekere bevele aan Moses gegee wat hy weer aan die volk Israel moes deurgee. Moses moes o.a. die volgende aan die volk meedeel: "Verder het die HERE aan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal" (verse 10,11). - 'n Verwysing na die gemeente van Christus wat hulle klere vir twee dae (tweeduisend jaar) moet skoon hou as die rein vlekkelose bruid van Christus - met die oog op die huwelik met die hemelse bruidegom (2 Kor. 11:2). In vers 15, 16 en 17 lees ons nog meer: "En hy het aan die volk gese: Hou julle gereed teen die derde dag; moenie naby die vrou kom nie. En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en 'n swaar wolk op die berg en die geluid van 'n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het. Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet," Is jy gereed teen die derde dag? Die vrou is duidelik 'n verwysing na afgode - enige iets wat tussen God en 'n mens kan staan. Is daar afgode in jou lewe? Is jou klere al gewas in die bloed van die Lam (Op. 1:5). Die "geluid van 'n baie sterk basuin" dui onweerlegbaar op die wederkoms van Christus vir hulle wat Hy met sy bloed gekoop het (1 Thess. 4:16,17; 1 Kor. 15:51,52; Op. 4:1).

Kort hierna in Ex. 20 het God natuurlik die wet aan die volk gegee en ons weet dat Jesus Christus self die vervulling van die wet is en ook die einde van die wet. Dus 'n heenwysing na Hom - net soos alles in die ganse Skrif heen wys na Christus, wat ook self die Woord is.

In die boek Hosea lees ons ook oor hierdie interessante verskynsel dat een dag vir God soos duisend jaar is en andersom. In Hos. 5:14,15 lees ons: "Want Ek is soos ‘n leeu vir Efraim, en soos ‘n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red. Dan gaan Ek heen, Ek keer na my woonplek terug, totdat hulle skuld beken en my aangesig soek. In hulle nood sal hulle My soek." Dan vind ons in Hos. 6:1,2 die volgende belofte aan die volk Israel (letterlik-profeties) en ook heenwysend na die ware Kerk: "Kom en laat ons terugkeer tot die HERE ... Hy sal ons na twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe." Watter betekenisvolle woorde is hierdie nie. Die Joodse volk (aan wie hierdie gedeelte letterlik en in die eerste plek gerig is) is in 70 n.C. oor die hele wêreld verstrooi nadat Jerusalem en die tempel vernietig is. Na byna tweeduisend jaar (twee dae) het hulle in 1948 hulle land terug gekry en tans stroom hulle van oral daarheen terug. Hulle was vir twee dae 'dood' en word nou staatkundig herstel. Die geestelike herstel van die volk Israel kom egter eers later - aan die einde van die groot verdrukking wanneer die oorblyfsel van die Joodse volk die Naam van die Here sal aanroep in hulle benoudheid en God hulle sondes sal vergewe (Sag. 12,13). Hierdie gedeelte dui egter ook op die Kerk wat na twee dae of tweeduisend jaar sal opstaan (baie van hulle is tans in grafte) en dan voor God sal lewe op die derde dag - in die duisendjarige vrederyk.

Die bekende Prof. Murray Janson skryf verrassend die volgende oor hierdie selfde saak: "Jesus Christus is wel al tweeduisend jaar lank weg, en tog is dit vir God maar soos twee dae. Hy kan weer op die derde dag kom - soos sy opstanding !"

(Bybelkunde St. 10, Interkerklike Uitgewerstrust, Pretoria).

 

 

'N PROFETIESE HEENWYSING NA DIE TYD RONDOM 2000 n.C.?

Die Woord van God is vol verrassings vir elkeen wat hierdie merkwaardige en unieke Boek wil ondersoek onder die leiding van die Heilige Gees. In 1 Joh. 2:20 lees ons m.b.t alle weergebore en Geesvervulde kinders van God dat "Julle het die salwing van die Heilige Gees en weet alles."

Hierdie is m.a.w. alles wat ons op hierdie aarde moet weet oor hoe om die saligheid te bekom en hoe om die Woord te verstaan. Dit wat ons nou net ten dele verstaan (1 Kor. 13:9,12), is die fyn detail van ons dag tot dag bestaan - hoekom sekere dinge oor ons pad kom ens.

Ons lewe is soos 'n reuse tapisserie, van die agterkant beskou. Verder het ons ook natuurlik 'n baie beperkte begrip van die omvang van God en die hemel waar Hy woon asook oor die tyd hierna. God het egter nêrens gesê dat ons nie sy Woord - sy brief aan ons - sal kan verstaan nie. Hy het inteendeel juis op talle plekke gesê dat ons dit kan en moet verstaan. So bv. het Jesus dit duidelik gestel dat ons nie van brood alleen sal lewe nie, "maar van elke woord van God." (Luk. 4:4). Hierdie was, baie insiggewend, juis sy woorde aan die Satan toe hy die Here in die woestyn versoek het. Ons kan die Woord verstaan, maar natuurlik net en alleen m.b.v. die Heilige Gees wat Christus as Trooster vir ons agtergelaat het nadat Hy die Aarde verlaat het. In Joh. 14:26 vind ons Jesus se duidelike verklaring hieroor: "maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hv sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het."

 

Om terug te keer na 1 Joh. 2, lees ons in verse 21 en 27 meer oor die salwing van die Heilige Gees: "Ek het nie aan julle geskrywe orndat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en orndat geen leuen uit die waarheid is ... En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; rnaar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie;" Dit is baie interessant dat die res van hierdie gedeelte in 1 Joh. 2 juis gaan oor die Antichris, oor misleiding en ook oor die wederkoms. In baie kerke is daar steeds 'n soort ongeskrewe reël dat net die kerk alleen of die predikant of biskop of priester die Woord mag uitlê. Die gewone lidmaat kan nie die Woord sonder hierdie mense verstaan nie. Hulle neem dus nou die rol van die Heilige Gees (God) oor. Dit is in direkte kontras met die Woord self. Die Roomse Kerk het vir baie jare hulle lidmate verbied om die Bybel te lees en vandag, hoewel nie meer amptelik nie, gebeur dieselfde steeds daar asook in baie 'protestantse' kerkgroepe.

Lidmate ‘verbied’ eintlik hulleself om die Bybel te lees en te ondersoek, want hulle kan dit blykbaar ‘nie verstaan nie.’

Dieselfde mense sal egter ingewikkelde wetenskaplike en ander boeke met groot erns bestudeer. Die set van die Satan agter dit alles is maar net te duidelik en ooglopend in sy misleiding van die mensdom.

Kyk na die volgende. Op 14 Julie 1889 (presies 'n eeu nadat die Franse Rewolusie begin het), het die bekende 33ste graad Vrymesselaar, Albert Pike, openlik verklaar wie God vir hom is. Hy het die volgende kwytgeraak in sy 'Instructions to the twenty-three Supreme Councils of the world:

"Yes, Lucifer is God, and unfortunately Adonay is also God. Thus the doctrine of Satanism is a heresy; and the true and pure philosophic religion is the belief in Lucifer..."

(La Femme et L'Enfant dans la Franc-Maconnerie Universelle, A.C. De La Rive, p.588). Dan skryf hy ook hierdie woorde in sy boek Morals and Dogma, wat al die 'Bybel' van Vrymesselary genoem is, en is dit enigsins 'n wonder:

"There is no book of which so little is known as the Bible. To most who read it, it is as incomprehensible as the Sohar." (p.105).

Jesus Christus is die Lig van die wêreld en die Satan is die vader van die duisternis. In 1 Joh. 1:5 lees ons: "God is lig, en geen duisternis is in Hom nie." Elkeen wat Hom ken en in sy Woord na die waarheid soek, sal dit vind. Die vraag is egter of jy die waarheid sal wil aanvaar as jy dit gevind het.

Baie min wil God se Woord egter neem soos dit daar staan, om nie eers te praat van 'n ware geloof daarin nie. Geloof kom dan ook net in gehoorsaamheid aan die Woord van God (Rom. 10:17). Baie dwaal egter vandag en wel net oor een saak en dit is omdat hulle die Skrifte nie ken nie. Jesus moes dit selfs vir die Sadduseërs sê in Matt. 22:29. Hy het verder in dieselfde vers vir hulle gesê dat hulle dwaal omdat hulle ook nie die krag van God ken nie. Sou Hy dit gesê het as ons dan nie sy krag kan ken nie?

In 1 Pet. 1:9 lees ons van die saligheld as die einddoel van ons siele en dan hierdie lieflike gedeelte: "Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was gewvs het toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons die dinge bedien het wat julle nou aangekondig is .... in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is - dinge waarin die engele begerig is om in te sien." (1 Pet. 1:10-12).

Hierdie profete van ouds was mense net soos ons - van vlees en bloed en met 'n verstand. Hulle het ondersoek en nagevors en nagespeur m.b.t. die eerste koms van Christus na hierdie aarde. Vandag kan ons met groot vrymoedigheid navors oor die tweede koms van Christus - die wederkoms. Die Woord van God is reeds vasgestel (dit is die Alfa en die Omega) en geen nuwe buite-Bybelse openbaringe kan by die Skrif gevoeg word nie, maar nuwe ontdekkings en nuwe insigte vanuit die reeds bestaande Skrif maak alles vir ons soveel duideliker in hierdie dae. In die boek Daniël, hfst. 12:4 en 9, lees ons juis dat sekere woorde en profesieë verseël sal bly tot die tyd van die einde toe en dat die kennis daaromtrent sal vermeerder. Dit gebeur vandag teen 'n ongekende tempo.

‘n Tyd terug het iemand my aandag gevestig op 'n verrassende gedeelte in die Ou Testament wat baie duidelik 'n profetiese strekking het en 'n heenwysing is na ons huidige geslag. Om die waarheid te sê die profetiese belangrikheid van die tydperk rondom die jaar 2000 word hierdeur nog helderder geïllustreer as ooit tevore.

Ons lees hiervan in die boek Josua. Hierdie man wat die volk Israel uiteindelik die beloofde land binnegelei het, is 'n baie duidelike tipe van die Here Jesus Christus. Net soos wat Josua die Israeliete Kaänan ingelei het, lei Jesus Christus mense wat eers in Egipte (die wêreld) of in die woestyn ('n onvervulde droë lewe) was, die Geesvervulde lewe asook die ewige heerlikheid van die hemel binne. Die naam Josua in Hebreeus is verder ook feitlik dieselfde naam as die van Jesus wat sou kom. Dit is maar net waar die ooreenkomste begin, maar hierdie is 'n Bybelstudie op sy eie. In Jos. 3 lees ons van die deurtog deur die Jordaan. Dit is natuurlik 'n lieflike heenwysing na die sterwe van die self van die vroeër vleeslike Christen. Die Jordaanrivier loop mos af tot in die Dooie See. Aan die anderkant van hierdie rivier is daar ‘n nuwe lewe van oorvloed, ongekend vir diegene wat dit nog nooit gesmaak het nie.

In Jos. 3:3 het Josua 'n bevel aan die volk begin gee oor presies hoe deur die Jordaan getrek sou word. Hulle moes dan nougeset handel volgens hierdie prosedure. Ons lees daar: "Net soos julle die verbondsark van die Here julle God sien en die Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aantrek." In Deut. 10:1-5 lees ons meer i.v.m. die verbondsark en hoedat Moses die twee kliptafels met die wet daarop in die ark geplaas het Die ark van die verbond met die wet daarin is 'n heenwysing na Jesus Christus. Ons vind die bewys in die Nuwe Testament, In Rom. I0:4, waar ons lees: "Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo." Soos al voorheen gesê is, die ganse Nuwe Testament is verskans in die Ou Testament en hier kom dit baie duidelik na vore. Die gedeelte in Jos. 3 gaan dan verder en in verse 4 en 5 lees ons die volgende woorde van Josua aan die volk Israel: "Maar laat daar ‘n afstand van omtrent tweeduisend el tussen julle en hom wees; kom nie naby hom nie; sodat julle die pad kan weet waar julle langs moet trek; want gister en eergister het julle nie met die pad getrek nie. Verder het Josua aan die volk gesê: Heilig julle; want môre sal die HERE wonders onder julle doen."

Soos al genoem is, praat die Skrif op verskillende plekke van twee dae waarin 'n sekere saak afgehandel moet word en dan sal 'n nuwe tyd op die derde dag aanbreek. Dit kan baie moontlik dui op die periode van tweeduisend jaar tussen Christus se eerste koms en sy wederkoms. Telkens word na twee dae verwys, met die derde dag wat dan totaal anders daaruit sal sien.

Hierdie lyk na baie sterk heenwysings na ons huidige geslag. Dit is nog soveel te meer so as ons net dink aan die ontsaglike veranderinge wat die wêreld juis hier rondom die jaar 2000 n.C. ondergaan en beleef. Die gedeelte in Jos. 3 is maar net nog ‘n geval wat vir ons hierdie verbasende patroon in die Skrif aandui, maar dit bied ook 'n verdere en duideliker beeld van wat te wagte kan wees. Daarin word meer detail oor hierdie saak ontsluit. Soos gesê is, die verbondsark met die twee kliptafels (die wet) daarin dui op Jesus Christus. Hy het reeds sowat tweeduisend jaar gelede opgevaar na die hemel. Die volk Israel moes spesifiek tweeduisend el agter die ark bly en hom dan so volg. Daar moes 'n opening van tweeduisend el tussen die volk en die ark gehandhaaf word. Kan dit moontlik dui op die afgelope tweeduisend jaar, die bedeling van die Kerk? Gaan die ware Kerk (weergeborenes) nou binnekort die Here volg die heerlikheid van die hemel binne? Baie interessant is die woord "omtrent" in hierdie gedeelte. Dit spreek ook boekdele. Die Woord leer ons mos duidelik dat ons die dag en uur van sy koms nie sal kan weet nie, maar wel die seisoen. Ons kan dus wel min of meer, of omtrent die tyd vasstel van die wederkoms. Die tydperk rondom die jaar tweeduisend is dus van kardinale belang vir die Kerk. Dit is hoegenaamd nie te vergelyk met die jaar eenduisend n.C. nie. Op daardie stadium het baie Christene ook die wederkoms verwag, maar daar is geen profetiese heenwysings in die Skrif dat dit 'n besondere tyd sou wees nie.

Die verwysing daarna dat die volk "gister en eergister" nie met hierdie pad getrek het nie, versterk hierdie hele gedagte net verder. Die volk sou hier deur die Jordaanrivier trek en 'n totaal nuwe bedeling sou vir hulle aanbreek. Vir tweeduisend jaar het die kinders van God (die ware Christene) hier op aarde rondgetrek, maar nou verander alles. Die woorde: "Heilig julle; want môre sal die HERE wonders onder julle doen" kan sprekende wees van die derde dag wat vir die gemeente van Christus sal aanbreek - oppad om die hemel binne te gaan. Dit sal verseker 'n grootse en 'n wonderlike gebeurtenis wees ongekend aan enigiets wat ons ooit hier op aarde beleef het. Baie sal weer vra, maar mag en kan ons enigsins sulke afleidings uit die Woord maak en dan asof dit heenwysend sou wees na ons geslag wat tans op aarde leef. In 1 Kor. 10:11 lees ons merkwaadige woorde: "Maar al hierdie dinge het hulle [Israel] oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het." Nie net die ‘einde van die eeue’ nie, maar ook die ‘einde van die dae’ het op ons geslag geval. Ons kan met 'n geruste hart weet dat daar geen toevallighede of onbelangrike gedeeltes in die Bybel is nie. Alles, ja, alles wat in hierdie wonderbare Boek geskryf is, is deur God self geïnspireer en is nuttig tot ons lering.

DIE 'NEW AGE' EN TWEEDUISEND JAAR

Dit is baie interessant om daarop te let dat die aanhangers van die nuwe era beweging ook besondere waarde heg aan tydperke van tweeduisend jaar. Hulle is mense wat oor die algemeen baie ingestel is op die sterretekens van die zodiak.

Hulle glo dat behalwe vir die jaarlikse beweging van die son deur die twaalf sterrebeelde, daar ook 'n verdere baan is waardeur die son oor tydperke van tweeduisend jaar elk deur die sterrebeelde beweeg. Die tydperk tussen 2000 en 4000 jaar v.C. was die era van die Bul (Taurus). Die tydperk daarna, vanaf 2000 v.C. tot met die tyd van Christus, was die era van die Ram (Aries). In die tydperk was die skaapram (as 'n offer) en ook die sondebok op die voorgrond in die lewens van die Israeliete. In hierdie bedeling is Israel sterk vermaan toe hulle 'n goue kalf aanbid het wat uit die vorige uitgediende era gedateer het. Die volgende era was die een van die Vis (Pisces). Dit het met die koms van Christus aangebreek en duur nog tot vandag toe. In hierdie tyd is die Christelike Kerk in 'n mate met die vis geassosieer. In die Bybel is daar die gelykenisse oor die visse en van die dissipels was self ook vissers wat later vissers van mense geword het. Net so behoort elke kind van God in die bedeling van die Kerk 'n visser van mense te wees.

Volgens die 'New Agers' het die wêreld reeds, in die jaar 2000, oorbeweeg in die era van die Waterdraer (Aquarius). Hulle verwag dan ook 'n Messias of Christusfiguur in hierdie nuwe era. Die nuwe era beweging heg baie waarde aan die simbool van die reënboog. Die verband is te vind in die feit dat dit die era van die Waterdraer is wat binnekort gaan aanbreek. Daarom vind 'n mens vandag so baie reënboogsimbole oral waar jy kom. Dit is 'n aankondiging van die nuwe era wat hier is. God het geweet dat al hierdie dinge gaan gebeur en het daarom reeds lank voor die tyd 'n aanduiding hiervan laat deurskemer in die Woord. In Luk. 22 lees ons van die laaste paasfees of dan die instelling van die nagmaal. As 'n mens nou die nuwe era van die Waterdraer in gedagte hou, dan is die volgende werklik baie insiggewend. Jesus het vir Petrus en Johannes gestuur om die pasga te gaan berei. Toe hulle Hom vra waar Hy wil hê dat hulle dit moet berei, het Jesus soos volg geantwoord: "Kyk, as julle in die stad ingaan, sal 'n man julle ontmoet wat 'n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan. ... hy sal julle 'n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei" (Luk. 22:10,12).

As 'n mens nou alles in gedagte hou wat ons reeds behandel het, dan is dit duidelik dat die wederkoms van Christus en die oorgang na die volgende millennium (die vrederyk onder Christus volgens die Bybel of dan die nuwe era van die Waterdraer volgens die 'New Agers') beslis veel met mekaar te doen het. Die een is ‘n Bybelse waarheid en die ander ‘n leuen van die Satan. Die laaste avondmaal voor Christus se kruisiging is verseker 'n heenwysing na die bruilofsmaal van die Lam (Op. 19:9) wat kort na die wederkoms in die hemel sal plaasvind. Anders gestel is die bruilofsmaal van die Lam 'n terugskouing na die Iaaste pasga en die kruisiging. Daarom word dit spesifiek die bruilofsmaal van die Lam genoem. Dit volg dus op die wederkoms van Christus. In die aangehaalde gedeelte is die verwysing na 'n man wat 'n kruik water dra nie toevallig nie. God wil vir ons nog 'n teken gee oor wanneer die wederkoms te wagte kan wees - wel by die oorgang na die volgende era volgens die sterrebeelde. Hier praat ons nie nou van astrologie nie. Onthou God het self die sterre geskape en Hy is die Een wat hulle hulle name gegee het (Ps. 147:4).

Die verwysing na die Waterdraer is eintlik 'n heenwysing na Jesus Christus self. Hy is die Een wat gesê het: "As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!" (Joh. 7:37) en verder "elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie," (Joh. 4:14). Ja, dit is Hy wie se stem klink "soos die stem van baie waters." (Op. 1:15). Dit is Hy van wie Op. 22:17 sê: "laat hom wat wil die water van die lewe neem, verniet." My vriend, het jy al van hierdie water gedrink? Is jy al weergebore? Verstaan jy wat om jou aan die gang is - dat Hy van wie ons so pas gepraat het, oppad terug is na hulle wat Hom verwag?

Die Satan maak natuurlik alles van God na en daarom is dit wat die wêreld aanbied - nl. die nuwe era van die Waterdraer, nie van God nie. 'n Valse waterdraer is op pad en elkeen wat van sy water drink, se dors sal nooit geles word nie. Inteendeel 'n ewige geweldige dors sal hulle deel word (Luk. 16:24).

Ons moet Christus volg na die huis waar Hy ingaan. Dit is Hy wat die groot bovertrek vir ons, sy kinders, gereed maak (die hemel - Joh. 14:1-3). Dit is daar waar ons die bruilofsmaal van die Lam saam met Hom sal geniet.

Al hierdie inligting sê nou nie vir ons dat die wederkoms van die Here in die jaar 2000 of 2001 ens. sal plaasvind nie. Nee, dit is slegs 'n aanduiding van die seisoen van sy koms. Dat ons daardie seisoen reeds betree het, is seker nie meer te onduidelik nie. Die dag van die wederkoms kan egter enige oomblik ‘n werklikheid word. Niemand sal kan sê nie. Die vraag is of ons gereed is om ons God te ontmoet?

 

PROFESIE VAN DIE 153 VISSE !

 

 

In Job. 33:14 lees ons hierdie woorde: "WANT God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie." Die Bybel is ‘n totaal verstommende boek. Dit is die Woord van die almagtige God en die diepte daarvan sal ons sekerlik nie in hierdie bedeling kan uitput nie en ook nie in die een hierna nie, want die Woord is van ewigheid tot ewigheid. Die ganse Bybel met al sy dele is dan ook vir ons van belang en geen deeltjie daarvan kan enigsins gering geskat word nie. In 2 Tim. 3:16 kry ons die bekende gedeelte in hierdie verband as ons die volgende daar lees: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering ... " Elke woord is deur God geïnspireer en elke woord is ook daar om ons te leer.

Daar is baie besonderse en ook geliefde gedeeltes in die Skrif wat maklik verstaanbaar en op die man af is. Dan is daar egter ook dele wat moeiliker is om te verstaan en andere selfs wat net eenvoudig blyk asof dit geen spesifieke waarde insigself het nie. Dit lyk asof sommige verse of sinsnedes maar net daar is vir historiese akkuraatheid en so meer. Dat laasgenoemde wel ook so is, kan nie betwyfel word nie, maar verseker is dit nie al rede hoekom sekere gedeeltes in die Bybel geplaas is nie. Soos al voorheen genoem is, het die Woord van God ten minste drie vlakke van verklaring. Daar is altyd ‘n geestelike boodskap (met verlossing as oogmerk), dan ‘n letterlike boodskap (wat nie deur ‘n vergeesteliking vervang mag word nie) en laastens ook ‘n profetiese boodskap (wat aanvanklik verborge mag voorkom).

Baie profetiese gedeeltes het natuurlik ook bloot ‘n eenvoudige en letterlike verklaring (m.a.w. net soos dit daar geskrywe staan), maar aan die anderkant is daar ook profetiese gedeeltes wat in ‘n groter patroon ingeweef is en m.b.v. tipe beelde en simboliek aan ons verklaar word. Nou meer oor die 153 visse. Ons lees daarvan in die Nuwe Testament, in Joh. 21 - die laaste en baie insiggewende hoofstuk van die evangelie volgens Johannes. Die Here Jesus Christus het op hierdie stadium reeds twee keer aan sy dissipels verskyn na sy opstanding uit die dode en weer ‘n keer sou Hy dit ook doen. In Joh. 21:1 sien ons dat Petrus en ‘n klompie ander dissipels gaan visvang het by die see van Tiberias, soos dit hier genoem word. Dit is die Romeinse naam vir die See van Galilea. Alreeds hier sien ons dat daar ‘n konnotasie met die heidense nasies is. Die Romeinse Ryk het natuurlik ook op hierdie stadium oor Israel regeer. Die gedeelte wat hierna volg, oor die groot visvangs, is sonder twyfel ‘n heenwysing na die laaste oomblikke voor die wederkoms van Christus en die tyd daarna.

Die herleefde Romeinse Ryk sal ook juis in beheer van die wêreld wees in die tyd rondom die wederkoms. Hierdie geprofeteerde tyd is dan ook reeds byna met ons. Die dissipels het die hele nag lank probeer, maar geen vis gevang nie. Vroeg die volgende oggend, "toe dit al dag geword het", het hulle Jesus op die strand sien staan, maar nie dadelik besef dat dit Hy was nie (vers 4). Johannes het vir Petrus daarop gewys dat dit Jesus was, waarop lg. onmiddellik in die water gespring het en strand toe geswem het. Soos ek al tevore geskryf het, is daar etlike gedeeltes in die Bybel wat daarop dui dat die wederkoms sal plaasvind vroeg op die derde dag - in die derde millennium n.C. ‘n Dag is vir God soos ‘n duisend jaar en ‘n duisend jaar soos ‘n dag (2 Pet. 3:8). Daar sal dus tweeduisendjaar wees waarin die bedeling van die Kerk voltooi sal word en dan sal die wederkoms plaasvind. Kort hierna sal die duisendjaar van vrede op aarde aanbreek met Christus as Koning (Op. 20:1-6).

In Joh. 2:18-22 lees ons waar Jesus sy dissipels ingelig het dat Hy die tempel "in drie dae" sal oprig en dan ook hierdie woorde: "Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek." Jesus het ook vroeg op die derde dag opgestaan (na sy kruisdood) en wel met sy nuwe verheerlikte liggaam, maar is dit al waaroor hierdie gedeelte gaan. Wie is ook die liggaam van Christus? Natuurlik die Kerk van Christus - sy gemeente. Hy is die hoof van sy Kerk en ons (ware weergeborenes) is die liggaam (Efes. 1:22,23). Net soos wat Jesus vroeg die oggend van die derde dag opgestaan het, sal sy liggaam, die Kerk, vroeg op die oggend van die derde dag - die derde millennium gereed wees om die hemel binne te gaan. Nou kan ons maklik verstaan wat dit beteken het toe Christus daardie dag, vroeg die oggend, op die strand gestaan het en ‘n maal berei het vir sy dissipels - sy volgelinge. Hy is nou reeds aan die hemelse strand en berei die bruilofsmaal voor vir elkeen van ons wat eersdaags daar met Hom sal wees.

As ons nou verder na die gedeelte in Joh. 21 gaan kyk, word dit al hoe interessanter. Die see dui natuurlik op die see van nasies. Die groot visvangs het plaasgevind toe hulle die net aan die regterkant uitgegooi het - ‘n heenwysing na Christus wat tans aan die regterhand van die Vader sit en ook na die nasie-oordeel van Matt. 25:31 en verder. Die een groep nasies of dan die skape sal die koninkryk binnegaan, maar nie die ander nasies (die bokke) wat aan sy linkerkant sal staan nie. Die skape (hulle wat Israel goedgesind sal wees in die groot verdrukking en nie teen Christus sal opstaan nie) sal aan die regterhand van Christus staan na die oorlog van Armageddon. Net die visse wat aan die regterkant van die skuit gevang is, sal dus die hemel ingaan, vergelykenderwys beskou. Die parallel met Noag se ark kan ‘n mens ook nie hier ontglip nie. Net hulle wat in die skuit of in die ark was (wat weergebore is), sal gered word. Dit is ook baie betekenisvol dat die net nie geskeur het nie en dat al die visse aan land gekom het (vers 11). Geen ware kind van God, wat gewas is in die bloed van die Lam en dus waarlik weergebore is, sal ooit verlore gaan nie. Hulle het die Heilige Gees ontvang as gawe en is verseël as kinders van God - tot in ewigheid. Hulle is egter baie min.

Verder het Jesus die dissipels aanvanklik geroep met die boodskap dat Hy hulle vissers van mense sal maak. Petrus, wat gou in die water gespring het, was juis die een wat heel eerste op pinksterdag gepreek het en die eerste drieduisend mense het tot bekering gekom. Wat ‘n visvangs was dit nie? Dit was die eerste bekeerlinge en die begin van die kerkdispensasie. In vers 8 sien ons dat die ander dissipels in die skuitjie gebly het en "hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent tweehonderd el."

Hierdie is ‘n heenwysing na die tweeduisend jaar van die bedeling van die Kerk op aarde. Tweehonderd is ‘n veelvoud van tweeduisend en ‘n duidelik afgemete maat (Sien ook Sag. 8:23). In hierdie tydperk moet al die visse (geredde mense) ingebring word in die koninkryk van God (die hemelstrand) en om te dink hulle was al die tyd "nie ver van die land nie". Die skrywer van die Hebreërboek het daardie tyd al gesê hy leef in die laaste dae (Heb. 1:1). Hierdie tydperk is vandag so te sê verstreke. Op die strand het Jesus reeds ‘n koolvuur aan die gang gehad met vis daarop (vers 9). Die pas gevangde vis was dus nie bestem vir die vuur nie. Hulle moes uitgesleep word en getel word ! Kan die vuur moontlik dui op die tyd van God se toorn - die groot verdrukking en dat hierdie visse (gereddes) nie hierdie tyd sal deurmaak nie, maar wel voor die tyd uit die see van nasies weggeruk sal word ?

In Joh. 21:11 is die net op die land getrek, "vol groot visse, honderd-drie-en-vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie." Hierdie visse dui dan op hulle wat God geken het. Die Groot Visserman, Jesus Christus, is vandag nog besig om aas uit te gooi deur die Heilige Gees om mense te oortuig dat hulle sonder God totaal verlore is in die see van nasies. Min reageer egter op hierdie uitnodiging en ander reageer bloot halfhartig. ‘n Flou bekering of blote ‘aanneming van Jesus’ is net nie dieselfde as ‘n waaragtige bekering en ‘n weergeboorte nie. Baie in ons dag is bloot sogenaamde Christene, maar hulle dra nie die vrug wat by die bekering pas nie. Hulle het geen waarborg dat hulle reg is vir die ewigheid nie. God self moet ‘n mens aanneem as sy kind en dit in jou hart bevestig deur sy Heilige Gees (Rom. 8:14-17).

Nou kom ons by die getal van die visse wat uit die see getrek is, nl. 153 ! Wat sou dit beteken? Is dit maar net toevallig so opgeteken sonder dat dit enige verdere of dieper waarde vir ons inhou? Dit kan tog nie wees nie, want God is ‘n God van orde en alles is haarfyn deur Hom geïnspireer en is daar om ons te seën. Elke deel van die Skrif is van besondere belang en so ook hierdie getal.

In hulle TV program, Prophecy in the News, het J.R. Church en Gary Stearman van Amerika hierdie getal bespreek nadat hulle heelwat daaroor nagelees het. Hulle noem dat die ou kerkvader Jerome reeds van mening was dat die 153 visse gedui het op die Christene van al die eeue. Sommige teoloë van vroeër het ook gemeen dat dit dui op die aantal nasies wat sal bestaan in die tyd van die einde - kort voor die wederkoms. Ons weet egter vandag dat daar reeds veel meer nasies is as net 153. Baie interessant is egter die feit dat daar in die 20ste eeu alleen wel 153 nasies tot stand gekom het. Israel is so ‘n voorbeeld. Hulle het bv. in 1948 ‘n staat geword. Talle ander volke en stamme het weer afgeskei van ander groter state ens. So het baie nasies in hierdie eeu onafhanklikheid verkry. Ons geliefde land het self eers in 1961 amptelik ‘n onafhanklike republiek geword. Sou die getal 153 dan moontlik dui op ‘n sekere volledigheid of voleinding?

In sy boek Number in Scripture, maak E.W. Bullinger melding daarvan dat die term "sons of God" sewe keer in die Ou Testament voorkom. As hierdie woorde nou in die Hebreeus beskou word en elke Hebreeuse letter se getallewaarde word geneem en saam bereken (iets wat die Jode gereeld doen), dan is die numeriese som presies 153. Hierdie kan nie toevallig wees nie en is heeltemal in lyn met die hele gedagte rondom die Kerk van Christus. In Gal. 4:5 lees ons in hierdie verband dat "ons die aanneming tot kinders kan ontvang." Die visse dui mos juis op die kinders van God. Daar is nog verdere soortgelyke patrone wat ook in die Skrif voorkom. As die Griekse ekwivalent van die term "joint heirs" of dan mede-"erfgename van Christus" (Rom. 8:17) geneem word en die numeriese waarde (Griekse letters het ook elk ‘n getallewaarde) daarvan bereken sou word, dan werk dit uit op 1 071. Dit is presies 7 maal 153. Die Griekse woord vir "net", waarin die vis gevang is, se numeriese somtotaal is op sy beurt weer 1 224. Dit is presies 8 maal 153. Die syfer 8 is natuurlik die getal van die ‘nuwe begin’ of ‘nuwe geboorte.’ Aan die einde van die 7de millennium gaan ons die ewigheid binne - in die hemel - ‘n nuwe begin. Na die 7de dag van ‘n week kom weer die 1ste dag. Onthou God is die Meester-outeur van die Bybel.

Dit is insiggewend om daarop te let dat dit dieselfde Johannes is, wat hier in sy weergawe van die evangelie praat van die 153 visse, wat ook die boek Openbaring geskryf het. Daar lees ons ook van ‘n besonderse getal, nl. 666. Hy sê dan juis ook dat hy wat verstand het die getal moet bereken (Op. 13:18). Dit is dus glad nie so vreemd of onbybels om met getalle te speel nie.

Die skrywer Jerry Lucas het in sy boek, Theomatics, ook interessante ontdekkings oor Joh. 21 uiteengesit. Hy het bevind dat die Griekse Textus Receptus grondteks (van o.a. ons ou Afrikaanse vertaling van 1933/1953 en die Engelse King James Bybel) die volgende asemrowende patroon bevat. Die numeriese waarde van al die letters in die hele Joh. 21 is ‘n veelvoud van 153. Dit is nie al nie. So is ook die numeriese somtotaal van elke paragraaf en ook van elke sin veelvoude van 153. Een van die mees verstommendste feite oor hierdie getal visse word egter vir ons in E.W. Bullinger se boek, Number in Scripture weergegee. Hy het gegaan en in die vier evangelies gaan tel met hoeveel afsonderlike individue Jesus Christus in sy wandel op aarde kontak gemaak het. Dit is nou mense wat Hy gesond gemaak het, met wie Hy gepraat het ens. Die somtotaal van al hierdie mense wat spesifiek in die Skrif genoem word, is niks anders nie as: 153 !

Laastens noem ek net die volgende brokkie inligting wat moontlik met die groot visvangs van Joh. 21 verband hou. In die Jerusalem Post van 18 Maart 1995, p.9, is berig dat die Israeliese regering bekend gemaak het dat die jaar 1994 ‘n baie goeie jaar was vir diplomatieke betrekkinge en dat Israel op daardie stadium formele betrekkinge gesluit het met altesaam, raai hoeveel, ja, 153 lande ! Is dit nog ‘n teken dat ons die laaste van die dae betreë het ?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

9

 

 

 

 

 

DIE SEWE GEMEENTES VAN

 

OPENBARING

 

 

 

 

In die tweede en derde hoofstukke van die boek Openbaring vind ons die sewe briewe aan die sewe gemeentes van klein-Asië. Hierdie was nie die enigste gemeentes van daardie tyd nie, maar om een of ander rede is hulle deur God uitgesoek en is die apostel Johannes gekies om hierdie briewe aan hulle te skryf. Dit wat in die briewe vervat is, is natuurlik die openbaring van Jesus Christus self wat Hy deur Johannes aan hierdie gemeentes wou deurgee. Hierdie sewe gemeentes is duidelik wyduiteenlopend in karakter en is sekerlik verteenwoordigend van alle ware Christelike gemeentes wat ooit op aarde was en wat ook huidiglik nog bestaan. Elke gemeente van Christus wat in die ganse bedeling van die Kerk of dan van genade bestaan het, sal met ten minste een of meer van hierdie sewe gemeentes geasosieer of vergelyk kan word. Daar is veral in ons dag besonder sterk ooreenkomste tussen dit waarvan ons hier in die Woord lees en huidige kerke en gemeentes. Vyf van die sewe gemeentes word ernstig aangespreek oor hulle afvalligheid en die verskeie dwalings wat in hulle midde toegelaat word. Net twee van die sewe kon lof van die lewende God wegdra - sonder dat hulle berispe is, omdat hulle volhard het op die nou weg. Hulle het nie kompromie gemaak met die wêreld nie en was selfs bereid om te sterwe vir Christus en sy saak op aarde.

‘n Baie interessante en insiggewende aspek van die briewe aan die sewe gemeentes is die duidelike profetiese boodskap wat daardeur aan ons oorgedra word. Behalwe vir die feit dat daar werklik sulke gemeentes in Asië was en dat hulle verteenwoordigend van alle gemeentes in die tydperk van die Kerk is, dui elke gemeente ook op ‘n duidelik onderskeibare fase in die geskiedenis van die Kerk. Ja, sedert die uitstorting van die Heilige Gees op pinksterdag - die aanbreek van die bedeling van die Kerk op aarde - tot en met vandag, kan daar ook in die sewe gemeentes van Openbaring sewe tydperke onderskei word wat die afgelope tweeduisend jaar op merkwaardige wyse oorspan.

 

Ons kyk vervolgens hierna asook na dit wat ons vandag uit hierdie gedeelte kan leer m.b.t. God se volmaakte wil vir sy Kerk in hierdie laat uur waarin ons onsself bevind.

 

1. BRIEF AAN EFESE

 

Verteenwoordigend van die vroeë Kerk vanaf 32 n.C. tot ongeveer 150 n.C. Na pinksterdag en in die tyd wat deur die boek Handelinge beskryf word, was die Kerk aanvanklik aan die brand vir God. Derduisende mense is gered, Paulus en sy medewerkers het die evangelie na verskeie heidense nasies geneem en die God van Israel het onder hulle ook bekend geword. In Op. 2:2 lees ons dat God hulle goeie punte noem as Hy sê dat Hy hulle werke ken en dat hulle "slegte mense nie kan verdra nie" en ook dat hulle valse apostels op die proef gestel het en hulle as leuenaars bevind het.

Vandag kan ons baie hieruit leer. Valse apostels is volop in kerke en byna alles word verdra in die naam van ‘liefde en vrede.’ Die absolute waarheid en gesag van God se Woord word egter hierdeur ondermyn en so gaan talle en talle mense uiteindelik verlore, omdat die kerke alles en almal aanvaar asof hulle ook maar kinders van die Here is en net tydelik so ‘n bietjie dwaal.

Met die skrywe van hierdie briewe (95 n.C.), was dit egter al reeds duidelik dat die Kerk van daardie tyd begin het om te veragter in die geloof. Daarom moes Johannes hulle waarsku met die volgende woorde van die Here: "Maar Ek het dit teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het." (Op. 2:4). Dit is baie harde woorde wat hier uit die mond van die Here kom. As ons dit vandag sou herhaal of beaam sou ons veroordeel word dat ons nie sonder meer andere moet oordeel nie en dat ons darem baie liefdeloos is. Hierdie gemeente het Jesus Christus, hulle eerste liefde, verlaat. Dit beteken nie dat die gereddes nou weer ongered is nie, maar bloot dat die gemeente God afgeskuif het op hulle prioriteitslys. Daar is nou ander dinge wat bo-aan die lys is. Miskien om geld in te samel vir die gemeente wat besig is om swaar te trek of ‘n hunkering na wêreldse vermaak in die kerk. Dit is ‘n geweldige sonde in die oe van die Here - as Hy nie meer alleen eerste gestel word nie. Dit sal natuurlik altyd heftig ontken word, want die sinne van diegene is nou verblind en in hulle eie oe is dit beslis nie die toedrag van sake nie. Hierdie gemeente van Efese was egter nie altyd so nie, want ons lees: "Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke." (Vers 5). Vroeër is die evangelie vurig en reguit verkondig en sonde is met erns aangespreek, maar later het dit afgewater en net ‘n dooie godsdiens het oorgebly. Vroeër is siele gered in die gemeente, maar nou het dit ‘n rariteit geword.

Die gemeente van Efese het verder wel ook die werke van die Nikolaïete gehaat. God het hulle werke ook gehaat. Hulle was ‘n sekte wat immorele lewens gelei het en wat volgens die Ou Testamentiese patroon hulleself vir die instelling van ‘n priesterlike orde beywer het. Hulle wou hulleself verhef bo die gewone lidmate. Hierdie tipe godsdiens is natuurlik ook goed gevestig in ons dag. ‘n Mens hoef nie eers die name van hierdie tipe kerke te noem nie. Tragies is nou net dat ander Christelike kerke nie ook die werke van hierdie groepe haat nie. Nee, hulle werk nou sommer saam met hulle. Wat moet God nie hiervan dink nie. Onthou Hy verander nooit.

Dit wat vir die gemeente van Efese gegeld het, geld vandag nog steeds vir elke gemeente in hierdie ‘verligte’ eeu. As daar vandag weer sulke briewe aan huidige gemeentes geskryf sou moes word, sal ons nie wreed ontnugter en erg geskok wees om te sien dat God toe nooit verander het nie? Ons het egter die Woord van God in ons midde en hoe sal ons dan ooit ‘n verskoning kan hê.

 

2. BRIEF AAN SMIRNA

 

Verteenwoordigend van die Kerktydperk van 64 n.C. tot 313 n.C. Daar is ‘n effense oorvleueling met die Efese tydperk, maar met die Smirna tydperk het daar ‘n ongekende era van trane in die geskiedenis van die Kerk aangebreek. Dit het ‘n aanvang geneem toe Nero in 64 n.C. keiser geword het en dit het gestrek deur die bewindstermyne van tien Romeinse keisers. Die verwysing in Op. 2:10 na die tien dae van verdrukking wat hulle sou ly, is moontlik juis te vereenselwig met die tien termyne van hierdie Romeinse keisers. Wreedhede teenoor die Kerk het hoogty gevier. Christene is vir wilde diere gegooi en op brandstapels verbrand. Die merkwaardigste van alles was dat hierdie kinders van God bereid was om as martelare vir Hom te sterf en Hom nie te verloën nie. Waar staan ons vandag in vergelyking met hulle. Dit is daarom dat God van hulle kon sê: "Dit sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het: Ek ken jou werke en verdrukking en armoede - maar jy is ryk - " (Op. 2:8,9). Net soos Christus uit die dood opgestaan het, sal hulle ook uit die dood opstaan wanneer die basuin gaan weerklink op daardie lieflike dag. Smirna beteken geur of bitterheid en dit is presies wat die gemeentes in die Smirna tydperk moes deurmaak. Die naam is ook afgelei van die woord mirre wat vroeër algemeen gebruik is om dooies se liggame mee te balsem. Hierdie martelare het bitterlik gely vir Hom wat hulle met sy bloed gekoop het en baie moes ook self hulle bloed stort. God het hulle egter bemoedig met die volgende woorde: "Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee." (Vers 10). Hulle skat is in die hemel en net so ook geld dit vir elkeen wat vandag vir die Here en sy Naam sou sterf. Daar is geen vermaning of teregwysing teenoor hierdie gemeente uitgespreek nie. Hulle het waarlik die Here gedien met alles tot hulle beskikking. In vandag se samelewing sou hulle waarskynlik deur baie Christelike kerke en ander groepe as ‘n sekte bestempel gewees het. Baie sou sê dat hulle darem net te na aan die Here probeer leef of dat hulle selfs dweep met hulle godsdiens. God het egter duidelik nie so gedink nie. Die gemeentes wat hierdie tydperk verteenwoordig, is tot die uiterste beproef en teen hoë hitte gelouter, maar hulle sal soos goud en edelgesteentes skitter in die sale van die hemel (Dan. 12:3).

 

3. BRIEF AAN PERGAMUS

 

Verteenwoordigend van die Kerkperiode vanaf 313 n.C. tot ongeveer 500 n.C. Na die geweldige Christenvervolging van die vorige tydperk het daar nou ‘n groot en drastiese wending in die geskiedenis van die Kerk gekom. Hierdie is redelik bekende feite, maar baie daarvan word erg verdraai aan ons voorgehou. In 313 n.C. het keiser Konstantyn die bekende Edik van Milaan uitgevaardig. Daarvolgens is godsdiensvryheid afgekondig. Dit klink nogal bekend as ons aan ons huidige situasie dink. Konstantyn het tydens een van sy veroweringstogte ‘n kruis in die hemel gesien met woorde daarby wat die volgende beteken: ‘In die teken sal jy oorwin.’ Die meeste mense vandag glo dat hy ‘n tipiese kruis gesien het soos die een waaraan die Here Jesus Christus gesterf het. Volgens R. Mac Mullen in die boek Constantine, uit die Crosscurrents in World History reeks, (1969) p. 72 van Dial Press, het Konstantyn die kruis self beskryf. Dit het ‘n ovaal vorm aan die bokant gehad. Om die waarheid te sê, dit is die Egiptiese Ankh kruis en is ‘n simbool van die songod. Hierdie kruis is vandag ook algemeen in gebruik in satanistiese kringe. Dit is een van hulle bekende simbole. In dieselfde boek word verder beskryf dat Konstantyn self ook die songod aanbid het. Vandag glo feitlik almal dat hy die Christendom ‘n geweldige hupstoot gegee het toe hy dit tot die staatsgodsdiens verhef het.

Hy wou egter keiser word en het na bewering gesê dat as die God van die Christene hom sou help in sy stryd, dan sal hy ‘n Christen word. Dit is presies wat baie mense vandag ook doen. Hulle dink hulle doen God ‘n guns om ‘n Christen te word. Dit is egter die vrug van geweldige misleiding. Die waarheid is dat God ons ‘n onuitspreeklike guns aan-gedoen het om ons in die eerste plek te skape en daarna nog sy Seun te stuur om vir ons aan ‘n vloekhout te kom sterwe, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore hoef te gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Elke mens op aarde is diep verleë oor God, alhoewel die meeste dit tans hoegenaamd nie besef nie. Konstantyn het toe nadat hy die kruis gesien het die oorwinning behaal, ‘n ‘Christen’ geword en ook die nuwe keiser. Dit is dan juis in hierdie tyd dat daar ‘n ‘huwelik’ tussen die Kerk en die staat gesluit is. Daarom beteken die woord Pergamus ook troue. Die probleem is nou net dat die Kerk vervlak en sodanig verbreed het, dat byna alles in die Kerk verdra is. Eintlik het die wêreld op die manier by die Kerk ingeskakel, pleks daarvan dat die Kerk die standaard vir die staat en die wêreld gestel het. So het massas mense skielik ‘Christene’ geword en eensklaps hulleself binne in die Kerk bevind. In ons dag lyk sake nie veel anders nie.

In 325 n.C. het Konstantyn die ekumeniese konsilie van Nicea byeengeroep en ‘n orde biskoppe het so hulle houvas op die Kerk gekry. Rondom 330 n.C. het Konstantyn sy setel van Rome na Konstantinopel (vandag se Istanbul in Turkye) verskuif. Teen 1054 het die ‘Christelike kerk’ van daardie tyd twee hoofvertakkings gekry - die Rooms-Katolieke Kerk met hulle setel in Rome en aan die anderkant die Oosters-Ortodokse Kerk met hulle setel in Konstantinopel. Vandag is dit juis hierdie twee kerkgroepe wat die naaste aan mekaar is. In die huidige ekumeniese beweging is hulle oppad om heel eerste met mekaar versoen te word. Daarna sal die Anglikaanse Kerk bykom en dan die res.

In Op. 2:14 sien ons dat God dit teen hierdie gemeente gehad het dat daar mense was wat aan die leer van Bileam vasgehou het. In Num. 22-24 lees ons hoedat Balak vir Bileam oorreed het om die Israeliete te verlei om die Baälfeeste by te woon om hulle sodoende tot ‘n val te bring. Israel is toe ook verlei en hulle het vals gode aanbid, maar toe God se toorn oor hulle ontvlam, is 24000 deur ‘n plaag gedood. Dit is die prys wat ‘n volk betaal wat kompromie maak en agter vreemde gode aanloop en so hulle God bedroef.

In vers 15 word die gemeente van Pergamus ook vermaan dat daar mense onder hulle is wat aan die leer van die Nikolaïete vashou. Die instelling van ‘n priesterlike orde wat bo die gewone kerklidmate sou uittroon, het egter wel gevolg en geweldige skade is berokken aan die Kerk van Christus. Dit was ‘n terugkeer na die Ou Testamentiese wyse en dus ‘n totale miskenning van Jesus Christus wat as ons enigste Hoëpriester eenmaal en vir altyd vir ons die pad na die troon van God gebaan het. Die voorhangsel het vir altyd geskeur en nou kan enige mens direk tot God gaan in die gebed. In ons dag maak baie kerke en gemeentes kompromie met die leer van die Nikolaïete, asook met die leer van Bileam. Die ontsettende pas waarteen die ekumeniese beweging en al die intergeloofsaksies tans beweeg, is ‘n duidelike bewys dat uiters gevaarlike terrein reeds betree is. God laat hierdie sonde nooit ongestraf nie. Die tyd is op hande dat God se oordele hierdie aarde gaan tref. Vroeg in hierdie brief sê die Here reeds vir die Pergamus gemeente: "Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is." (Vers 13). Is dit dan vreemd dat God hierdie gemeente so ernstig moes waarsku?

Daar was egter wel ook ‘n groep wat die Here waarlik gedien het, soos Antipas. Sy naam beteken ‘teen alles.’ Hy was teen alles wat nie van God was nie. Hy het ook daarvoor betaal met sy lewe. God het Hom egter sy "getroue getuie" genoem. Waar staan ons wat sê dat ons die Here ken, vandag?

 

4. BRIEF AAN THIATIRE

 

Verteenwoordigend van die Kerkperiode vanaf ongeveer 500 n.C. tot min of meer 1517.

Hierdie tydperk staan ook bekend as die donker middeleeue. Die woord Thiatire beteken aanhoudende offer. In hierdie tyd is die Rooms-Katolieke sisteem goed gevestig. Tydens elke mis is Christus oor en oor geoffer en sy eenmalige offer aan die kruis is totaal misken. In Heb. 10:14 lees ons egter die baie duidelike woorde van God as Hy sê: "Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word." Watter god is dit dan wat deur hierdie kerk aanbid is en steeds vandag deur hulle aanbid word? Watter god vra sulke aanhoudende menslike offers, deur allerlei ritusse gebring, as ‘n versoening vir die sonde van haar lidmate?

‘n Magsbehepte hiërargie van priesters, biskoppe, aartsbiskoppe, kardinale en pouse het begin om die kerk te regeer. Hierdie kerk het meer gesag gehad as die Woord van God self en kon willekeurig uitsprake maak deur ‘n ‘onfeilbare’ pous, wat dan afgedwing is op almal. Daarom is dit te verstane dat die ware Christene weggebreek het en hulle afgesonder het. Hulle is natuurlik wreed vervolg en baie het hulle lewe daardeur verloor. Hulle was egter binne God se wil.

Die letterlike gemeente van Thiatire het die Here veral deur die volgende sonde bedroef. Hulle het ‘n vrou Isebel, wat haarself ‘n profetes genoem het, toegelaat om in die gemeente te leer. Sy het groot skade aangerig deurdat sy baie mense verlei en mislei het (Op. 2:20-23). God het dan ook swaar straf belowe vir elkeen wat deel het aan hierdie sondes. In vers 24 sien ons egter dat God hulle wat nie hierdie leer (van Isebel) navolg nie, bemoedig het deurdat Hy nie ander laste op hulle sou lê nie. Die Here beskou hierdie vreemde vals leer van Isebel "die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem" Die bemoediging is net vir hulle wat niks hiermee te doen het nie. ‘n Waarskuwing ook vir die kerk van vandag.

Die tydperk van Thiatire is duidelik ‘n terugkeer na die ou Babiloniese stelsel van lank tevore. Die Roomse sisteem is bloot ‘n voortsetting daarvan in so ‘n effense ander gewaad. Die ooreenkomste is egter baie ooglopend. Net soos die vrou Isebel prominent genoem word in hierdie brief, het die Babiloniërs die hemelkoningin Semiramis aanbid. Die Roomse Kerk aanbid weer moeder Maria as die prominente figuur in hulle godsdiens. In vers 22 sien ons nog ‘n keer dat almal wat met Isebel of dan met haar leer sou saamgaan of met haar owerspel sou pleeg, ‘n tyd van groot verdrukking gaan beleef as hulle hulle nie van hul verkeerde werke bekeer nie. Daar is verseker sterk boodskappe in hierdie verse vir ons wat vandag leef. Huidiglik word die wêreld oorspoel met sterk feministiese stromings. Die vrou moet verhef word tot gelyk of selfs bo die man. Dit is natuurlik presies die teenoorgestelde as wat die Woord ons duidelik leer. Daar is vandag ‘n sterk Isebels-gees in die wêreld teenwoordig. Dit is alles deel van die tendense in die laaste oomblikke voor die koms van Christus. In vers 25 is daar egter die heerlike hoop vir die wat nie met hierdie vals leer saamgaan nie: "Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom." Net in die volgende vers word ons gemaan om dit wel tot die einde toe te bewaar en die loon sal groot wees.

 

5. BRIEF AAN SARDIS

 

Verteenwoordigend van die Kerktydperk vanaf 1517 tot ongeveer 1700. Sardis beteken klein oorblyfsel. In 1517 het Martin Luther sy 95 stellinge aan die kerkdeur van die kerk in Wittenberg vasgeslaan. Hierdie tydperk is deur die Hervorming ingelui. ‘n Klein groepie (klein oorblyfsel) aan die begin, het geprotesteer teen die valse Roomse sisteem. Hulle moes daaruit kom en deur die genade en instaatstelling van God het hulle die Roomse Kerk verlaat en hulle afgesonder, soos wat God dit vandag nog van sy kinders verlang.

Die Here het dit nodig geag om van hierdie gemeente te sê: "Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en jy is dood. Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie. Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie." (Op. 3:1-3)

Dit is geweldige woorde van die Here wat ons hier lees. ‘n Gemeente wat besig is om te sterwe. Die meeste Christene vandag glo mos dat so iets nooit kan gebeur nie of dat God dit sal verhoed. Hier was wel ‘n baie klein oorblyfsel, maar hulle moes terugkeer na die ou paaie of dit was ook tevergeefs. Daar is vandag talle en talle gemeentes en kerke wat die naam het dat hulle lewe, maar in werklikheid is hulle dood. Vir ‘n buitestaander sou dit miskien lyk of daar baie aksie is, baie dinge waarmee hulle hulleself besig hou, maar in die oë van God gaan daar bitter weinig aan. Dit is tragies, maar die waarheid - veral vandag in die tyd waarin ons lewe. Nog nooit was daar soveel beplanning gedoen en soveel skemas van stapel gestuur as juis nou nie. Die vraag is egter waarmee hou die kerke hulle besig. Word daar nog geëvangeliseer - op God se manier, op die Bybelse manier? Ja, sou die meeste dadelik sê, meer as ooit tevore in die geskiedenis van die mensdom. Daar is egter soveel valsheid en kompromie in ons dag aan die orde in baie van die sendingorganisasies, dat dit in baie gevalle ten hemele skrei. In die Sardistydperk is daar weinig sendingwerk gedoen en is dit skandalig in vergelyking met die tydperk wat daarna sou volg. Die boodskap aan die gemeente in Sardis is vir ons vandag van besonderse belang. Baie hou hulle so besig met die ‘dinge van die Here’ dat daar hoegenaamd geen sprake is van enige persoonlike verhouding met die Here Jesus Christus self nie. Baie ‘Christene’, ‘Christelike organisasies’ en ‘Christelike kerke’ gaan binnekort erg ontnugter wees wanneer die lewende God hierdie wêreld in geregtigheid gaan kom besoek. In Op. 3:4 lees ons m.b.t. die gemeente in Sardis dat: "jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is". Die wat die Here waarlik ken is altyd baie min, maar hulle is altyd daar. Ons dank die Here vir elkeen wat in hierdie dae met God self besig is.

 

6. BRIEF AAN FILADELFIA

 

Verteenwoordigend van die Kerktydperk vanaf 1700 tot plus minus 1900. Filadelfia beteken broederliefde. In 1789 het die Franse rewolusie plaasgevind met die leuse vryheid, gelykheid en broederskap. Dit het egter nie veel te doen met hierdie broederliefde nie. Dit was eerder ‘n sosialistiese tipe liefde wat daar verkondig is en wat baie mense hulle lewe gekos het.

Die Filadelfia tydperk was ‘n unieke tydperk in die geskiedenis van die Kerk. Na die Hervormingstyd het die Kerk ‘n ongekende vuur uit die hemel verkry om die wêreld vir Christus te bereik. Dit is die broederliefde waarvan die naam ons leer. ‘n Tyd wat deur ‘n ongekende sendingywer gekenmerk is, het gevolg. Daarom is dit nie vreemd dat ons in Op. 3:8 die volgende woorde lees nie: "Ek ken jou werke. Kyk,Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie." Dit was die tyd van die groot herlewings wat regoor die wêreld uitgebreek het, danksy die arm van God wat in beweging gebring is na jarelange gebed van sy kinders.

Ja, dit was die tyd van die herlewingspredikers soos Jonathan Edwards, Charles Finney, John Wesley, George Whitefield, D.L. Moody, Hudson Taylor, Andrew Murray, Charles Spurgeon en talle ander. Honderde duisende mense oor al die kontinente heen het Christus gevind en is weergebore. As ‘n mens sou gaan nalees oor die geskiedenis van hierdie herlewings, sou jy gou agter kom dat dit in skrille kontras staan met vandag se sg. ‘herlewings’. Mense het met berou hulle tot God bekeer en gebreek met sonde. Talle van die sendelinge van daardie tyd het te voet of te perd beweeg en geweldige afstande afgelê om verlore stamme te bereik met die ware vrymakende evangelie. Hulle loon is groot as ons lees: "Kyk, Ek kom gou ! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie." (Op. 3:11). In die vorige vers sien ons ook dat God hulle belowe dat Hy hulle sal bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom. Hulle het nie in die laaste geslag geleef nie en sou dus gespaar wees van die groot verdrukking wat nog sou kom.

Interessant is die feit dat die Here juis in hierdie tydperk (van Filadelfia), aan die mensdom seker van die mooiste musiek gegee het wat ooit gekomponeer is. Die hele mensdom daarna is geseën met wat vandag nog as klassieke musiek bekend staan. Hierdie musiek verloor eenvoudig net nie sy bekoring nie en kan hoegenaamd nie opgeweeg word teen vandag se wêreldse musiek met hulle kortstondige lewensduur nie. Byna al die groot klassieke komponiste het in daardie tyd geleef. Almal van hulle was verseker nie Christene nie, maar God het hulle die besonderse talente gegee en hulle nogtans gebruik net soos wêreldlinge vandag nog gebruik word in God se plan met die mens. Ja, ook die meeste van ons bekende psalms, gesange en ander beminde en bekende geestelike liedere het hulle oorsprong uit hierdie tydperk gehad. Daar was voorwaar nog nie weer so ‘n tyd nie.

Die gemeente in Filadelfia is ook saam met die gemeente in Smirna die enigste twee wat geen slegte woord teen hulle uit die mond van die Here moes aanhoor nie. Hierdie is werklik ‘n model gemeente waarna ons vandag met erns moet kyk.

 

7. BRIEF AAN LAODICEA

 

Verteenwoordigend van die Kerktydperk vanaf ongeveer 1900 totdat die Here hulle kom haal wat aan Hom behoort.

Waar al die vorige briewe gerig is aan die gemeentes in die spesifieke stad, bv. aan die gemeente in Efese, word hierdie brief gerig aan die gemeente van die Laodicense. Dit was hulle eie gemeente. Hulle (die mense) was baas in hierdie gemeente. Laodicea beteken menseregte of volkeregte of die opinie van die mens. Dit is sonder die geringste twyfel die tyd waarin ons tans lewe. Die ganse wêreld is op hol oor die belangrikheid van die reg van die mens. Die noodsaaklikheid dat elke land ‘n handves van menseregte moet hê, word oral uitgebasuin. As dit nie hier by ons is nie, is dit in Bosnië of elders. Die mens het egter geen regte hoegenaamd nie. Alles wat ons het en wat ons is, is net genade - direk uit die hand van God.

Vroeg in die brief aan die gemeente van Laodicea sê die Here: "Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God" (Op. 3:14). Hy vind dit nodig om veral ook ons wat in hierdie tyd lewe te waarsku dat dit Hy is wat alles geskape het. Hy, Jesus Christus, is die begin van alles (sien Joh. 1:1-4). Ons leef mos in die tyd waarin die sg. evolusie van die mens en die skepping aangehang word soos nog nooit tevore nie. Ja, selfs ‘Christene’ glo dat die evolusieleer te versoen is met die Bybel.

Die Here sê verder vir hierdie gemeente: "Ek ken jou werke, dat jy nie koud is nie en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug." (Op. 3:15,16). Laodicea dui ook vir ons op die lou kerk. Die probleem is nou net dat God geen lou mens of lou kerk duld nie. Hier in die twintigste eeu sit ons met al die kennis tot ons beskikking, maar dit bly net daar - weinig word gedoen om mense waarlik by God uit te bring. Daar is talle en talle ander sake op die kerklike agendas van ons dag. So is daar die eenwordingsindroom (uit die hart van Satan) wat byna al die kerke totaal stom geslaan het. Werklike evangelisasie op die outydse manier, waar mense onder sonde oortuiging kom, is vandag byna ‘n rariteit. Daar is selfs baie teoloë wat meen dat daardie tyd en manier van doen totaal uitgedien is vir ons in die ‘moderne en verligte eeu’. Snaaks is net dat ons nêrens in die Woord lees dat God wil hê dat ons ooit op ‘n ander wyse te werk moet gaan nie. Daarom vind ons vandag dat die Woord van God uitmekaar getrek word. As ‘n mens dan nie wil doen wat in die Woord staan nie, dan is die volgende stap om die Woord of dan ten minste dele daarvan, ongeldig te probeer verklaar. Geleerdes sit en soek foute in die Skrif - ja daar word krities na die onfeilbare geïnspireerde Woord van God gekyk. Daar word ongelukkig nie besef dat dit God self is wat eintlik hier onder die vergrootglas geplaas word en in baie gevalle te lig bevind word nie. In Joh. 1:1 lees ons "en die Woord was God." Vandag gaan daar baie stemme op dat ons tog net nie van die Bybel God moet probeer maak nie. Hoe tragies en skokkend is dit nie.

In die dag waarin ons leef het die kerk in baie gevalle net ‘n gedaante van godsaligheid (2 Tim. 3:5). ‘n Horisontale versoening met alles en almal word bepleit ten koste van ‘n vertikale versoening met die lewende God in die eerste plek. ‘n Dooie vormgodsdiens is aan die een kant aan die orde van die dag. Aan die anderkant vind ons verskeie ernstige dwalings wat onder die mantel van Christenskap deurgaan en in baie gevalle met die ‘superkerke’ van ons dag geassosieer kan word. Daar word baie gepraat, baie geredeneer en baie toegegee in ons tyd, maar van werklike oorgawe aan God en dit wat daaruit spruit is daar bitter min te bespeur.

Die kerk van die twintigste eeu word ernstig gewaarsku met die volgende woorde: "jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie." (Op. 3:17). ‘n Kenmerk van die kerk in hierdie laaste tydperk voor die wederkoms van Christus, is die feit dat sy nie weet dat dit sy is wat so beroerd daaruit sien nie. Die fout lê altyd elders, maar nooit by haar nie. Die gemeentes van die vorige tydperke was te konserwatief en eenvoudig om by te leer, word gesê. Ten spyte van al die akademiese kennis van ons tyd, is die kerk oor die algemeen brandarm. Daarom sê die Here vir ons: "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien." (Op. 3:18).

Tipies van hierdie kerk is dat sy nie die profetiese woord bestudeer of daarop ag gee nie (1 Thes. 5:20). Dit terwyl die profetiese lig by verre die helderste skyn in hierdie tydperk. Die rede hiervoor is omdat dit tans die donkerste uur in die Kerkdispensasie is. Die Bybel is daar en beskikbaar, maar Bybelse profesieë lê mos op die kantlyn. Hulle sê ook graag dat ons nooit kan weet dat die wederkoms nou naby is nie. Die skokke wat op die tipiese Laodiceaanse kerk wag, gaan geweldig wees. Hierdie kerk is baie selftevrede en vas oortuig dat sy besig is om al die baie belangrike sake van die dag aan te spreek en met wonderlike inisiatiewe en oplossings vorendag te kom.

God moet egter van hierdie kerk sê, dat Hy buite die deur staan en klop en dat Hy net sal ingaan as iemand die deur sou oopmaak (Op. 3:20). Die Kerktydperk asook die gemeente van Laodicea is die een wat verreweg die swakste indruk maak op die verlore gaande wêreld. As gevolg van die kompromieë wat hierdie kerk met die wêreld en wêreldse organisasies aangaan, kan daar in baie gevalle geen onderskeid gesien word tussen wêreldlinge en ‘Christene’ nie. Die kerk en die wêreld is besig om mekaar vinnig te nader vir ‘n dodelike omhelsing. In baie gevalle het dit reeds gebeur. God het geen goeie woord vir hierdie gemeente gehad nie, maar wel gesê dat die wat oorwin (let wel net hulle) saam met Hom op sy troon sal sit (Op. 3:21).

Hierdie Kerkperiode sal met die wederkoms van Christus afgesluit word en as jou oë selfs net op ‘n skrefie oop is, sal jy teen hierdie tyd deeglik besef dat daardie dag op hande is.

Dit is dan die tweeduisend jaar van die Kerk soos dit deur die sewe briewe aan die sewe gemeentes van klein-Asië aan ons geopenbaar word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

10

 

 

 

 

 

DIE GROOT VERDRUKKING

 

 

 

 

"Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit weer sal wees nie." (Matt. 24:21).

 

Hierdie Bybels geprofeteerde tydperk van groot verdrukking is nie ‘n verwysing na die daaglikse verdrukking wat die mens op aarde ervaar nie. Die feit dat elke mens oor die algemeen lyding en verdrukking in hierdie wêreld moet deurstaan, staan egter wel direk in verband met die sondeval, in die tuin van Eden. In Adam het elke mens nou deel aan die sondeval en dit wat as gevolg daarvan die wêreld binnegekom het. Die weergebore kind van God sal in die besonder verdrukking in hierdie wêreld beleef, omdat God dit duidelik aan ons stel dat "Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie." (1 Joh. 3:1). Elkeen wat die Here werklik ken, sal in hierdie wêreld ‘n vreemdeling wees en sal dit daarom in ‘n sekere sin swaar hê in die teenswoordige wêreld. Die groot verdrukking as sodanig het dus niks te make met die verdrukking waarvan die Woord ons in Joh. 16:33 vertel nie. Daar skryf Johannes: "In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin."

As die Bybel praat van die groot verdrukking, dan word daar na ‘n baie spesifieke tydperk in die geskiedenis van die mensdom hier op aarde verwys. Dit dui op ‘n tyd soos wat daar nog nooit was en ook nooit weer sal wees nie. Die term groot verdrukking is ‘n profetiese term en dui op ‘n uitsonderlike tydperk in God se profetiese program met die mens. In die eerste plek is die groot verdrukking God se oordeel oor sy verbondsvolk Israel. Ons kan dit baie duidelik waarneem uit o.a. Matt. 24: 9 waar ons lees : "Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam." Hierdie is deel van die Here Jesus Christus se antwoord aan sy dissipels op die vraag oor wanneer sy koms en die einde van die wêreld sal wees. Jesus Christus het hier as Jood met sy Joodse dissipels gepraat en aan hulle vertel wat die volk Israel te wagte kan wees aan die einde van die dae. Al die nasies sal Israel en die Joodse volk haat ter wille van Christus wat uit hulle gebore is. Dwarsdeur die eeue is die Jode al gehaat en wreed vervolg, sonder enige logiese aanvaarbare rede, behalwe omdat die saligheid uit die Jode is (Joh. 4:22). In die tyd van die groot verdrukking sal dit egter ‘n ongekende hoogtepunt bereik. Die hele Matt. 24, die profetiese rede van die Here Jesus, is spesifiek vanuit ‘n Joodse perspektief geskryf en dit gaan eerstens in die letterlike sin oor die lot van die volk Israel tydens hierdie tyd. Die hoofrede hiervoor is omdat die Jode tot vandag toe nog die Messias verwerp en veral omdat hulle Hom gekruisig het, 2000 jaar gelede. By daardie geleentheid het hulle gesê: "Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom." (Matt. 27:25).

God, die volmaak regverdige, kan en sal nooit sonde ongestraf laat bly nie en het hierdie woorde nie vergeet nie. Daarom gaan die volk Israel veral swaar ly in hierdie geprofeteerde tyd. Dit is egter nie net hulle wat baie swaar dae gaan beleef in die groot verdrukking nie, maar ook almal wat Jesus Christus se versoeningsbloed vertrap het.

In Luk. 21 vind ons nog ‘n weergawe van die profetiese rede van die Here, maar hier is dit veral ook tot al die heidennasies (Suid-Afrika ingesluit) gerig (verse 24 en 25). Die heidene sluit alle nasies in, behalwe die volk Israel. Dit is die terme wat die Woord gebruik om ‘n onderskeid tussen Israel en die ander nasies te maak. Dit beteken hoegenaamd nie dat Israel meer belangrik vir God is as die ander nasies nie, maar Jesus Christus is wel uit die volk Israel gebore en God het steeds ‘n baie spesifieke plan met hulle. Die beloftes aan Abraham, Isak en Jakob is nog nie almal vervul nie en ons weet dat God nooit op sy woord kan of sal teruggaan nie. Die Kerk het nie die letterlike Israel vervang nie, maar kan wel as die geestelike Israel gesien word. Die tyd van groot verdrukking gaan die geskiedenis van die wêreld herskryf en niks sal daarna ooit weer dieselfde wees nie. Volgens alle aanduidings uit die Skrif, is hierdie tyd voor die deur en kan dit enige dag ‘n aanvang neem. Daar is letterlik talle en talle redes hoekom so ‘n stelling gemaak kan word - veral omdat dit wat vandag in die wêreld afspeel, tot in die fynste detail in die Woord van God geprofeteer is.

 

 

HOE LANK ?

 

Die groot vraag is nou, maar hoe lank gaan die groot verdrukking duur. Die Bybel is baie duidelik oor hierdie saak en dit is vir geen mens nodig om enigsins in die duister te wees hieroor nie. As ons na die boek Daniël gaan (wat altyd saam met die boek Openbaring bestudeer moet word), kan ons baie lig verkry oor hierdie kwessie. In hoofstuk agt van hierdie boek het Daniël ‘n gesig gesien wat hom baie ontstel het (Dan. 8:27). Die engel Gabriël het in vers 26 vir hom gesê dat hy die gesig geheim moet hou, "want dit sien op ‘n verre toekoms." In hoofstuk nege van hierdie boek lees ons van Daniël se gebed tot God namens sy volk wat in ballingskap is. Terwyl hy besig was om te bid het die engel Gabriêl weer aan hom verskyn om hom insig te gee oor die toekoms. In Dan. 9:24-27 lees ons die volgende baie interessante gedeelte: "Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf. Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.

En na die twee-en-sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die vors van ‘n volk wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.

En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word."

Hierdie profesieë is spesifiek op die volk Israel van toepassing. Die taal wat gebruik word is baie duidelik, as daar gepraat word van "jou [Daniël se] volk en jou heilige stad [Jerusalem]" Die sewentig sewetalle dui op sewentig jaarweke, m.a.w. 70 keer 7 jaar - ‘n tydperk van 490 jaar.

Daar is verskeie gedeeltes in die Woord wat vir ons aandui dat ‘n week, soos wat dit hierbo genoem word, ook op ‘n jaarweek kan dui. In Levitikus 25:8 lees ons waar God aan Moses opdragte gee m.b.t. die hou van sabbat- en jubeljare die volgende : "Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou nege-en-veertig jaar is." Ons lees ook in Gen. 29:27,28 ‘n gedeelte wat dieselfde beginsel aandui. Laban het hier vir Jakob meegedeel dat hy nog sewe jaar vir hom moet werk voordat hy ook vir Ragel as vrou kon neem. Hy het vir hom gese: "Hou die volle bruilofsweek met haar [Lea]; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nog sewe jaar by my moet volbring. En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou." Uit hierdie gedeeltes kom die beginsel van ‘n jaarweek duidelik na vore.

As ons nou gaan kyk na Dan. 9:25, dan kan ons presies bereken wanneer hierdie sewentig sewetalle ‘n aanvang geneem het. Daar vind ons dat dit saamval met die uitgang van die woord om Jerusalem te herstel en op te bou. Ons lees daarvan in die boek Nehemia. In hoofstuk 2:1 sien ons dat Nehemia in die maand Nisan (Maart of April volgens ons kalender) wyn geskink het vir koning Artasasta. Die koning het opgemerk dat Nehemia bedroef is en nadat hy navraag gedoen het, het die kwessie van die vervalle Jerusalem na vore gekom. In vers 6 het die koning hom toestemming gegee om na Jerusalem te gaan om met herbouwerk te begin. Hierdie was die begin van die sewentig sewetalle wat oor die volk Israel uitgeroep is. Die Encyclopedia Britannica gee hierdie datum amptelik aan as 14 Maart 445 v.C. Volgens Dan. 9:25,26 het die eerste sewe sewetalle op hierdie datum begin. Tydens hierdie tyd is die mure van Jerusalem letterlik herbou (Neh. 3). Daarna het die ander twee-en-sestig sewetalle ook in vervulling gegaan. Dit het geduur tot op ‘n Gesalfde wat uitgeroei sou word, maar sonder iets vir Hom. Hierdie eerste twee tydperke saam, m.a.w. nege-en-sestig sewetalle - dus 483 jaar, het uitgeloop op ‘n baie besondere gebeurtenis.

Voordat ons verder gaan, sou dit van pas wees om eers uit te vind presies hoe lank elkeen van hierdie jare is. Bybelse of profetiese jare is nie 365 en ‘n kwart dag soos wat ons dit huidiglik het nie. Dit kan ons ook uit die Skrif aflei. Die gebeure rondom Noag en die ark en spesifiek die tyd wat hy en sy gesin in die ark was, wys vir ons hoe lank ‘n maand vir God was. In Gen. 7:11 sien ons dat die fonteine van die aarde oopgebreek en die sluise van die hemel geopen is op die 17de dag van die 2de maand. In hoofstuk 8:3,4 sien ons dat presies "honderd-en-vyftig" dae later, op die 17de dag van die 7de maand - dus vyf maande later, het die ark op die berg Ararat gaan rus en die waters het begin afneem. Ons kan dus sien dat 5 maande gelyk is aan 150 dae. Daarom is ‘n maand gelyk aan 30 dae. ‘n Profetiese of Bybelse jaar is dus 12 maal 30 dae = 360 dae. Dit is natuurlik ook so a.g.v. die maankalender wat destyds gebruik is. Vandag gebruik ons die sonkalender wat effens langer is.

 

 

‘N VERSTOMMENDE BEREKENING

 

Die briljante Britse kriminoloog en Bybel student, Sir Robert Anderson, het die eerste twee tydperke, nl. die nege-en-sestig sewetalle geneem en hulle presiese aantal dae bereken. Die 483 jaar werk dan uit op presies 173 880 dae. Hy het toe gegaan en hierdie dae vanaf 14 Maart 445 v.C. die toekoms ingetel. Sy resultaat was absoluut verstommend en byna ongelooflik. Die datum waarop hy uitgekom het was 6 April 32 n.C. Wat is so spesiaal aan hierdie dag sou jy miskien vra. Dit was die dag waarop Jesus Christus, op die rug van ‘n donkie, die stad Jerusalem binnegery het. Dit is vandag duidelik bepaalbaar. Ons lees daarvan in Luk. 19:29-38. Net op hierdie dag is Jesus Christus as Koning (of dan Gesalfde soos Hy in Daniël genoem word) erken en geag.

Dit was die enigste keer tydens sy hele aardse bediening dat Hy so vereer is. In vers 38 van die genoemde gedeelte lees ons die volgende woorde van die skare: "Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here," Dit was die dag toe die Jode gedink het dat Hy hulle politieke verlosser sou word. Hulle het egter nie geweet en verstaan wat kort daarna sou gebeur nie. Ons lees in Luk. 19:41,42 die volgende diepgaande en betekenisvolle woorde van die Here Jesus self: "En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien ! Maar nou is dit vir jou oë bedek." Ons kan die Here dank dat dit nie meer vandag vir ons oë bedek is nie. Wat ‘n groot voorreg is dit nie. Die profetiese woord van God is tot op die dag 100 % akkuraat. Dit is absoluut uniek aan die Bybel. Geen ander ‘heilige’ boek van enige ander godsdiens het enige profesieë wat vooruit profeteer en sê wat in die toekoms gaan gebeur nie. Hulle sou dit nooit kon waag nie. Die eerste nege-en-sestig sewetalle van Daniël is dus op hierdie dag volbring. Die vraag kom nou, maar wanneer was die laaste sewetal. Het dit al plaasgevind of lê dit nog in die toekoms. In Dan. 9:26 lees ons dat die Gesalfde (Jesus Christus) uitgeroei sou word, maar sonder iets vir Hom (die kruisiging in 32 n.C.). Hy het daarna opgevaar na die hemel met die belofte dat Hy weer kom. Ons sien vervolgens dat die volk van ‘n vors wat sal kom die stad en die heiligdom sal verwoes. Hierdie deel van die profesie het ook reeds letterlik in vervulling gegaan, in die jaar 70 n.C. Die Romeinse leer onder aanvoering van Generaal Titus, het die stad Jerusalem en die tempel in hierdie jaar totaal woes gelaat. Die volk Israel is daarna oor die hele wêreld verstrooi en die sewentigste week van Daniël kon nie vervul word nie. In 1948 het die volk Israel egter hulle land teruggekry. As die laaste jaarweek in daardie jaar ‘n aanvang geneem het, dan sou die einde al in 1955 gewees het. Ons weet egter dat dit nie die geval was nie. Daar is nog ‘n hele aantal ander profesieë wat ook in vervulling moet gaan voordat die einde sal aanbreek. Die vors wat sal kom, dui op die Antichris wat uit die herleefde Romeinse Ryk sal opstaan. Hy gaan ‘n wêreldheerser wees wat die ganse aarde onder sy diktatorskap sal verenig. Die gedeelte in Daniël gaan verder en profeteer dat die vors se einde met ‘n oorstroming sal wees. Dit het nog nooit gebeur nie en dui op Op. 14:20 - die slag van Armageddon. Verder sien ons dat daar oorloë sal wees tot die einde toe. Ons weet vandag verseker dat die einde nog nie gekom het nie, daarom moet dit nog in die toekoms lê - ons glo in die nabye toekoms. Die sewentigste week van Daniël oftewel die laaste sewe jaar wat deur hom geprofeteer is, lê dus nog in die toekoms en het nie in vervulling gegaan direk na die vorige nege-en-sestig sewetalle nie. In Dan. 9:27 lees ons van die Antichris wat vir daardie laaste jaarweek met baie ‘n sterk verbond gaan sluit en dat sy regering uiteindelik sal uitloop op die einde van die huidige bedeling.

Hierdie laaste sewe jaar is die Bybels geprofeteerde tyd van groot verdrukking waarvan ons in Matt. 24 lees. Daar kan dus duidelik gesien word dat daar ‘n gaping van byna 2000 jaar is tussen die 69ste en 70ste jaarweke. Hierdie waarheid is ook nie vreemd aan die res van die Skrif nie. Ons moet altyd onthou dat hierdie geprofeteerde tydperke spesifiek op die volk Israel van toepassing is. In Hosea 3:4,5 lees ons nog ‘n merkwaardige profesie oor Israel, wat vir ons hierdie gaping tussen die 69ste en 70ste jaarweke duidelik na vore bring. Ons lees daar: "Want die kinders van Israel sal ‘n lang tyd bly sit sonder koning en sonder vors en sonder slagoffer en sonder klippilare en sonder efod en huisgode. Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae." Hierdie het niks te doen met die Babiloniese ballingskap nie. Dit was nie in die laaste van die dae nie. Israel het letterlik vir omtrent 1900 jaar nie ‘n koning gehad nie. Hulle het ook nie meer hulle tempel (huisgode) gehad waar hulle hulle offers kon bring nie. Om die waarheid te sê hulle het vandag nog steeds nie ‘n tempel nie. Daar word egter tans koorsagtig in Israel gewerk om die derde tempel gebou te kry. Daar is reeds ‘n paar skole in Israel waar Levitiese priesters opgelei word vir tempeldiens en verskeie ander projekte is in volle swang om die tempel nog in ons leeftyd te herbou. Dit is een van die groot tekens dat die groot verdrukking voor die deur is. Die tempel moet herbou wees, want Daniël 9:27 wys daarop dat die Antichris in die middel van die jaarweek slagoffer en spysoffer sal laat ophou. Dit is ‘n duidelike verwysing na die tempel in Jerusalem (vergelyk 2 Thess. 2:4; Matt. 24:15 en Op. 11:1,2). Die gedeelte in Hosea 3:5 wat verwys na Israel se bekering, dui op die derde deel van die Joodse volk wat aan die einde van die groot verdrukking hulle in ‘n massabekering tot Jesus Christus sal wend met die verskyning van sy wederkoms (Sag. 12:10 en 13:1,8,9). Die verwysing na Dawid hulle koning, dui op Jesus Christus self wat sy Messiasryk op aarde sal kom vestig nadat Hy met sy wederkoms tot op die Olyfberg gekom het (Luk. 1:32,33; Sag. 14:4 en Hand. 15:16,17).

Noudat ons vasgestel het dat die verdukkingstyd die laaste sewe jaar van menslike regering op hierdie aarde sal inlui, kan ons na ander Skrifgedeeltes gaan kyk wat ook spesifiek oor die lengte van hierdie tyd praat. Dit kom duidelik na vore dat die sewejaar typerk in twee gelyke dele van drie en ‘n halwe jaar elk opgedeel kan word. Die eerste helfte sal veral ‘n tyd van valse vrede inlui, terwyl die tweede gedeelte die geprofeteerde tyd van groot verdrukking sal wees. In Op. 11:2 lees ons dat die heidene die heilige stad (Jerusalem) vir 42 maande sal vertrap. Dit is presies drie en ‘n half jaar. In vers 3 sien ons dat God twee getuies (moontlik Henog en Elia of Moses en Elia) sal stuur om vir 1260 dae (weer drie en ‘n halwe jaar) te profeteer. In vers 7 sien ons dat hierdie twee getuies deur die dier uit die afgrond oorwin en gedood sal word. Hierdie tydperke dui dus die eerste drie en ‘n half jaar aan. As ons nou na Op. 13:5 beweeg, sal ons vind dat aan die dier uit die see (die Antichris) die mag gegee word vir 42 maande. Saam met hom sal die dier uit die afgrond (die valse profeet - Op. 13:11) optree. Hulle sal dus tydens die tweede drie en ‘n half jaar (die ware tyd van groot verdrukking) ‘n baie prominente rol op aarde speel, m.a.w. nadat die twee getuies opgevaar het na die hemel (Op. 11:12). In Op. 12:6 lees ons van die vrou (Israel), wat na ‘n plek in die woestyn sal vlug wat deur God vir haar gereed gemaak is. Daar sal Israel vir 1260 dae deur God onderhou word. Dit lyk of dit die stad Petra in Jordanië kan wees. Die stad wat uit pienk rots gekap is, kan ‘n paar miljoen mense huisves. (Ek is vas oortuig dat dit wel die geval sal wees. Petra beteken rots en die letterlike volk Israel sal tydelik in ‘n letterlike rots verberg word voordat die oorblyfsel hulle tot die ware geestelike Rots, Jesus Christus sal bekeer - 1 Kor. 10:4). (Ons lees ook in Matt. 24:15,16 van Israel se vlug na die berge). In vers 14 van Op. 12 lees ons weer van dieselfde gebeurtenis, maar hierdie keer word die tydperk genoem "‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd". Dit is ‘n Joodse wyse van tydsaanduiding en weereens dui dit op drie en ‘n half jaar. Dit wil voorkom asof God ons hier net wou verseker dat 1260 dae presies gelyk is aan bg. tydsaanwysing. As ons nou met hierdie sleutel na die boek Daniël gaan, kom dit baie handig te pas. Daar lees ons op twee plekke van ‘n tyd, tye en die helfte van ‘n tyd (Dan. 7:25; Dan. 12:7).

Eersgenoemde Skrifgedeelte (Dan. 7:25) stem ook presies ooreen met Op. 13:5-7. Hierdeur kan ons duidelik sien dat die sewentigste sewetal wat oor Israel uitgeroep is, beslis sewe letterlike jare sal beslaan. Al hierdie inligting mag baie tegnies klink, maar dit wys net weer vir ons dat niks aan die toeval oorgelaat word nie. Alles is baie spesifiek vir ons opgeteken en niemand sal ‘n verskoning hê dat hy of sy nie geweet het nie. God het sy Woord vir ons gegee en wat ‘n voorreg is dit nie om dit met die hulp en leiding van die Heilige Gees te bestudeer nie. Daar is die siening dat dit ons nie beskore is om alles te weet nie. Geen mens sal in hierdie lewe alles omtrent God kan weet nie, maar dit wat Hy wou gehad het ons moet weet , het Hy vir ons in sy Woord laat opteken. Dit wat nie in sy Woord staan nie, dit is die dinge wat ons nie in hierdie bedeling moet weet nie.

 

 

OU TESTAMENTIESE BESKRYWINGS VAN HIERDIE TYD

 

In Dan. 12:1 lees ons die volgende beskrywing van hoe dit tydens hierdie tyd op aarde sal wees: "En in dié tyd sal Migael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op die tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan." Hier kan weer gesien word dat die volk Israel op die voorgrond sal wees gedurende hierdie tyd. Ons lees ook in Jer. 30:7 die volgende beskrywing van hierdie tydperk: "Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob [Israel]; maar hy sal daaruit verlos word." ‘n Tyd sonder weerga sal dit inderdaad wees. Die bekendste en mees algemene naam waarmee hierdie tyd in die Ou Testament aangedui word, is die term ‘Die dag van die Here’. Dit kom op talle plekke voor en sluit die wederkoms ook in. Dit dui egter veral op die oordele van God wat tydens die groot verdrukking op aarde uitgestort sal word. In Joël 1:15 lees ons die volgende in die verband: "Ag, die dag! Want naby is die dag van die HERE, en hy kom soos ‘n verwoesting van die Almagtige." Vandag kan ons hierdie woorde maar oor en oor herhaal. Hierdie dag is baie naby. In Sef. 1:14-18 vind ons ‘n skrikwekkende en seker ook die duidelikste beskrywing van hierdie dag van die Here: "Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Hoor ! Die dag van die HERE ! Bitterlik skreeu die held daar. Die dag is ‘n dag van grimmigheid, ‘n dag van benoudheid en angs, ‘n dag van woestheid en verwoesting, ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag, ‘n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings. En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek. Hulle silwer en goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, ‘n verskriklike, oor die inwoners van die aarde."

Al klink hierdie woorde hoe hard en hoe verskriklik, ons kan maar weet dat dit so gaan gebeur - presies net so. Die lewende God sê nooit iets wat Hy nie volbring nie. Hierdie God doen altyd wat Hy sê, tot in die fynste besonderhede. Ons moet onthou dat God hierdie dinge reeds vooruit sien gebeur het, daarom is dit so goed asof dit alreeds gebeur het.

 

 

WAT BEHELS HIERDIE TYDPERK

 

Die Woord is baie spesifiek oor wat die mensdom te wagte kan wees in hierdie tyd van groot verdrukking. Hierdie tyd word veral in detail uiteengesit in die boek Openbaring. Vanaf Op. 6-19 kan ons lees oor hoe dit op aarde sal wees tydens hierdie tydperk. In Op. 6:2 lees ons van ‘n man op ‘n wit perd wat sy verskyning maak. In Op. 19:11 lees ons weer van ‘n Man op ‘n wit perd wat op die voorgrond verskyn. Tussen hierdie twee gebeure vind die hele verdrukkingstydperk plaas. Behalwe vir die oënskynbare ooreenkomste tussen hierdie twee persone, is daar in werklikheid hemelsbreë verkille tussen hulle:

 

- Die eerste kom om oorlog te maak, die tweede om ‘n oorlog te beëindig.

- Die eerste bring ‘n valse vrede, die tweede bring ware vrede.

- Die eerste kom uit die onderwêreld, die tweede kom uit die hemel.

- Die eerste kom in sy eie naam, die tweede kom in die Naam van sy Vader.

- Die een word bekragtig deur die god van hierdie wêreld, die tweede word bekragtig deur die God van hemel en aarde.

- Die eerste sal hom as God voordoen, die tweede is self God.

- Die eerste persoon is die Antichris, die tweede persoon is die ware Christus.

Die Antichris sal die verskriklike tyd op aarde kom inlui. Jesus Christus sal die verskriklike tyd kom beëindig.

In hierdie tyd sal die wêreld gekenmerk word deur geweldige oorloë (Op. 6:4; Op. 9:15-19; Op. 16:14,16; Op. 19:11-21).

Daar sal ook hongersnood wees (Op. 6:5,6,8) en pessiektes (Op.6:8; Op. 16:2).

Verder sal dit ‘n tyd van ontsaglike aardbewings wees (Op. 6:12; Op. 8:5; Op. 11:19; Op. 16:18) en van ander verskriklike natuurrampe (Op. 8:7-12; Op. 11:6; Op. 16:4-10,21). In Op. 16:21 lees ons van ‘n geweldige haelplaag (dit herinner aan een van die Egiptiese plae), waar hael van ‘n talent swaar (omtrent 60 kg) die onbekeerde aardbewoners sal tref. Baie reken dit is net nie moontlik nie. Onlangs egter het ysblokke van tot 10 kg swaar in Spanje uit die lug geval en een van 1,4 kg het ‘n vrou getref (Die Volksblad, 22 Januarie 2000).

Hierdie gedeeltes stem grootliks ooreen met die profetiese rede van Jesus Christus in Matt. 24; Mark. 13 en Luk. 21. Dit wys net weer dat God dubbel en dwars seker maak dat ons hierdie dele in die Skrif nie moet miskyk of dit moet gering ag nie. Die bogenoemde dinge is egter nie al wat die mensdom te wagte kan wees gedurende hierdie tyd nie. Daar sal ook in hierdie tyd van elke mens op aarde verwag word om die merk van die dier te neem (Op. 13:16-18). Die ergste van alles sal egter seker die demoniese aktiwiteite op aarde wees (Op. 9:2-11; Op. 12:9) en die openlike duiwelaanbidding en towery (Op. 9:20; Op. 13:4).

Diegene wat in hierdie tyd op aarde sal leef en wat dink dat hulle hierdie verskriklike dinge sal kan systap of dat hulle behoue deur dit alles sal kan kom, moet miskien aan die volgende dink. Vroeg in die verdrukkingstydperk sal ‘n vierde deel van die mense al gedood word (Op. 6:8). Dit sal verder opgevolg word deur oorloë waarin nog ‘n derde van die mense op aarde hulle lewens sal verloor (Op. 9:15,18). Eers ‘n kwart en dan nog ‘n verdere derde - dus die helfte van die mensdom sal uitgewis word deur die dinge wat oor die aarde gaan kom tydens hierdie geweldige tyd. Dit is alles verskriklik en baie ontstellend, maar ons kan verseker weet dat dit die stand van sake sal wees tydens die groot verdrukking. Daar is ook ‘n baie spesifieke rede hoekom God al hierdie dinge gaan toelaat. Die groot vraag wat baie altyd vra is of ons regtig al hierdie dinge net so moet neem soos wat dit in die Skrif opgeteken staan. Moet ons die Bybel letterlik opneem of kan ons dit maar vergeestelik. Sal ‘n God van liefde regtig al hierdie verskriklike oordele oor die aarde laat kom? Aan die wat twyfel aan God se Woord, net die volgende:

 

Het hierdie God van liefde letterlike plae oor Egipte laat kom of was dit geestelike plae?

Is die mense in Noag se tyd deur ‘n letterlike vloed verdelg of was dit ‘n geestelike vloed?

Is Sodom en Gomorra met letterlike vuur uit die hemel verteer of was dit dalk ‘n geestelike vuur?

Het hierdie God van liefde nie sy eie Seun deur sy eie skepsele aan ‘n letterlike kruis laat vasspyker nie en het Hy nie sy letterlike bloed vir ons sondes gestort nie of was dit alles bloot ‘n geestelike gebeurtenis?

Aan die konsekwensies van lg. wil ‘n mens nie eers dink nie. Sou dit dan onregverdig of kortsigtig van hierdie God wees om die mens vir sy goddelose dade te laat betaal? Eintlik is dit genade, want elkeen wat Jesus Christus tot op hierdie stadium nog nie ontmoet het nie, kan dalk nog ‘n laaste kans kry om Hom as Verlosser aan te neem. Daar moet egter groot klem gelê word op die woord ‘dalk’. Volgens die Woord sal daar egter wel ‘n groot menigte in die groot verdrukking gered word (Op. 7:9,14), maar om daarop te reken sou uiters dwaas wees. Die omstandighede van hierdie tyd sal wel van so ‘n aard wees dat die meeste seker na een of ander opperwese sal roep. Mag dit na die lewende God wees.

Diegene wat egter voor hierdie tyd die versoeningsaanbod deur Jesus Christus verwerp het, sal nie daarop kan staat maak dat hulle Hom gedurende hierdie tyd sal soek nie. Ons lees in 2 Thess. 2:10-11 die volgende duidelike uitspraak in hierdie verband: "omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie ... daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo," Dit is by verre die beste om jou vandag gereed te maak om jou God te ontmoet.

DIE DOEL VAN HIERDIE TYD

 

Dit is reeds baie duidelik dat die groot verdrukking ‘n tyd van geweldige oordeel gaan wees. Dit sal die regverdige oordele van ‘n liefdevolle God oor ‘n sondebelaaide wêreld wees. Die sondes van die huidige geslag, skrei al geruime tyd ten hemele en roep om ‘n regverdige oordeel. God kan en mag nooit die sonde ongestraf laat bly nie en daarom sal daar so ‘n tyd op aarde wees. In Op. 19:2 sien ons dat hierdie oordele letterlik en nodig sal wees as ons lees: "Want sy oordele is waaragtig en regverdig," Ons lees verder in Jer. 30:14 die volgende woorde aan Israel, wat ook vir elke ander nasie op aarde geld: "Want Ek het jou geslaan soos ‘n vyand slaan, met ‘n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes." Hierdie gedeelte gaan spesifiek oor die geprofeteerde tyd van die groot verdrukking. In Jes. 13:11 en 13 lees ons ook van hierdie tyd en hoekom God die aarde en sy bewoners gaan straf: "En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder. Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die HERE van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed."

Die Here is baie duidelik oor waarom daar so ‘n tyd sal wees en niemand sal God ooit kan beskuldig dat Hy onregverdig opgetree het nie. Die feit dat al hierdie profesieë in die Bybel opgeteken is, is net weer ‘n bewys van sy liefde en sy barmhartigheid. Die vraag is net of daar gehoor gegee gaan word op hierdie voortydige waarskuwings. Ons lees ook in Psalm 96:13 die volgende oor hierdie tyd: "want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtiheid en die volke in sy trou." ‘n Verdere bewys dat die oordele regverdig sal wees. In die boek Openbaring sien ons ook dat diegene wat gedood is omdat hulle die merk nie geneem het nie, in die hemel liedere sal sing met o.a. die volgende woorde: "Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige, regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!" (Op. 15:3).

Net in die volgende hoofstuk lees ons die volgende woorde van ‘n engel, nadat ‘n verdere plaag die aarde getref het: "Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het." (Op. 16:5). Ons kan maar weet dat elke oordeel en plaag wat hierdie aarde sal tref, absoluut nodig en volmaak regverdig sal wees.

 

 

WANNEER SAL DIT WEES?

 

"Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie." (1 Thess. 5:3).

 

Is dit nie juis in ons dag die krete van die wêreld nie? Oral word hierdie woorde gehoor, maar daar is geen vrede nie. Die ‘hulle’ waarvan hier gepraat word is die wêreldinge - die onweergeborenes. Vrede en veiligheid is tog waarna almal smag, maar wanneer ‘hulle’ dit skree, kan ons maar weet dat dit nooit sal realiseer nie. Sonder God en sy Christus sal hierdie wêreld nooit ware vrede ken nie. Die ander aspek van die groot verdrukking is dat dit skielik sal kom. Ons lees in Luk. 21:35 die volgende daaroor: "Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon." Alhoewel ons die tekens van die tyd het waarop ons behoort ag te gee, sal hierdie tyd nog steeds vir by verre die meeste totaal onverhoeds betrap. Dit is omdat die Skrif eenvoudig geïgnoreer word en omdat daar feitlik nooit oor hierdie onderwerp in kerke gepreek word nie. Hierdie dele van die Skrif word nie letterlik opgeneem nie en daarom gaan bg. profesie oor die skielike aanvang van hierdie tyd ook letterlik vervul word. Die meeste sal egter hoegenaamd nie besef wat hulle getref het nie. Die feit van die saak is dat die groot verdrukking vandag op hande is. Al die Bybelse profesieë wat hierdie tydperk voorafgaan, behalwe een, is reeds letterlik vervul. Ten spyte daarvan gaan mense maar rustig aan met hulle dag tot dag bestaan, sonder om ooit te wonder oor God en oor die komende oordele wat hierdie wêreld binnekort gaan tref. Dit opsigself is egter ook, soos reeds genoem is, ‘n vervulling van ‘n Bybelse profesie. Geen mens kan hom op enige manier losmaak van die Woord van God nie. Op een of ander manier is my en jou doen en late ‘n deel van die Skrif wat vervul word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

11

 

 

 

 

 

DIE ANTICHRIS

 

 

 

 

"KINDERS, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het ... die Antichris kom, ... " (1 Joh. 2:18).

 

 

"Send us a man who can hold the allegiance of all the people, and whether he be God or devil we will receive him."

- Paul Henri Spaak, eerste president van die ‘Council of Europe’, voormalige president van die VN se Algemene Vergadering asook ‘n vorige Sekretaris-Generaal van NAVO.

 

"I believe that they are going to nominate the anti-christ."

- Billy Graham in 1948, in antwoord op ‘n vraag oor wat die Wêreldraad van Kerke daardie Augustus sou doen.

 

"We need, all of us internationally, to identify someone capable of reforming the UN bureaucracy, ... We think the time has come for a new leader." - Nicholas Burns van die Clinton-administrasie, Junie 1996.

 

 

Deur die eeue heen is daar baie gepraat, geskryf en gespekuleer oor wie en wat die Antichris dan nou eintlik is. Een feit is ooglopend seker en dit is dat die Bybel ons dringend waarsku teen die Antichris. Die apostel Johannes het die Kerk - die ware kinders van God - ingelig hieroor en ons terselfdertyd daarop atent gemaak dat dit gepaard gaan met die ‘laaste uur’ voor die wederkoms van Christus (bostaande vers is in verband met 1 Joh. 2:28 en 3:2). Later meer oor die ‘laaste uur.’

Sommige Bybelverklaarders, tot vandag toe nog, glo vas dat die Antichris bloot ‘n bose sisteem is wat die wêreld en veral die Kerk bedreig. Ander glo weer dat die Antichris verseker ‘n spesifieke persoon is. I.v.m. laasgenoemde siening is daar ook verskeie interpretasies wat aangehang word. Sekeres glo dat die Antichris al geleef het en dat hy ‘n bekende persoon uit die verlede was (soos bv. Nero of Hitler). Ander glo weer dat hy iemand is wat nog sy verskyning in die toekoms sal maak.

 

 

 

 

DIE ANTICHRIS IN DIE OU TESTAMENT

 

 

In Gen. 3:15 lees ons die moederbelofte: "En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die haksteen byt." Dit was God se woorde aan die slang - die Satan - nadat hy Eva verlei het. Die saad van die vrou is natuurlik Jesus Christus self wat duisende jare later in Betlehem gebore sou word. Die dag toe Hy uit die dood uit opgestaan het, het hy reeds die Satan se kop vermorsel. Dit realiseer natuurlik net in die lewe van diegene wat hulleself in Christus bevind na die wedergeboorte. Jesus het daardie dag aan die kruis liggaamlik gesterf - sodat die Skrifte vervul moes word, maar Hy het ook weer opgestaan en lewe tot in alle ewigheid. Die saad van die slang dui natuurlik op die gevalle mensdom wat Christus gekruisig het, alhoewel Hy totaal onskuldig was. Daar is egter ‘n baie spesifieke vervulling van hierdie profesie wat nog in die toekoms lê. Net die Antichris kan dit uiteindelik ten volle vervul. Hy is die spesifieke saad van die slang - ja, die saad van die Satan self.

Hy is die persoon wat eintlik ‘n inkarnasie van die duiwel self sal wees.

Ons moet ook onthou dat sedert die sondeval: "die hele wêreld in die mag van die Bose lê." (1 Joh. 5:19). Satan is verder "die god van hierdie wêreld" (2 Kor. 4:4). Daarom is dit nie vreemd dat hy baie planne het om die mens van hulle God te vervreem nie. Hy bewoon die lug (Efes. 2:2) en ons kan hom nie sien nie - Goddank daarvoor. God wil juis nie hê dat ons sal indring in dit wat ons nie gesien het nie (Kol. 2:18). Die Satan gaan homself egter deur ‘n man aan die ganse wêreld openbaar. Dit is die enigste manier hoe hy vir ‘n kort rukkie almal op aarde se aandag op homself gevestig sal kan kry. Hy sal homself natuurlik voordoen as god en aanbidding van almal eis. In Jes. 14:14 lees ons dat dit juis sy hoogmoed was wat hom sy plek in die hemel gekos het. Daar lees ons dat hy hom-self wou verhef en gelykstel met die Allerhoogste God. Die lewende God duld hierdie tipe gedrag egter nie en daarom sal die Antichris na ‘n kort regeringstyd op aarde tragies aan sy einde kom.

Die woord Antichris kom wel net in die Nuwe Testament voor, maar daar is verskeie duidelike leidrade in die Ou Testament wat ons kan volg om op die spoor van hierdie persoon te kom. In Gen. 49:1 het Jakob terwyl hy op sy sterfbed was, sy seuns geroep en gesê: "Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar." Dit is tog ooglopend dat sy seuns nie regtig tot aan die einde van die dae sou lewe nie, maar daar is ‘n duidelike boodskap hierin opgesluit vir sy nageslag, die volk Israel. Onthou sy naam is juis verander na Israel.

Hy het elke seun by sy naam geroep en uiteindelik ook by sy seun Dan gekom. In Gen. 49:16 lees ons: "Dan sal aan sy volk reg verskaf net soos enigeen van die stamme van Israel." Ons moet onthou dat hierdie profesieë dui op die laaste dae. Die nageslag van Dan sou ‘n rol speel in die groot verdrukking, wanneer God Israel gaan louter en straf omdat die oorgrote meerderheid van hulle Hom tot op daardie stadium nog nie as Messias sal wil aanvaar nie. Dit kom voor asof die stam van Dan ‘n besondere rol gaan speel in die toekoms van die volk Israel. Die volgende vers (17) sê nog veel meer vir ons. Jakob het voortgegaan en die volgende oor Dan gesê: "Laat Dan ‘n slang wees op die weg, ‘n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval." Dit laat ‘n mens nogal dink aan die moederbelofte in Gen. 3:15. Hoe is dit dan moontlik dat Jakob hierdie dinge toewens vir sy seun Dan. ‘n Mens moet besef dat hy deur God geïnspireer is om hierdie woorde te sê. Dan was die stam wat hulleself heel eerste skuldig gemaak het aan afgodediens (Rig. 18:30,31 en 1 Kon. 12:28,29). God het voor die tyd geweet dat Dan die mees afvallige stam van almal sou wees en daarom kon Hy hierdie woorde deur Jakob spreek. God moes hulle daarom straf. Hierdie stam het uiteindelik ook weggetrek na die noorde van Israel - waar Sirië vandag is. Op kaarte van Israel word die dorp Dan ook altyd in die noorde aangetref. Interessant is verder die feit dat die stam van Dan uitgelaat word in Op. 7 waar die 144 000 Jode uit die twaalf stamme van Israel genoem word. Hierdie groep Christenjode sal in die groot verdrukking evangelisasiewerk doen en baie sal dan nog tot bekering kom (Op. 7:4-9). God het die stam van Dan nie waardig geag om verteenwoordigers in hierdie uitgesoekte groep te hê nie. Kan dit wees dat die Antichris dalk uit hierdie stam sal kom? Soos ons vorder sal alles duideliker begin word.

In die boek Jeremia lees ons weer van die landstreek waar die Daniete hulleself gaan vestig het. Hier is dit weer in verband met God se oordele oor Israel omdat hulle afvallig geword het. Dit is oorlogstaal en daarmee saam weer die verstommende verwysing na die slang. Ons vind dit in Jer. 8:16,17 - "Van Dan af word die gesnuif van sy perde gehoor, vir die geluid van die gerunnik van sy perde bewe die hele land; ... Want kyk, Ek stuur slange, basiliske onder julle waarteen daar geen beswering is nie, en hulle sal julle byt, spreek die HERE."

Ons sal later sien hoedat die Antichris teen Israel sal opstaan, aanvanklik in ‘vrede’, maar om hulle uiteindelik te verwoes. Daar moet ook altyd onthou word dat die Satan Israel geweldig haat omdat Jesus uit hulle gebore is (Joh. 4:22). Juis hieroor het hy deur die eeue nog altyd gepoog om deur persone of konings Israel se ondergang te bewerk. In die Ou Testamentiese tyd het hy probeer verhoed dat hulle as volk voortbestaan, omdat hy die Skrif geken het wat die geboorte van die Messias voorspel het. Die ware Antichris sal uiteindelik die verpersoonliking van sy eie haat teen die Joodse volk tot ‘n hoogtepunt voer. Is dit dan moontlik dat die Antichris self ook ‘n Jood gaan wees? Onthou vandag se Jode verwag nou nog die koms van hulle Messias - sy eerste koms!

In Eseg. 21:25 lees ons die volgende woorde: "En jy, onheilige, goddelose, vors van Israel, wie se dag gekom het in die tyd van die uiteindelike afrekening - " Die Antichris gaan verseker ‘onheilig’ wees in die skerpste sin van die woord. Goddeloos verseker - sonder die God van Israel. Hy gaan egter die vors van Israel wees, maar hy is beslis nie Jesus Christus nie. Wie is hierdie man dan? Die duidelikste leidraad in hierdie vers is die feit dat sy dag sal kom "in die tyd van die uiteindelike afrekening." Dit kon dus nog nie in die verlede plaasgevind het nie. Dit dui sekerlik op God se finale afrekening met die Antichris. Hierdie man, die Antichris, gaan dus ‘n Jood wees. Hoe anders gaan die Jode hom dan aanvaar as hulle lank verwagte Messias. Net in die volgende vers (26) sê die Here: "Die tulband moet weg, en die kroon moet af !" Die Antichris gaan verseker ‘n koning wees wat op aarde gaan regeer, maar net vir ‘n kort tydjie. Dit word al hoe duideliker. Dui die laaste gedeelte van hierdie vers dalk op die tyd van die wederkoms? "Na bo met wat nederig is ! Na onder met wat hoog is !" Die trotse heerser sal verneder word en die kinders van God sal verhoog word. Vers 27 lyk soos volg: "Puinhoop, puinhoop,puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie - totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee." Dui dit dalk op die einde van die groot verdrukking - Armageddon en dan die vrederyk daarna met Jesus op die troon in Jerusalem? Net Hy alleen het uiteindelik die reg om die heerskappy op sy skouers te neem (Jes. 9:5).

As ons nou na die boek Daniël beweeg, sal ons veel meer van hierdie man te wete kom. Eintlik moet die boek Daniël saam met die boek Openbaring bestudeer word, omdat daar soveel ooreen-stemmende dele is wat alles baie duidelik in perspektief bring. Ons sal vir hierdie doeleindes egter later na Openbaring gaan kyk.

In Dan. 7:1-3 sien ons dat Daniël ‘n droomgesig gehad het. Ons sien dat hy vier groot diere gesien het wat uit die see opklim en elkeen was verskillend van die ander. Ek is vas oortuig dat hierdie vier diere nie noodwendig net dieselfde verklaring het as die vier koninkryke wat Daniël in hoofstuk 2 genoem het in die uitleg van koning Nebukadnesar se droom nie. Hierdie vier koninkryke van Dan. 2 is baie duidelik:

1. Die Babiloniese Ryk, 2. Die Medo-Persiese Ryk, 3. Die Griekse Ryk ("wat oor die hele aarde sal heers", volgens vers 39 - die ryk van Alexander die Grote) en 4. Die Romeinse Ryk (die voete en tone van die beeld - vers 41). Hierdie vers sê ook "dit sal ‘n verdeelde koninkryk wees" Ons weet dat die Romeinse Ryk van weleer lankal nie meer op aarde regeer nie. Dit moet egter ook die laaste koninkryk voor die wederkoms wees, want vers 44 dui aan dat God "in die dae van die konings ... ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak" Die eerste Romeinse Ryk was dus verseker nie die laaste menslike koninkryk op aarde nie - sedertdien was daar baie ander wat genoem sou kon word (alhoewel verdeelde ryke). Verder noem die vers dat die ewige koninkryk van God in die dae van die konings (van die Romeinse Ryk) daargestel gaan word. Ons weet dit moet nog gebeur. In ‘n geestelike sin is dit wel so dat elke weergeborene nou reeds in die koninkryk van God is, maar alle menslike koninkryke is nog nie verbrysel en beeïndig nie. Al wat kon oorbly is dat die Romeinse Ryk moes herleef. Ons sien dit vandag voor ons oë gebeur in die Europese Unie wat in 1993 tot stand gekom het. Verskeie groot Europese leiers het al self gesê dat Europa van vandag die herleefde Romeinse Ryk is. Terug na die vier diere van Dan. 7. Dit blyk dat hierdie vier diere ook verwys na lande en hulle heersers (vers 17 sê vier konings uit die aarde) wat prominent op die wêreldtoneel was in die 19de en 20ste eeue. Hulle sou dan aanleiding gee tot en selfs deel word van die herleefde Romeinse Ryk.

I.v.m. hierdie diere lees ons: "Die eerste was soos ‘n leeu" (vers 4) en dit kan wel na die Babiloniese ryk verwys, want hulle simbool was ‘n leeu. Ek glo egter dit dui ook op Brittanje - veral imperialistiese Engeland. In 1917 het Engeland selfs Jerusalem van die Turke bevry. Talle Bybelse profesieë het veelvuldige vervullings en dit maak dit soveel meer betekenisvol. Tot vandag toe nog is ‘n regopstaande leeu Engeland of die Britse ryk se embleem. Is dit dalk hoekom vers 4 die leeu beskryf as: "van die grond af opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit"? (Die Leeus, rugbyspan verteenwoordigend van al die Britse Eilande, is goed bekend by baie). In Op. 13:2 het die finale dier ‘n bek soos ‘n leeu - praat hy dalk Engels? Dit is vandag die internasionale taal !

Die gedeelte in Dan. 7:4 is ook in ‘n ander opsig baie insiggewend. Die leeu het vlerke gehad soos die van ‘n arend, maar dit is later uitgeruk. Amerika se simbool vandag is natuurlik die arend - ook op hulle doller note. Verder het Amerika juis ontstaan uit die Britse ryk !

Die tweede dier "het gelyk soos ‘n beer" (vers 5) en dui op Rusland. Hierdie land staan al vir baie lank as die groot rooi beer bekend. Kommunistiese Rusland het al baie lande ingepalm met hulle Marxistiese ideologie. Onder die wrede Stalin het hulle geweldig uitgebrei. In 1917 het die Bolsjevistiese rewolusie Rusland totaal verander.

Die derde dier wat "soos ‘n luiperd" (vers 6) gelyk het, dui op Duitsland. In WOII het Duitsland die ‘Panther’ tenk ontwerp en gebruik. Dit was 1939 - 1945 ! Sedert die 1960's maak ‘n Duitse maatskappy, Krauss-Maffei, die ‘Leopard I’ en ‘Leopard II’ tenks ! Verder kan ons vra: Wie sal vir Hitler vergeet? Onthou, hierdie luiperd het toevallig vier koppe. Hitler se Duitsland was mos die berugte ‘Third Reich’. Baie praat al van ‘n ‘Fourth Reich’. Op. 13:1,2 gaan verder met hierdie visioen.

Die vierde dier was "vreeslik en skrikwekkend en baie sterk ... en dit was verskillend van al die diere voor hom ... en dit het tien horings gehad." (vers 7). Ek glo dat dit ten minste gedeeltelik op die Verenigde Nasies kan dui wat in 1945 as ‘n ‘vredesorganisasie’ gestig is. Hierdie wêreldorganisasie het juis net na WOII ontstaan waarin die vorige (die derde) dier, Duitsland, instrumenteel was. In vers 23 sien ons dat die vierde dier "die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel." Die VN is huidiglik besig om ‘n wêreldpolisiemag op die been te bring wat almal sal vervolg wat nie wil meegaan met die Nuwe Wêreldorde nie. Die vierde dier is inderdaad anders as die vorige drie. Interessant is dat die vierde dier ook die vorige drie insluit. Engeland of dan die Verenigde Koninkryk, Rusland en Duitsland is deel van die VN. Duitsland is verder ook die voorbok in die Europese Unie (veral in die proses na ‘n volle Europese Monetêre Unie) en Rusland en die Verenigde Koninkryk (waaronder Engeland) is ook so te sê deel daarvan. Die VN, die EU en NAVO het baie te doen met die vierde dier.

Hierdie drie diere (koninkryke met hulle leiers) heers nie meer elkeen alleen nie, maar hierdie lande bestaan tog vandag nog voort. Dit is presies wat Dan. 7:12 vir ons sê: "die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur." Net God weet wanneer daardie uur sal aanbreek.

Die vierde dier het egter ook tien horings gehad(soos Daniël dit destyds gesien het - Dan. 7:7). Die ‘Club van Rome’ het reeds die wêreld soos ons dit vandag ken in 10 sones of streke ingedeel. So is Kanada, die VSA en Mexiko bv. Sone 1.

In Dan. 7:24 sien ons verder dat die tien horings op tien konings dui. Uit die vierde dier (wat in hierdie vers ‘n koninkryk genoem word - die Verenigde Nasies?) sal hierdie tien konings uiteindelik opstaan.

As ons nou terugkeer na Dan. 7:8 lees ons die volgende verstommende woorde: "Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was oë soos mens-oë, en ‘n mond wat groot dinge spreek." - Hier praat Daniël van die Antichris!

Drie van die ander konings sal hulle koningskap verloor in die Antichris se proses om na vore te kom. Heel moontlik sal dit die drie wees wat die sterkste gestaan het voordat die Antichris op die toneel gaan verskyn. Hulle gaan hom heel waarskynlik as ‘n baie groot begreiging ervaar en in die proses om hom teë te staan, gaan hulle dan ‘ontwortel’ word. ‘n Mens moet onthou dat hierdie mense se egos baie groot is en dat dit vir hulle ‘n verskriklike slag gaan wees. Drie van hulle gaan hulle egter te pletter loop teen iemand - ‘n mens - met ‘n ego soos niemand op hierdie aarde nog gehad het nie. Hierdie man sal niemand in sy pad duld nie. Of jy gaan met hom mee of jou tyd kom tot ‘n einde. Ek glo die ander sewe sal meer genoeë wees om met hom saam te werk, dalk met die hoop om later self by hom oor te neem. Almal wat die duiwel as vader het is vol van hulleself - soos hulle vader self ook is.

Hier gaan hy nou ‘n man beset deur wie hy kan doen net wat hy wil. Die ergste van alles is dat God dit gaan toelaat. Eerstens, omdat hy dit vooruit in sy Woord laat opteken het, maar spesifiek dan om die mensdom te straf vir hulle goddelooshede. Veral omdat ons geslag Hom nie erken vir wie Hy is nie, omdat Hy geterg word - juis ook deur sg. ‘Christene’ wat owerspel pleeg en ander afgode (wat dit ookal mag wees) in hulle lewens dien. God is regverdig - Hy doen niks sonder ‘n baie goeie rede nie. Die wonderlikste van dit alles is dat Hy bo en behalwe al die goddeloosheid nog steeds barmhartig bly. Die regering van die Antichris op aarde en alles wat daarmee gepaard sal gaan, sal egter die verdiende loon wees van die mensdom van die laat twintigste eeu.

Hierdie man kan heel moontlik ‘n nuwe Sekretaris-Generaal van die VN wees. Hy gaan immers indirek uit die vierde dier te voorskyn kom.

In vers 21 lees ons verder die volgende in verband met hierdie man: "Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin," Die Antichris gaan inderdaad elkeen op aarde wat Jesus Christus aanbid, vervolg. Hy sal ook verskeie metodes hê om dit te doen. Hierdie is egter nie ‘n verwysing na die Kerk van Christus nie. Die bruid van Christus sal dan reeds in die hemel wees. Die heiliges waarvan hier gepraat word, is hulle wat in die groot verdrukking tot bekering gekom het en dan juis hulle wat sal weier om die merk van die Antichris te neem.

In vers 25 van Dan. 7 lees ons meer van die karakter van hierdie man: "En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd." Hierdie gedeelte stem verstommend ooreen met ‘n soortgelyke gedeelte in die boek Openbaring waarby ons nog sal kom. Hierdie sal ‘n trotse man wees wat openlik teen die lewende God sal optree en lasterlike woorde teen Hom sal spreek. Die lot van die kinders van God in hierdie tyd lyk redelik bleek. Dit sal egter net tydelik wees en daarna sal hulle die ewige heerlikheid tegemoet gaan.

Die Antichris gaan tye en en wet probeer verander - ‘n totale diktatorskap. Hy sal die ‘President’ van ‘n ‘nuwe tyd’ wees, die ‘Nuwe Era.’ Dit sal egter maar ‘n kort en fatale era wees. In Op. 12:6 en 14 sien ons duidelik dat ‘n tyd, tye en ‘n halwe tyd gelyk is aan drie en ‘n halwe jaar oftewel 1 260 dae. Dit sal die laaste helfte van sy regering van sewe jaar behels (Dan. 9:27).

In Dan. 8 lees ons die profesie van die skaapram en die bokram. In vers 20 van hierdie hoofstuk word bekend gemaak dat hulle onder-skeidelik op die konings van die Meders en die Perse en op die koning van Griekeland dui. Ons sien dat die bok "uitermate magtig" geword het (vers 8), maar toe hy sterk was het sy horing afgebreek en in die plek daarvan het vier ander horings tevoorskyn gekom. Hierdie koning van Griekeland was niemand anders as die bekende Alexander die Grote nie. Sy ryk het skielik tot ‘n einde gekom en dit het in vier provinsies verdeel, elk met ‘n generaal aan die spits. Vers 9 verdien egter spesiale aandag: "En uit een van die het ‘n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe."

Volgens die eerste-eeuse Joodse geskiedskrywer, Flavius Josephus, dui hierdie horing op een van die vier generaals wat vroeër genoem is. Hy het regeer oor die provinsie van Sirië. Sy naam was Antiochus Epiphanes. Daar word gereken dat hy moontlik afkomstig was uit die ‘verlore’ Joodse stam van Dan. Hier begin sake werklik interessant raak. Hierdie man was ‘n baie vreemde karakter soos ons later meer in detail sal sien en verseker een van die duidelikste voorlopers en tipes van die finale Antichris wat ooit geleef het. Die verwysing na die "Pragtige Land" dui op daardie klein strokie land suid van Sirië, natuurlik Israel.

In verse 19-22 van hfst. 8 lees ons dat die engel Gabriël vir Daniël die gesig uiteensit wat hy gesien het. Dit is egter nie al wat ons daar lees nie. Vers 19 sê ook dat dit alles "sien op die bepaalde tyd van die einde." Die einde is dus op ‘n vasgestelde tyd en hierdie gesig het ook daarop gedui. Baie Bybelse profesieë het meer as een vervulling en hier is dit ook die geval. Dit is ‘n klimaktiese opbou na die uiteindelike einde. Vers 23 gaan voort en verduidelik: "Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal ‘n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan." Na die vorige heerskappye gaan hierdie koning opstaan. Daar het natuurlik baie ander konings geregeer na hierdie genoemdes wat uit die Griekse ryk voortgespruit het, maar daar is ‘n ander leidraad in hierdie vers. Die Woord sê dat hy eers sal kom "as die goddelose die maat volgemaak het" Dit dui duidelik op die einde en die tyd van groot verdrukking wat op aarde gaan kom as die sondemaat van die mensdom volgemaak is. Hierdie is nie net ‘n verwysing na Israel se straf en die verwoesting van Jerusalem in 70 n.C. nie. Hierdie dui op die ganse wêreld - nie net een land nie. Die ander leidraad is juis dat die regering van hierdie man (wat "hard van aangesig" is) in dieselfde asem genoem word met die Griekse Ryk. Die Griekse Ryk onder Alexander die Grote was ‘n wêreldryk. Dit het feitlik die ganse destydse wêreld beslaan. Ja, hierdie koning "wat listige streke verstaan" is niemand anders as die eindtydse Antichris nie. Ons lees verder: "En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges." Sy krag sal nie sy eie wees nie, maar hy sal ‘n demonies besete persoon wees, geïnspireer deur Satan self. Hy sal ook vir Israel - die volk van die heiliges (oorspronklik) - haat met die felste haat denkbaar. Die Christene sal ook swaar vervolg en gedood word in daardie tyd. God sê in sy Woord dat hy dit voorspoedig gaan uitvoer. Niemand gaan dit verhoed nie. Die magtiges wat hy gaan vernietig dui moontlik op die drie heersers wat hy gaan ‘ontwortel’ met sy opkoms (Dan. 7:8). In die volgende vers (25) van Dan. 8 vind ons meer uit omtrent hierdie man se karakter: "En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word."

Die feit dat sy regering ‘n skielike aanvang sal neem, stem ooreen met Luk. 21:35 en 1 Thess. 5:3. Hy gaan almal, behalwe die ware kinders van God, totaal onverwags betrap. Biljoene mense gaan in hierdie proses hulle lewe verloor (Op. 6:8 en 9:18). Hy gaan teen die lewende God - die Here van die here en die Koning van die konings optree (Op. 19:16). Dit sal egter sy laaste en mees fatale poging wees, want Jesus Christus self sal hom uiteindelik in die verderf laat stort - moontlik deur reuse engele (Op. 19:20). Geen koning wat ooit op aarde geleef het, se mag is ooit sonder die toedoen van mensehande verbreek nie.

Dit stem ooreen met die droom van Nebukadnesar. Die voete van die beeld is getref deur ‘n klip (of rots - Jesus Christus) wat sonder toedoen van mensehande losgeraak het en dit tot niet gemaak het (Dan. 2:34). Interessant is dat Daniël aan koning Nebukadnesar gesê het dat God deur die droom bekend gemaak het juis dit "wat aan die einde van die dae sal gebeur." (Dan. 2:28).

In Dan. 8:26, na die gedeelte oor die regering van die Antichris, sê die engel ook vir Daniël: "hou die gesig geheim, want dit sien op ‘n verre toekoms." In die laaste vers (27) van Dan. 8, sê Daniël dat hy "dae lank siek" was en verstom was oor die gesig wat hy gesien het. Daarom is dit so vreemd dat so baie mense (ook teoloë) vandag, hoegenaamd nie ag gee op hierdie profesieë in die Woord van God nie. Baie meen dat dit alles maar net geskiedenis is en dit terwyl die Skrif herhaaldelik sê dat dit dui op die tyd van die einde.

In Dan. 9:26 kry ons ‘n verdere leidraad oor hierdie man - die Antichris. Ons lees daar van "‘n Gesalfde" (Christus) wat na ‘n sekere tydperk uitgeroei is, "maar sonder iets vir Hom;" Dit dui natuurlik op die kruisdood en opstanding van die Here en op sy Koninkryk wat nog nie op aarde gevestig is nie. Dan lees ons: "en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings." ‘n Gedeelte van hierdie profesie is reeds vervul. Dit het in 70 n.C. gebeur toe die Romeinse leërs onder Titus, Jerusalem en die tempel verwoes het. Ons sien egter dat die vors van hierdie volk (Romeine) wat nog moes kom, se einde met groot oorloë gepaard sal gaan. Sommiges meen dat dit op een van die Romeinse keisers dui wat later sou kom. Hulle het egter almal gekom en gegaan en "die einde" het nog nie gekom nie. Hierdie is dus ‘n verdere verwysing na die Antichris en hy sal, soos duidelik uit die vers gesien kan word, ook van Romeinse afkoms wees. Interessant as ‘n mens met die lig van Dan. 2 verstaan dat dit juis die herleefde Romeinse Ryk sal wees wat die laaste menslike ryk op aarde sal wees.

Die Antichris kan dus ‘n Jood wees, moontlik uit die stam van Dan. Hy gaan terselfdertyd ook uit die Noorde kom. Interessant is dat die stam Dan, soos vroeër gesê, juis in die Noorde - die huidige Sirië, woonagtig was. In Jer. 4:6,7,15 lees ons: "Steek op die banier na Sion toe! Vlug, bly nie staan nie! Want Ek bring ‘n onheil uit die Noorde en ‘n groot verwoesting. ‘n Leeu het opgekom uit sy bos en ‘n verderwer van nasies het weggetrek, ... Want ‘n stem verkondig uit Dan en laat onheil hoor van die gebergte van Efraim af. Vermeld dit aan die nasies!... " Die Antichris gaan dus moontlik uit Sirië (die Noorde) tevoorskyn kom en dan met sy sewejarige regering in Jerusalem begin. Ons weet egter daar kom ook ‘n inval in Israel uit die agterhoeke van die Noorde, met Rusland aan die spits (Eseg. 38,39). Dit sal waarskynlik wees nadat die Antichris sy ‘vredesverbond’ met Israel gesluit het en hulle hom as die ‘Messias’ aanvaar het. Hy sal hulle sekerlik toelaat om die tempel te herbou en hulle so geweldig beïndruk en ook mislei. Die Woord leer ons dat daardie oorlog ‘n toestand van ‘vrede’ sal versteur. Dit sal egter die valsste vrede wees in die geskiedenis van die mensdom.

Die ooglopende probleem met die afkoms van die Antichris is nou net die volgende. Hoe kan hy tegelykertyd ‘n Jood uit die stam van Dan, vanuit Sirië en ook van Romeinse afkoms wees? Die volgende baie interessante feite oor Sirië kan in die geskiedenis nageslaan word. In 63 v.C. het Sirië amptelik ‘n Romeinse provinsie geword. Die Romeine het daardie hele area, natuurlik Israel ook, destyds onder hulle beheer gehad. Die Antichris gaan dus ‘n Romeinse Jood wees of dan in vandag se taal, ‘n Europese Jood. Hy sal uit die koninklike of adelike stand van die destydse Romeinse Ryk afstam. Ja, hy sal ‘n heerser en ‘n koning wees met adelike bloed in sy are. Hy sal verseker die regte afkoms moet hê om tegelykertyd vir die huidige koningshuise in Europa en ook vir die Jode aanvaarbaar te wees. Veel meer as dit, hy gaan vir die ganse mensdom aanvaarbaar moet wees - en hy gaan! Dit is nou behalwe vir die klein groepie wie se name geskryf is in die boek van die lewe.

Dit is ook interessant om daarop te let dat die Rothschild-familie van Europa, wat feitlik daardie kontinent finansieël beheer, ook van Joodse afkoms is. Om die waarheid te sê, baie van die wêreld se ‘supergroep’ (Illuminati) is juis Jode.

Die Antichris gaan ‘n Europese agtergrond hê en daarom sal hy ook die godsdiens van Europa aanhang. Hy sal dus verseker ‘n baie goeie verhouding met die Pous en die Roomse Kerk hê. Die kans dat die volgende Pous die valse profeet van Op. 13 sal wees, is seker baie groot. Hy sal volgens die Woord die noue medewerker van die Antichris wees. Die huidige Pous se tyd is vinnig besig om tot ‘n einde te snel. Op 80 jaar is sy gesondheid nie meer na wense nie, veral nie om vol te kan hou met so ‘n ‘geweldige groot taak’ hier op aarde nie. Hy is mos ‘God se verteenwoordiger’ op ons planeet - so word ons vertel.

As ons nou verder beweeg en gaan kyk wat in Dan. 9:27 i.v.m. die Antichris staan, sal alles nog duideliker word. Daar lees ons: "En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word." Die Antichris sal vir een jaarweek (7 jaar) ‘n ‘vredesverbond’ met Israel en baie ander lande sluit. Dit kan moontlik net na die verwoesting van die Siriese stad, Damaskus, wees (Jes. 17:1). Israel beskik tans oor die kernwapens om dit enige dag te doen. Nog nooit vroeër in die geskiedenis kon Israel dit doen nie. Dit sal ongekende chaos in die wêreld veroorsaak en iemand sal tot die redding van die mensdom tevoorskyn moet kom. Ek glo dat die mensdom geweldig sal vrees vir die moontlikheid van nog kernaanvalle wat die wêreld uiteindelik totaal woes kan laat. In hierdie toestand en klimaat kan ‘n wêreldleier opstaan soos wat hierdie wêreld nog nie geken het nie. Hy sal dan orde in die chaos probeer bring. Dit is ook die hoofleuse van die Illuminati en die top ordes van Vrymesselary, nl. ordo ab chao oftewel orde uit chaos. Hulle skep eers die chaos om dan hulle eie orde daar te stel - hierdie keer die Nuwe Wêreldorde. Dit sal natuurlik die Sataniese, dog kortstondige, Nuwe Era amptelik inlui (Op. 13:4). Dit is presies wat die Bybel voorspel vir die laaste dae, kort voor die sigbare verskyning van Jesus Christus met al sy heiliges.

Die Antichris sal die Jode toelaat om die derde tempel in Jerusalem te bou. Planne vir die tempel is ook reeds gereed, soos ek hier skryf. Die Jode gaan hierdie man as hulle politieke verlosser sien en sal daarom voortgaan om offers in hulle nuwe tempel te bring. Dit sal so tragies wees, want Jesus het al gekom en kort hierna sal Hy al vir die tweede keer kom. Hierdie vals ‘Messias’ sal egter in die middel van sy sewejarige heerskappy die offers in die tempel stop om alle aanbidding net vir homself te eis. Daarvan lees ons in 2 Thess. 2.

Hierdie gebeure sal die laaste drie en ‘n halwe jaar van sy ryk inlui. Die Woord sê uitdruklik dat dit sal duur "tot aan die einde" Hy sal ‘n absolute diktatorskap voer en "gruwels" sal aan die orde van die dag wees. Hy sal waarlik ‘n "verwoester" wees. Die skokkendste is dat Dan. 9:27 sê dat dit alles beslis sal gebeur, omdat dit "vas besluit" is. Niemand op aarde kan dit verhoed nie. Hierdie man se einde gaan fataal wees en so ook almal wat hom gedien het. As ons nou na Dan. 11 gaan, sal ons daar verdere inligting oor hierdie man vind. Weereens sien ons dat sy heerskappy aan die einde van die dae sal wees en wel tot op ‘n vasgestelde tyd: "En van die verstandiges sal sommige struikel, om onder hulle loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde - want dit sal nog duur tot op ‘n vasgestelde tyd. En die koning sal doen net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige god, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is; want wat vas besluit is sal uitgevoer word." (verse 35 en 36). Die hele rede hoekom God hierdie man gaan toelaat om vir ‘n kort tyd te regeer is juis om die sondes van die mensdom na behore te straf.

 

By verre die meeste mense verwerp Jesus Christus totaal en ander dien Hom weer net met hulle lippe. Daar is in wese geen verskil tussen hierdie twee groepe nie. Die Here gaan hierdie tyd gebruik om al die mense op aarde te louter en dan sal net die wat Hom waarlik dien (die heiliges in die groot verdrukking) soos goud tevoorskyn kom. Daar sal dus ‘n groot waterskeiding wees in hierdie dae - soos daar vandag ook reeds is. Die Kerk van Christus, soos reeds gesê is, is teen hierdie tyd reeds in die hemel. Die verstandiges (gereddes) van hierdie skrikwekkende tyd sal dan ook uiteindelik by die ander in die hemel gevoeg word.

Ons sien ook weer dat die koning (Antichris) die ware God gaan laster en dat hy bo dit alles voorspoedig gaan wees in sy optrede. Dit is bloot omdat God dit sal toelaat. Die lewende God is in hierdie tyd steeds ten volle in beheer van alles in die hemel en op aarde.

Dan. 11:37-39 lees soos volg: "En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou. Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer, ... So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van ‘n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel."

Die King James Version van die Bybel is nog duideliker in vers 37. Daarin lees ons: "Neither shall he regard the God of his fathers," Hier word dit nou baie duidelik dat hy ‘n Jood moet wees.

Ons sien ook dat hy nie op "die liefling van die vroue" ag sal slaan nie. Dit dui op Jesus Christus en is daarom heeltemal te verstane. Hyself (die Antichris) sal die grootste valse Christus van alle tye wees. Byna elke Joodse moeder deur die eeue het gehoop om eendag die komende Messias te baar - vandaar dat Hy "die liefling van die vroue is." Sommige Bybelstudente meen dat die Antichris dalk selfs homoseksueel sal wees. As ons die huidige tendense in die wêreld in ag neem, is dit glad nie vergesog nie. (Onthou Roomse priesters mag ook nie trou nie). Die hoogmoed van hierdie man sal duidelik geen perke ken nie. Dit is dan ook heeltemal in lyn met sy vader, Lucifer self, waarvan ons in Jes. 14:12-14 lees. Daar is lg. uit die hemel gewerp omdat hy hom met God wou gelykstel. In vers 38 sê die Engelse Bybel (KJV): "But in his estate shall he honour the God of forces: and a god whom his fathers knew not ... " In die okkultiese godsdienste staan hulle god baie keer as ‘the force’ bekend. Dit is niks anders as Satanisme nie.

Vers 40 praat van twee konings - een uit die Noorde en een uit die Suide - wat met hom in botsing sal kom. Sekere nasies sal sekerlik in die laaste drie en ‘n half jaar van sy regering - wanneer hy homself tot god sal verklaar - agter kom dat hierdie ‘n baie gevaarlike man is.

In vers 41 lees ons weer: "Hy sal ook kom in die Pragtige Land, en baie sal struikel;" Hy sal dus verseker in Israel wees. Ons sien verder dat vandag se Jordanië en moontlik ‘n deel van Saoedi-Arabie (Edom, Moab en Ammon) uit sy hand sal vryraak. Dit is interessant dat veral Jordanië vandag al reeds ‘n baie neutrale rol in die Midde-Ooste speel. Die stad Petra, waarheen die Jode baie moontlik sal vlug in die laaste helfte van die Antichris-regering (Op. 12:6,14; Matt. 24:16), is juis in Jordanië geleë. Vers 43 sê dat "die Libiërs en die Kusiete sy voetstappe volg." Kus is natuurlik vandag se Ethiopië (moontlik sal hy hulle van voedsel voorsien) en van Libië onder die leiding van Ghadaffi kan byna enigiets verwag word. In vers 44 sien ons dat gerugte uit die ooste en die noorde hom sal verskrik en "daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref." Dit is veral om hierdie rede dat die Satan homself in hierdie man sal laat geld. Terselfdertyd is dit ook God se regverdige oordele oor ‘n Godverwerpende mensdom.

Die laaste vers van Dan. 11 sê: "En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die Heilige Prag;" Dit dui moontlik op die Middelandse See in die Weste en die Olyfberg in die Ooste. Hy wil dus koning wees in Israel - die plek wat God vir Hom uitgekies het. Jesus Christus gaan daar vir ‘n duisend jaar regeer en hierdie sal ‘n kortstondige nabootsing daarvan wees. Die duiwel wil mos alles van God namaak om self die eer vir hom te verkry.

Hierdie vers en hoofstuk eindig egter met die volgende woorde oor die finale lot van die Antichris: "maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie."

Hierdie man gaan by verre die mees misleide man in die geskiedenis van die mensdom wees. Hy gaan vir ‘n kort tydjie ‘n god wees, maar dit is waar alles vir hom gaan eindig. Sy val gaan geweldig groot wees. Satan sal hom uiteindelik kry waar hy hom wou hê - vir ewig van God verlate. Die tragiese is dat hy so baie mense agter hom aan sal mislei en hulle sal hom noodgedwonge volg na die ewige verderf.

Al hierdie dinge beteken egter nie dat die lewende God wreed of genadeloos is nie. God is juis ‘n God van liefde, omdat Hy hierdie gebeure vir ons lank voor die tyd in sy kosbare Woord laat opteken het. Ons geslag moet ag gee op die profetiese woord, meer as al die geslagte voor ons. Hierdie dinge is besig om voor ons oë ‘n werklikheid te word. Wat kan ons daaromtrent doen? Bid dat mense Jesus Christus sal ontmoet, dat hulle siele gered sal word en dat hulle die Here sal dien met alles - in ‘n volle oorgawe! Christene in ons dag moet vervul word met die Heilige Gees - dan sal oë begin oopgaan vir die werklikhede van ons tyd. God vervul egter nooit bo-oor sonde nie en daarom moet daar eers verseker ‘n breek kom met die dinge wat God haat. Die vreugde wat daarop volg is ongekend aan hierdie wêreld. Dit kan nie nagemaak word nie, dit kos alles - maar dit wat ontvang word is meer werd as al die goud in die wêreld!

 

 

 

TIPES VAN DIE ANTICHRIS UIT DIE OU TESTAMENT

Daar was deur die eeue heen verskeie persone uit die Bybelse en ook uit die sekulêre geskiedenis wat duidelike kenmerke van die ware en finale Antichris geopenbaar het. Hierdie mense het almal op een of ander stadium in hulle lewens, hulle self verhef bo almal om hulle en het veral die volk Israel geweldig gehaat en swaar vervolg. Die Satan het telkens deur hierdie persone probeer om die Joodse volk totaal uit te wis, want hy het geweet dat die Messias uit hulle gebore sou word wat uiteindelik sy finale ondergang sou bewerk (Gen. 3:15).

Ons kyk na ‘n paar voorbeelde uit die Ou Testament en let op na hoe hierdie mense se optredes met die karaktertrekke van die uiteindelike Antichris ooreenstem. Onthou die Antichris gaan die Jode geweldig vervolg in die groot verdrukking. In Jer. 30:7 lees ons bv. van die tyd van Jakob se benoudheid. In Matt. 24:15-22 lees ons ook meer daaroor.

 

KAIN: Hy het sy broer Abel vermoor. Sy offer was nie aanneemlik vir God nie, omdat dit ‘n graanoffer was en daar geen bloed gestort is nie. Abel sou dus die geslagslyn van die komende Messias kon wees, maar hy het nou omgekom. Daarom het God nog ‘n seun vir Adam en Eva gegee, nl. Set, waardeur die geslagslyn van Jesus voortgesit kon word (Gen. 5:3).

 

NIMROD: In Gen. 10:8-10 lees ons van die karakter van hierdie man: " ... Nimrod. Hy het begin om ‘n geweldenaar op aarde te wees. Hy was ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. En die begin van sy ryk was Babel ... "

In die tyd van die Antichris sal hulle seker weer sê: ‘Soos Nimrod...’ Hy en sy ma, Semiramis, is saam aanbid as gode in die destydse Babel (The Two Babylons, A. Hislop). Kan jy sien dat hy ‘n tipe valse Christus was? Waar gaan die Roomse ‘Maria’ verskyn in verband met die finale Antichris-regering?

Is dit dan nie ook insiggewend dat die TIME tydskrif van 7 Julie 1997 se hele voorblad die toring van Babel vertoon nie? Die bewoording daarby is heel gepas en lees: ‘BACK TO BABEL!’

 

FARAO: In Ex. 1:8 lees ons: "Toe staan daar ‘n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie." Israel moes swaar slawe-arbeid verrig en is daardeur verdruk (vers 11). Farao het eers bevel gegee dat alle pasgebore seuns van Hebreeuse vroue moes sterf en later dat alle pasgebore seuntjies in die Nyl gewerp moes word (Ex. 1:16,22).

‘n Hele paar van die tien plae stem ook ooreen met die plae wat in die groot verdrukking oor die aarde gaan kom, soos die water in bloed, pes, swere, hael, sprinkane (veel erger in die verdrukking), duisternis en baie sterftes.

 

SAUL: ‘n Bose gees, deur God gestuur, het soms oor Saul gekom (1 Sam. 16:14,15,23).

Hy wou Dawid (‘n tipe van Christus) om die lewe bring (1 Sam. 19:9,10). Sy hoogmoed en jaloesie was ook tiperend.

 

GOLIAT: Sy hoogmoed en uitdagende houding teen die volk Israel en teen Dawid (die gesalfde van die Here). Hy het ook Dawid en sy God vervloek (1 Sam. 17:8-10,43,44).

 

ABSALOM: Hy wou die troon by sy vader Dawid steel

(2 Sam. 15:1-6).

 

SALOMO: In sy glorie was Salomo ‘n duidelike tipe van Christus - spesifiek ook van die duisendjarige vrederyk (1 Kon. 10:23-25 - vergelyk met Sag. 14:9,16). Hy het egter op ‘n stadium ernstig teruggeval. In I Kon. 10 lees ons van koningin Skeba se besoek aan hom. Sy is ‘n tipe van die bruid van Christus wat uit die heidense nasies versamel word. Nadat sy en haar dienaars weg is na haar land (vers 13) - ‘n tipe van die bruidsgemeente van Christus (die Kerk) wat weggeneem word voor die groot verdrukking, vind ons interessante woorde in die volgende vers. In 1 Kon. 10:14 lees ons: "En die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was seshonderd-ses-en-sestig talente goud," Hierdie getal vind ons net op ‘n paar plekke in die hele Bybel. Die bekendste een is juis in verband met die Antichris en sy merk - dit sal sy nommer wees (Op.13:18). In 1 Kon. 11 lees ons dat Salomo die pad byster raak nadat sy uitlandse vroue hom verlei het. Salomo het selfs agter Astarte (die hemelkoningin) aangeloop (vers 5). Sy was daardie tyd die godin van die Sidoniërs en beslis te vergelyk met die hedendaagse aardgodin, ‘moeder Maria’, Fatima en ander godinne van die laat twintigste eeu. Salomo het dan ook so ver gegaan as om ‘n hoogte te bou vir die afgode van sy uitlandse vroue (verse 7,8). Ons het reeds gesien dat die Antichris ook ‘n vreemde god gaan dien. Hoe tragies ookal, maar die ooreenkoms is verseker daar.

 

HAMAN: Almal moes voor hom neerbuig, nadat hy verhoog is tot net onder die koning (Ester 3:1,2). Mordegai, die Jood, wou egter nie voor hom buig nie en "Daarom het Haman daarna gesoek om al die Jode wat in die hele koninkryk van Ahasveros was, ... te verdelg." (Ester 3:6). Onder die regering van die Antichris gaan een derde van die Jode ook nie voor hom buig nie (Sag. 13:8,9).

 

NEBUKADNESAR: Hy het ‘n beeld van goud laat maak wat sestig el hoog en ses el breed was (Dan. 3:1). Die getal ses in die Bybel is natuurlik die getal van die mens. Dit stem weer in ‘n mate ooreen met die nommer van die Antichris.

Op ‘n stadium sou daar dan deur verskeie musiekinstrumente ‘n aankondiging kom en dan moes "al die volke, nasies en tale neergeval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnesar opgerig het." (vers 7). Daniël se drie vriende (Jode) wou egter nie die beeld aanbid nie en is toe in die vuuroond gegooi. Sag. 13:9 sê juis dat die oorblywende derde deel van die Joodse volk in vuur gelouter sal word - natuurlik onder die Antichris se regering.

Die Antichris gaan ook sy eie beeld hê en almal wat sy beeld nie wil aanbid nie, sal ook hulle lewe verloor, net soos dit was in die dae van Nebukadnesar en sy beeld (Op.13:14,15).

In Dan. 4:32,33 lees ons dat God Nebukadnesar geoordeel het en aan hom is gesê dat sy "woning sal saam met die diere van die veld wees" en hy het toe "plante geëet soos die beeste," In die boek Openbaring (hfst. 13,14,17,19) word die Antichris deurgaans "die dier" genoem. Die Engelse Bybel (KJV) noem hom: "the beast."

 

 

 

 

DIE ANTICHRIS IN DIE NUWE TESTAMENT

 

 

In Matt. 24 vind ons die profetiese rede van die Here Jesus soos dit vir ons in sy Woord opgeteken is. Nadat Hy verskeie tekens vir sy dissipels genoem het, aangaande gebeure wat sy wederkoms sou voorafgaan, het Hy ook in hierdie hoofstuk meer spesifiek na die volk Israel verwys. Hierdie gedeelte is natuurlik net so van toepassing op alle mense in die hele wêreld, maar daar is spesifieke en duidelike verwysings na die Joodse volk wat ons aandag sonder enige twyfel verdien. Jesus het in Matt. 24 met sy Joodse dissipels gepraat en toe ook die volgende aan hulle meegedeel: "WANNEER julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom - laat hy wat lees oplet - " (vers 15).

In Dan. 9:27 lees ons in hierdie verband: "en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde;" Daar lees ons van die Antichris wat ‘n sewejarige verbond met baie lande sal sluit, maar ook van vreeslike tye wat vir die mensdom wag. Duidelik kan gesien word dat sy regeringstyd met oorloë en ander geweldige gebeure gepaard sal gaan. Dit sal ook plaasvind tot aan die einde! Die gedeelte in Matt. 24:15 vestig ons aandag op hierdie man waar hy in die heiligdom staan. God sê dat as dit gebeur, moet hy wat lees oplet! Die heiligdom dui uiteraard op die herboude tempel in Jerusalem. Die Jode wat in die groot verdrukking swaar sal ly, omdat hulle Jesus tot op daardie stadium nog sal verwerp, sal ernstig moet ag gee op God se Woord as hulle die Antichris in die tempel sien staan. Die tempel gaan in Jerusalem herbou word en nie op ‘n ander plek in die wêreld nie. Juis hieroor is dit so belangrik dat ons sal verstaan dat hierdie verse baie spesifiek van die Jode praat.

‘n Baie interessante en insiggewende gebeurtenis het op 15 Desember 168 v.C. in Jerusalem plaasgevind. Vir die Jode was dit egter ‘n absolute tragedie. Antiochus Epiphanes, wat destyds oor Sirië regeer het, het Jerusalem binnegeval. Hy het die Jode geweldig gehaat en in net drie dae het hy veertigduisend van hulle laat vermoor. Nog soveel het hy as slawe verkoop. Hy het egter verder gegaan. Op die genoemde datum het hy die Joodse tempel binnegegegaan en ‘n varksog op ‘n altaar geslag. Joodse priesters is gedwing om die vleis te eet en verder is ‘n sous daarvan ook oral in die tempel gesprinkel. Antiochus Epiphanes was seker die duidelikste buite-Bybelse tipe van die finale Antichris wat ooit geleef het. Hy het tydens hierdie geleentheid ook die goue kandelaar van sy plek verwyder asook die tafel met die toonbrode, die reukofferaltaar en ander tempelinstrumente. Hy het verder ook die boeke met die wet vernietig en ‘n groot beeld van Jupiter (nog ‘n vorm van die songod) in die allerheiligste geplaas. Die Jode het dit destyds die ‘gruwel van die verwoesting’ genoem. Dit dui egter alles op ‘n soortgelyke gebeurtenis wat nog in die toekoms gaan plaasvind, wanneer die ware Antichris homself in die tempel gaan bevind en die offers gaan stop. Hierdie keer sal dit plaasvind aan die einde van die dae. Die Antichris gaan in die middel van die verdrukkings-tydperk die tempeldiens ontwrig en dit staak: "en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou;" (Dan. 9:27). Dit wat met Antiochus Epiphanes gebeur het, is ‘n skadubeeld van dit wat nog kom. Hierdie profesie is dus al in ‘n mate vervul, maar die finale vervulling lê nog voor. Hierdie keer sal dit veel meer ingrypend wees as ooit tevore. Die Antichris gaan homself as God verklaar en vereis dat hy alleen aanbid word, maar eintlik sal die Satan (die ‘songod’) op die ou end die een wees wat aanbid sal word.

In verband met die gebeure in die heiligdom, waarvan ons in Matt. 24:15 lees, sien ons dat hy wat dit lees moet oplet as hierdie dinge gebeur. Hierdie woorde is nie toevallig vir ons opgeteken nie. Die volgende vers (16) sê: "dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug;" Hier sien ons nou duidelik dat hierdie gebeure spesifiek en letterlik op die Jode van toepassing is. Hiermee word nie bedoel dat die gedeelte geen geestelike betekenis ook het nie. Dit is egter hoegenaamd nie ‘n verwysing na die Kerk of dan wat met haar in daardie tyd sal gebeur nie. Die ware Kerk sal in hierdie stadium reeds in die hemel en voor die troon van God wees (Luk. 21:36). In Matt. 24: 20,21 lees ons verder: "En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie. Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie." Die feit dat die sabbat so pertinent genoem word, is nog ‘n bewys dat hierdie gedeelte juis op die Joodse volk van daardie dae dui. Ons weet verder ook dat so ‘n groot verdrukking soos waarvan hier gepraat word, nog nooit plaasgevind het nie. Baie het bv. gedink dat die tyd waarin Nero geregeer het die groot verdrukking was, maar Hitler se verdrukking van die Jode was al klaar veel erger as die tyd van Nero. Die tyd van Hitler se Jodevervolging was egter ook nog nie die einde nie. Hy was nie die Antichris nie en ook nie in die tempel in Jerusalem nie.

Die Woord gaan voort in Matt. 24 en sê: "As iemand dan vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! - moet dit nie glo nie." (vers 23). Is dit nie besonder betekenisvol dat hierdie woorde juis hier geskrywe staan nie? Diegene wat gaan oplet (vers 15) en die Woord gaan glo, gaan nie die Antichris glo as hy sê dat hy die ware Christus is nie. Ons weet ook dat die Jode vandag ‘n baie sterk Messiasverwagting het. Onlangs op CNN is Jode gewys wat plakkate rondswaai en aankondig dat hulle die Messias spoedig verwag. Alles vir die bou van die derde tempel is ook feitlik in gereedheid en sterk druk word deur ortodokse Jode uitgeoefen dat dit wel binnekort bewaarheid sal word.

Baie wonder natuurlik hoe dit moontlik sal kan wees dat die Jode die Antichris as hulle Messias sal aansien. Waaraan sal hy moet voldoen om hierdie rol te kan vervul? Ons het reeds gesien dat die Skrif in die Ou Testament op meer as een plek aandui dat die Antichris wel ‘n Jood kan wees.

As ons nou na die evangelie van Johannes gaan, vind ons hierdie baie interessante woorde wat die Here Jesus self gespreek het: "Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hom sal julle aanneem." (Joh. 5:43). Jesus praat hier met die Jode van destyds wat Hom nie herken het vir wie Hy was nie. Nee, hulle het Hom later selfs onskuldig ter dood veroordeel en Hom gekruisig. Hy het in die Naam van God die Vader na hulle gekom - Hom (die Vader) moes hulle minstens geken het uit die Skrifte, maar hulle het nie. Die Antichris gaan in sy eie naam kom - met sy eie agenda en die Jode sal hom vir ‘n tyd aanhang. Uit hierdie vers blyk dit dus weer dat die Antichris ‘n Jood sal wees, want hulle gaan hom ontvang. Ek glo dat sy naam seker ook ‘Jesus Christus’ sal wees. Die misleiding gaan geweldig groot wees. Die feit dat hy in sy eie naam gaan kom, dui sekerlik op sy hoogmoed en sy verdorwe karakter. Hy sal egter aanvanklik die onweergebore Jode se voete onder hulle uit slaan. Die Christen-Jode sal saam met die res van die Kerk van Christus weggeneem word voor hierdie dag ‘n werklikheid gaan word. Hierdie man sal met ‘n vredesplan vir die Midde-Ooste en die wêreld vorendag kom, wat die meeste mense op aarde sal bevredig. Dit sal egter die begin van die swartste tyd ooit op hierdie planeet wees. In Paulus se tweede brief aan die gemeente van Thessalonica, lees en leer ons veel meer omtrent hierdie donkerste figuur in die geskiedenis van die mensdom. Hy begin in 2 Thess. 2:1,2 met die volgende woorde: "MAAR ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie - "

Die gemeente van Thessalonica, wat in die tyd van Nero geleef het en tot vandag toe nog leef, was in daardie stadium ontsteld oor die geweldige vervolging wat hulle as Christene moes deurmaak. Van hulle gemeentelede het sekerlik hulle lewens in daardie tyd verloor en Paulus moes hulle hier maan om nie verskrik te word of gou hulle verstand te verloor nie. Ons kan duidelik sien hoedat hy die gebeure in verband met die wederkoms bring - spesifiek dan "ons vereniging met Hom" - die wegraping van die kinders van God voor die groot verdrukking ‘n aanvang neem. Nero was dan ook so ‘n sterk tipe van die Antichris dat hierdie gemeente gedink het die wederkoms (die eerste fase - die wegraping) kon al plaasgevind het. Iemand het ‘n brief in die naam van Paulus aan hulle geskryf en hulle probeer mislei. Paulus moes hulle toe reghelp en het hulle gemaan om nie verskrik te word "deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees - asof die dag van Christus al daar is." (vers 2b).

In die derde vers lees ons uiters belangrike woorde waarvan baie min Christene vandag werklik die strekking begryp: "Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom ... " Onthou dit is direk in konteks met die wederkoms waarvan Paulus hier praat. Die vers gaan voort: "en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf," Hierdie is ‘n spesifieke verwysing na die Antichris. Hy gaan tevoorskyn kom uit ‘n atmosfeer van geweldige geestelike afval. Die tyd van afval gaan die pad vir sy openbaarmaking voorberei. Dit is reeds eeue aan die gang en veral in die laaste paar dekades is dit ‘n absolute werklikheid. Die Woord word weereens onteenseglik waar bewys.

Daar gaan dus nie ‘n wêreldwye herlewing van die Kerk wees voordat die Antichris geopenbaar word nie. Die Woord sê uitdruklik dat ons ons deur niemand moet laat mislei as dit by hierdie saak kom nie. Die byna ongelooflike afval wat ons vandag in die Christelike Kerk oor die algemeen sien, is tekenend van dit waarvan Paulus hier geskryf het. Die Antichris gaan sy opwagting maak wanneer alles in gereedheid is - wanneer die wêreld hom omhelsend sal ontvang. Hy is immers die "mens van sonde", "die seun van die verderf", wat die grootste deel van die mensdom agter hom aan sal verlei - die ewige verderf binne. Om hierdie rede sal die toneel net reg wees wanneer hy gaan verskyn. Onthou hy gaan die finale en mees verleidelike ‘valse Christus’ wees wat ooit op ‘moeder’ aarde gewandel het.

Net soos wat die Heilige Gees tans die ware bruid van Christus in gereedheid bring vir sy koms "en ons vereniging met Hom", net so is die Satan tans koorsagtig besig om deur "‘n ander gees" (2 Kor. 11:4) die ‘bruid’ vir die koms van die Antichris voor te berei. Hoe skokkend en onwerklik dit op die oomblik ookal mag klink, is dit presies wat wêreldwyd aan die gebeur is. Die Woord leer ons ook op verskeie plekke dat dit die toedrag van sake sal wees kort voor sy koms. Die tyd sal ons binnekort leer dat God se Woord maar net weer ‘n keer 100% korrek was.

Daar is egter ‘n balans wat hier gebring moet word. Baie Christene beskuldig gewoonlik diegene wat die Woord so ernstig en letterlik opneem daarvan dat hulle baie negatief en pessimisties is. Hulle meen dat as alles dan nou verseker in hierdie afwaartse rigting oppad is, wat kan ons as Christene dan daaraan doen. Die Bybel is baie duidelik oor dit waarmee ons besig moet wees. Die ware kinders van God bly die lig van die wêreld en die sout van die aarde - dus die teëhouers van die verderf (meer spesifiek dan die Heilige Gees in die weergeborenes). God het mense gekies waardeur Hy wil werk en waardeur Hy wel werk. Ons moet aanhou bid dat God verlore mense sal red, hulle sal reinig, heilig en vervul met sy Heilige Gees. So sal veel meer mense as arbeiders in die oesland uitgaan. Die Heilige Gees werk ook net kragtig deur mense wat werklik in ‘n volle oorgawe tot God leef. Hiervoor moet ons aanhoudend in gebed voor God wees.

Alhoewel die Woord ons duidelik leer dat die laaste dae gepaardgaan met ‘n groot afval, sal die begeerte aan ware herlewing wel altyd by ernstige kinders van God bespeur word - nou meer as ooit tevore, juis a.g.v. die afval. Die Woord leer nie van wêreldwye herlewings kort voor die koms van die Antichris nie, soos reeds gesê is, maar beteken dit nou dat geen herlewing van enige aard ooit weer kan plaasvind nie. God het verskeie beloftes in sy Woord laat opteken en een daarvan is dat as ‘n mens in diepe berou oor sonde na Hom kom, sal Hy so iemand nooit uitwerp nie. Natuurlik kan daar vandag nog persoonlike herlewings in die harte van individue uitbreek. Verseker kan daar ‘n herlewing in ‘n biddende, gehoorsame en Godsoekende gemeente uitbreek - selfs in ‘n dorp of stad wat die Here werklik in opregtheid soek. Die vraag is net, waar is hulle wat God dag en nag sal vashou hiervoor en hulleself vir gebed sal gee ? Die beginsel is eenvoudig. Gee ag op die Woord van God, breek met sonde en die wêreld en bid totdat God sy seën uitstort. Hy doen altyd wat Hy in sy Woord sê. Die rede hoekom dit egter nie gebeur nie, is omdat die mens van die laat twintigste eeu heeltemal te gemaklik, te selftevrede, te vol van homself en te onafhanklik van God lewe. God het nog nooit in sulke omstandighede sy Gees oor ‘n groep mense uitgestort nie. Daar is heeltemal te min ernstige bidders in ons dag wat bereid is om aan te hou bid totdat God se arm in beweging sal kom. Dit beteken dus nie dat daar nie weer ‘n herlewing of herlewings kan wees nie. Nee, God sê Hy hoor nie die gebede nie, omdat die sondes van die mens ‘n skeidsmuur geword het tussen hom en sy God (Jes. 59:1-3).

God, in sy alwysheid, het voor die tyd al geweet dat dit die stand van sake sal wees kort voor die Antichris gaan verskyn. Juis daarom laat Hy toe dat so iemand op die toneel verskyn - om die te soek en te beproef wat Hom waarlik wil dien.

Die uitdaging is dus om te bid soos nog nooit tevore nie.

In Jak. 5:7,8 (duidelik in verband met die wederkoms) sê die Here dan juis dat "die laat reën" nog sal kom, verwysende na veral Jode (soos bv. die 144 000 verseëldes van Op. 7) wat by God sal uitkom en gered sal word kort voor sy koms. Jak. 1:1 noem juis dat hierdie brief spesifiek aan die 12 stamme geskryf is. Die vroeë reën op pinksterdag is op die Jode uitgestort en so sal die laat reën weer op hulle uitgestort word. Die opdrag om te bid sonder ophou (1 Thess. 5:17) sal bly geld vir elke kind van God totdat die basuin weerklink en Hy ons kom haal. Ek weet eerlik nie wat negatief of pessimisties hieromtrent is nie. Die feit van die saak is dat die wederkoms van die Here voor die deur is. As dit vir ‘n Christen ‘n swaar, onaangename gedagte is, moet daar êrens groot fout wees. Die fout lê maar net by die mens, soos dit nog altyd die geval was. God staan gereed om ons te verhoor as ons met ‘n opregte hart na Hom kom.

Ons moet ook noem dat die huidige ekumeniese beweging (die eenwording van kerke in groot wêreldliggame) beslis nie herlewing is nie. Om die waarheid te sê, dit is presies die teenoorgestelde daarvan. Dit is juis deel van die groot eindtydse afval, omdat dit die eenwording van waarheid en leuens behels. By God bestaan daar nie so iets nie. Die duiwel gebruik al vir sesduisend jaar hierdie metode - bietjie van die waarheid en heelwat van die leuen. Die verstommendste is dat so baie vandag nog daarvoor val. Die Bybel leer ons egter duidelik dat afsondering van die afvallige groepe, God se wil is (2 Kor. 6:17). So alleen kan die waarheid bly voortbestaan. Die eenwordingsindroom van die laaste dae is juis die inisiatief en plan van die teëstander van God om die Christelike kerke afvallig van hulle God te maak. Op sy beurt sal dit weer daartoe lei dat talle en talle verlore siele nie by God uitkom nie. Dit is altyd die uitvloeisel waar daar kompromieë met die waarheid aangegaan word. Hoekom sou ‘n mens dan van so ‘n afvallige sisteem wou deel word? Die realiteit van ons dag is egter dat hulle wat eenwording en ‘samewerking’ met al wat ‘n kerk is voorstaan, dit met mag verdedig asof dit dan baie voordele sou inhou. Hulle werk so goed saam met hierdie afvallige groepe dat hulle nie eers die evangelie van Christus met hulle wil deel nie. Dit sal aanstoot gee en die atmosfeer bederf. Die groot en bekende kerke val gewoonlik gou vir hierdie leuen, omdat daar nie gewaak word nie. Daar is iemand wat hieroor juig en sê: Missie geslaag !

Diegene wat die ‘koninkryk-nou’ teologie aanhang, glo natuurlik ook nie in enige afval nie. Die wederkoms is nie eers ‘n saak waaraan hulle wil dink nie. Hulle glo alles word net beter en beter. Hulle reken die wêreld is oppad na ‘n utopiese staat (al gehoor van die Nuwe Era beweging). Hulle glo die ‘Christene’ sal alles hier onder beheer kry en as almal ook Christene geword het, sal Jesus terugkeer. Nêrens in die Bybel lees ons egter van so ‘n toedrag van sake nie. Dit is presies die teenoorgestelde wat die Woord leer.

As ons nou verder kyk na die Antichris wat juis uit hierdie afval na vore sal kom, lees ons die volgende oor hom: "die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is." (2 Thess. 2:4). Dit skakel presies in by die Nuwe Era gedagtelyn wat leer dat die mens self god is. Hier sien ons dat die Antichris in die herboude tempel sal sit en hom as God sal voordoen. Hy sal Jesus Christus namaak wat later self in Jerusalem sal regeer - Hy wat die volmaakte vervulling is van al die Ou Testamentiese offers. Dit sal in die middel van die verdukkingstyd, m.a.w. na drie en ‘n halwe jaar gebeur (Dan. 9:27). Die apostel Paulus gaan dan voort en sê aan die gemeente van Thessalonica: "Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie ?" (vers 5).

Hy verbind duidelik die wederkoms van Christus met die verskyning van die Antichris en ook met die feit dat die tempel in Jerusalem herbou sal moet word en die feit dat hierdie "seun van die verderf" hom as God aan die wêreld sal bekendstel. Hy het dus hierdie gemeente breedvoerig en by meer as een geleentheid hieromtrent ingelig. Hoekom is dit dan dat die meerderheid leraars van vandag se gemeentes nooit hulle lidmate hieromtrent inlig nie. Is dit dalk omdat hulle glo die Antichris is net ‘n bose sisteem of dat hy al lankal dood is ? Sou hulle dalk hierdie leuens van die Satan glo ? Of is dit omdat hulle bang is vir hierdie onderwerp ? Paulus was nie en hy het nie eers ‘n doktorsgraad gehad nie. ‘n Mens moet darem bysê dat die Here self aan hom verskyn het en hom onderrig het vir drie jaar (Gal. 1:12-18). Is dit dan nie juis van soveel meer belang dat ons met die grootste erns op sy woorde sal ag gee nie ? Hierdie apostel, ‘die ontydig geborene’, soos hy homself noem, het ook duidelik verklaar dat die Antichris ‘n spesifieke persoon sal wees. Hoekom word sy woorde dan so geminag in ons tyd.

‘n Ander vraag oor die Antichris wat by baie sal opkom, is wanneer presies sal hy dan geopenbaar word ? Op watter stadium in God se profetiese kalender kan hy verwag word ? Is ons dalk uit pas as ons sou sê dat ons wel kan weet ? Nee, want die Woord gee die antwoord klinkklaar: "En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word," (2 Thess. 2:6,7,8a).

Daar is baie mense wat uiters skepties is as iemand sou waag om te sê dat daar sameswerings in die wêreld is wat die ganse mensdom bedreig. Sommige sal selfs sê dat die Here nie so iets sal toelaat nie, want Hy is ‘n God van liefde. Dit is Hy verseker, maar wat dan van die keer toe sy eie Seun Jesus Christus in ‘n komplot verraai is. Diegene wat beweer dat die Bybel ons nie van sameswerings vertel nie, se siening is totaal ongegrond. In die bostaande gedeelte lees ons van die "verborgenheid van die ongeregtigheid" wat al aan die werk is en wel tot op ‘n sekere punt. Daar is dus verseker duister magte aan die werk. In Efes. 6:12 leer ons dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar wel teen die magte in die lug - die duiwel en sy gevalle engele. Dit is egter nie ‘n saak om oor vreesbevange te word nie. Nee, geensins nie. As jy weergebore is en die Here ken en in Hom bly, sal Hy jou te alle tye bewaar. Onthou Hy het self die duiwel en sy engele geskape - aanvanklik goed, totdat hulle egter teen Hom gerebelleer het en hulle uit die hemel gewerp is (Luk. 10:18).

Daar is baie mense wat tans op die planeet aarde leef - onweergebore mense - wat direk in die hand van Satan speel. Hulle besef dit natuurlik glad nie. Elke mens op aarde wat die Here nie persoonlik ken nie, werk in der waarheid teen Hom en teen hulle wat Hom waarlik dien. God sê so iemand het in der waarheid die "duiwel as vader" (Joh. 8:44). Die Antichris se pad word tans gelykgemaak deur hierdie mense. Hulle kom uit alle sektore van die samelewing en werk eintlik onwetend (soms egter beslis doelbewus) mee teen die ware God. Hulle besef egter nie wat die uiteinde van alles sal wees nie. Hierdie mense lees nie die Bybel om te sien hoe hulle God kan teëstaan nie - nee, hulle besef hoegenaamd nie dat hulle presies doen waarteen God ons reeds gewaarsku het nie. Hulle weet nie dat hulle besig is om Bybelse profesieë in vervullig te laat gaan nie. Dit is asof hulle op ‘n vaste baan beweeg met ‘n verskriklike einde - vir hulle egter, tot nou toe nog, beslis nie in sig nie. Hulle is totaal verblind deur die sonde. Hierdie mense se oë sal net oopgaan as hulle Jesus Christus ontmoet. Daarom moet ons vir hulle bid, dat ten minste sommige van hulle gered sal word.

Dit is verder baie betekenisvol dat die Skrif hom die "ongeregtige" noem. As hy voor die Here gaan staan, sal hy skuldig bevind word en so ook almal wat hom gevolg het. Hy sal nooit regverdig verklaar kan word nie. Hy is ‘n man van onreg. Dit is so presies in teenstelling met wie die Here Jesus Christus is. In Jer. 23:6 lees ons ‘n profesie oor Jesus wat sou kom en hoe Hy bekend sou staan nl.: "DIE HERE ONS GEREGTIGHEID." Hy en Hy alleen, omdat Hy in ons plek gesterf het, kan ons regverdig verklaar - op grond van sy bloed wat Hy geoffer het. Die Antichris gaan Jesus namaak, maar hy gaan presies die teenoorgestelde karakter as die ware Christus hê.

Dit word vir ons nog duideliker in die tweede deel van 2 Thess. 2:8. Die Woord praat van die Antichris as Hy sê: "hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak," Dit korreleer volledig met Op. 19:15 waar die swaard uit die mond van Jesus die slag van Armageddon aan die einde van die groot verdrukking sal beëindig. Dit gebeur met die verskyning van Jesus se wederkoms - wanneer die kinders van God saam sal terugkom na die aarde om as konings te kom regeer (Judas 14,15; Op. 5:10; 20:6).

In 2 Thess. 2:9-11 leer ons meer oor die karakter van, asook die metodes wat die Antichris gaan gebruik om die mensdom te verlei. Ons lees daar: "hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,"

Ons kan duidelik sien wie die vader van die Antichris gaan wees. Die godsdienstige misleiding op aarde gaan in hierdie stadium ‘n ongekende hoogtepunt bereik. Baie ‘Christene’ gaan dink dat hulle Jesus aanbid, maar in werklikheid sal dit die namaaksel, die Antichris, wees. Die huidige tekens en wonders beweging in die wêreld is reeds die voorspel vir sy koms. In byna elke godsdiens op aarde vind ons ‘n verskeidenheid van wonderwerke wat dan kwansuis van goddelike oorsprong skyn te wees. Die Woord sê dat die Antichris se openbaarmaking juis hiermee gepaard sal gaan. Ja, selfs in ‘Christelike’ kerke vind ons die namaaksels ("die werking van die Satan") wat hand oor hand toeneem in ons dag. Ons moet deeglik besef dat die Antichris nie iemand gaan wees wat kerkvreemd of a-godsdienstig gaan wees nie. Nee, hy gaan hiper-godsdienstig van aard wees. Om hierdie rede sal al die verskillende godsdienste van die wêreld hom met ope arms aanvaar. Kom ons wees eerlik, hy gaan ‘n geweldige slag slaan onder ‘kerkmense’ en godsdienstiges - hulle wat bloot godsdiens het, maar nie vir Jesus Christus nie. Die skokkendste van dit alles is dat die Bybel ons leer dat God self vir hulle wat die waarheid nie wou aanneem in die welaangename tyd nie, "die krag van die dwaling" sal stuur "om die leuen te glo". Dit is geweldige woorde, maar totaal regverdig. Mense wat vandag nog die waarheid hoor, maar hulle rug telkens daarop keer, gaan wreed ontnugter word in die groot verdrukking. Hulle het dan mos hulle kans gehad.

As ons nou na die briewe van die apostel Johannes gaan kyk, sal ons daar vir die eerste keer die woord Antichris in die Bybel vind. In 1 Joh. 2:18 lees ons: "KINDERS, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is." Hier word duidelik ‘n onderskeid gemaak tussen die ware Antichris en ander antichriste of dan tipes van die finale een. In die tyd wat Johannes hierdie briewe geskryf het en ook voor daardie tyd het verskeie Romeinse keisers soos Nero en Domitianus geregeer. Hulle was duidelike tipes van die finale Antichris wat nog moet kom. Onder hulle heerskappy is die ware kinders van God swaar vervolg en ook doodgemaak. Hy noem hulle "antichriste" en maak terselfdertyd melding dat dit "die laaste uur" is. Net soos wat dit vir elke weergeborene wat in die regering van die finale Antichris op aarde sal leef, die laaste uur sal wees (hulle gaan hulle lewens verloor - Op. 13:15; 14:13), so was dit ook vir baie Christene in daardie tyd letterlik die laaste uur. Die era onder die destydse Romeinse Ryk is dan ook verder sterk tipologies van die regeringstydperk van die herleefde Romeinse Ryk, wat vlak voor die wederkoms van Jesus Christus ‘n aanvang sal neem. Uit hierdie ryk sal die ware en finale Antichris dan ook tevoorskyn kom. Dit is die herhaling van ‘n siklus, net veel groter in omvang.

In 1 Joh. 2:22,23 lees ons die volgende: "Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie." Al die godsdienste en ‘Christelike’ sektes ontken dat Jesus die Christus is. Die Moslems het bv. ‘n kreet waarin hulle sê: ‘God had no son, God had no son.’ Hulle glo wel in ‘n Jesus (net ‘n profeet), maar nie dat Jesus die Christus (die gekruisigde en opgestane Here) is nie. Die Jehowa Getuies ontken dat Jesus terselfdertyd ook God is. Hulle loën dus die Seun en daarom ook die Vader. Die Roomse Kerk verkondig dat Jesus alleen nie genoeg gedoen het aan die kruis nie, daarom moet hulle lidmate ook tot Maria bid en goeie werke doen om gered te word. Hulle aanbid wel ‘n Jesus in die vorm van ‘n ronde koekie (die son), tydens hulle mis, maar dit het totaal niks te doen met die lewende God nie. Hulle Jesus is beslis nie die Christus nie. Verder is die Pous self die ‘plaasvervanger’ van Christus (Vicar of Christ) op aarde. Die Jesus van die Bybel is totaal anders. Hy is self God en het eenmaal ‘n volkome verlossing vir alle mense aan die kruis bewerk. Die 1 biljoen Rooms-Katolieke in die wêreld loën dus die Seun en daarom ook die Vader. Die Joodse godsdiens is nog ‘n klassieke voorbeeld van ‘n antichristelike godsdiens. Hulle loën die Seun deurdat hulle ontken dat Hy al reeds geleef, gesterf en opgestaan het. Om hierdie rede hoor die Vader in die hemel ook nie hulle gebede nie. Dit is alles tevergeefs.

Ek verkies om ‘n ware wandel met Christus nie as ‘n godsdiens te klassifiseer nie, maar eerder as ‘n lewenswyse. Dit is godsdiens wat die wêreld gebring het waar dit vandag is - in ‘n klaaglike, verrotte toestand. Dit is hoekom daar so baie ateïste in die wêreld is. Hulle haat alle vorme van godsdiens. Volgens hulle het godsdiens misluk in die strewe om van die wêreld ‘n beter plek te maak - en dit het ook. Om die Here te ken en te dien is ‘n heel ander saak. Die Antichris gaan verder verseker ook die Vader en die Seun loën, want hy gaan homself as God voordoen, soos ons reeds in 2 Thess. 2 gesien het. Al die godsdienste van hierdie wêreld gaan die Antichris verwelkom, want hy gaan presies wees wat hulle nog altyd wou gehad het - ‘n politieke verlosser wat hier op aarde vir hulle ‘vrede’ en ‘versoening’ sal bring. Die persoon van die Antichris self gaan die verpersoonliking wees van al hierdie godsdienste tesame. Hy gaan dit saamvat of laat saamkom in een hoofgodsdiens - wêreldwye en openlike Satanaanbidding (Op. 13:3b,4).

In 1 Joh. 4:3 lees ons die volgende wat by bostaande aansluit: "en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld." Die ‘New Age’ beweging verkondig die koms van ‘n kosmiese Christus. Eintlik glo hulle dat elke mens op aarde reeds Christus in homself het. Hierdie Christus het nooit in die vlees gekom nie. Dit is nie Jesus Christus van die Bybel nie. Hy (die ware Christus) was en is God wat die luisterryke hemel verlaat het, Homself verneder het tot die gestalte van ‘n mens (‘n dienskneg) en wreed aan ‘n kruis kom sterf het om die mensdom te red van hulle verlore toestand voor God. Hy het verseker in die vlees gekom.

Die ‘New Age’ se Jesus verkondig dat alle mense God is. Dit is presies die teenoorgestelde van vernedering en wat die Woord ons leer. Die gees wat hierdie leuens aan die wêreld verkondig is dus nie uit God nie. Daar is dus vandag ‘n gees in die wêreld wat die pad voorberei vir die Antichris. Dit is "die gees van die Antichris." Hierdie gees is ook al baie jare in die wêreld. Daar is verder ook vandag baie ‘Christelike’ kerke wat geen klem lê op die evangelie van Jesus Christus nie. Hulle verkondig dus ook nie dat Jesus in die vlees gekom het nie. Nee, hulle verkondig veel eerder ‘n ander evangelie. Een waar die ‘Heilige Gees’ voorop is. Alles draai by hulle oor die doping met die ‘Gees’ en die daaropvolgende manifestasies. Van ware sondebesef en berou is daar byna geen sprake nie. Die bloedevangelie van Christus is hier ‘n vreemde onderwerp. Dit is ook die gees van die Antichris, want hier kan mense nie gered word nie. Wat sal hulle doen as die Antichris self op die toneel verskyn? Sal hulle kan onderskei?

In die tweede brief van Johannes lees ons meer hieroor. In vers 7 sien ons: "Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris." Hier sê die Woord vir ons duidelik dat die Antichris spesifiek die verpersoonliking sal wees van hierdie valse leer. Hy sal die uiterste verleier wees en hy sal die persoon wees wat in die vlees gaan kom as die langverwagte een wat die groot ‘vrede’ op aarde sal kom bewerk. Hy sal sekerlik self ontken dat daar ‘n Jesus Christus voor hom op aarde geleef het. In die eerste helfte van sy sewejarige regering sal hy dan met ‘oplossings’ vir die wêreld se probleme tevoorskyn kom soos wat niemand nog voor hom kon doen nie (Dit is nou almal behalwe die ware Christus, maar hoeveel gee op Hom ag). Hierdie tyd van valse vrede sal egter rampspoedig eindig na drie en ‘n half jaar - as hierdie man se ware karakter uiteindelik na vore sal kom.

In die laaste deel van die Antichris se regering sal hy homself as God voordoen en dan sal baie omkom wat hom nie as sodanig wil aanbid nie (2 Thess. 2:4). Vandag is daar ook baie wat glo dat hulle een of ander god is en hierdie neiging word by die massas ingeskerp op verskeie maniere - veral deur die massa media.

Ons beweeg nou na die boek Openbaring. In die 5de hoofstuk, in vers 9, lees ons die lied van die bloedgewaste kinders van God in die hemel. Hulle sing die Lam wat geslag is, is "waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak". Ja, die weergeborenes is dan reeds in die hemel - vergader rondom die troon van God. In Op. 6 word die eerste ses seëls dan oopgemaak en met die oopmaak van die eerste seël, lees ons hierdie woorde: "En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin." Baie mense (ook teoloë) glo vas dat hierdie op Jesus Christus dui. Dit is egter ‘n verdraaide siening. Iemand wat in die Bybelse tyd met ‘n wit perd verskyn het, het gewoonlik gekom met ‘n vredesboodskap - om vrede te bring. Hierdie persoon kom ook so, maar hy het ‘n boog. Hy gaan ook koning word, maar dit word aan hom gegee. Wie is hierdie man wat gaan kom om te oorwin? Gaan hy slaag in sy doel? Dit wat volg in die daaropvolgende verse is alles behalwe vrede. Hierdie man op die wit perd moet verseker die Antichris wees. In Op. 19:11 sien ons dat die ware Jesus Christus ook met ‘n wit perd sal kom. Hy kom uit ‘n geopende hemel en sy leërs volg Hom. Hy kom om die Armageddon-oorlog te kom beëindig, maar Hy kom ook om vrede te bring - ware vrede. Sy duisendjarige vrederyk op aarde voordat die nuwe Jerusalem uit die hemel sal neerdaal (Op. 20:1-6). Die Satan weet dat hierdie gebeurtenis gaan plaasvind. Daarom beplan hy ‘n namaaksel daarvan en wel sewejaar voor die tyd. Hy glo natuurlik nog steeds dat hy die oorwinning kan behaal en hy gaan ‘n groot aanslag loods deur sy man - die Antichris ! Soos reeds gesê is, hierdie man gaan die ware Christus namaak. Dit is dan ook baie interessant om te let op die betekenis van die woord Antichris. ‘Anti’ kan teen beteken, maar ook nog iets anders. Hierdie voorvoegsel kan ook in die plek van of substituut vir beteken. Die Antichris gaan vir ‘n baie kort tydjie valslik die plek van die ware Christus in baie mense se lewens beklee (dit geld natuurlik net vir hulle wat die ware Een nooit geken het nie). Dit sal ook hulle eie skuld wees as hulle nie die leuen van die waarheid kan onderskei nie, want God het ons lank voor die tyd reeds teen die misleiding gewaarsku. Ja, baie ongeredde kerkmense gaan die openbaarmaking van die Antichris met die wederkoms van Christus verwar en sal dit nie tragies wees nie. Die grootste deel van die Joodse volk gaan hiervoor val. Baie Moslems gaan ook, want hulle verwag ook die terugkeer van ‘n ‘profeet Jesus.’

Dit is verder God self wat aan die Antichris sy kroon gaan gee. God gaan in hierdie tyd nog net so in beheer van alles wees as op enige ander tydstip in die geskiedenis van die wêreld. Die Woord leer ons egter dat dit God is wat konings aanstel en onttroon. In hierdie geval gaan Hy die mense wat Hom verwerp het swaar straf vir hulle goddeloosheid. Die Antichris gaan dus eintlik ‘n instrument in die hand van God wees. Hierin sien ons die barmhartigheid van God net weer. God kon, as Hy wou, die finale oordeel van verlore sondaars dadelik afgehandel het. Hy verkies egter om die aardbewoners nog sewejaar kans te gee om hulle tot Hom te bekeer. Hy laat hulle geweldig ly en stuur iemand soos die Antichris om hulle geloof tot die uiterste te beproef. Die Bybel leer ons in Op. 7 dat baie dan ook juis in die groot verdrukking gered sal word - te midde van baie swaar omstandighede. Baie mense moet eers voel voordat hulle sal hoor. Was dit nie maar nog altyd die geval nie? Dink aan die volk Israel. Hoe lank het hulle nie geneem voordat hulle uiteindelik die beloofde land binnegetrek het nie.

In Op. 13 vind ons ‘n meer gedetaileerde beskrywing van die regering van die Antichris op aarde. Ons lees in vers 1 die volgende: "En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering." Dit kom sterk voor asof hierdie hoofdier dui op die Verenigde Nasies (die ‘Toring van Babel’ van ons dag). Die verenigde Europa kan ook nie daarvan losgemaak word nie. Al die lande wat deel is van die Europese Unie is dan ook deel van die Verenigde Nasies. Hierdie dier kom juis voort uit die see van nasies. Die sewe koppe kan moontlik gedeeltelik dui op die G-7 (Groep 7) lande en hulle presidente of leiers. Dit is juis hierdie lande, die sewe grootste en mees invloedrykstes op aarde, wat skynbaar die wêreld beheer. Hulle is ook almal lede van die Verenigde Nasies. Dit kan ten minste ‘n gedeeltelike vervulling van hierdie profesie wees, omdat daar duidelik veelvuldige vervullings van Bybelse profesieë is. Die tien horings sal dan waarskynlik tien individuele persone wees verkose deur die sewe koppe (lande). In Dan. 7:24 en Op. 17:12 sien ons dat die tien horings op tien konings dui. Die boek Daniël sê dat die Antichris van tussen die tien horings uit te voorskyn sal kom en die boek Openbaring sê uit een van die sewe koppe, soos ons nou sal sien.

Op. 13:3 lees soos volg: "En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan."

Die elfde horing van die boek Daniël verskyn op een van die sewe koppe van die boek Openbaring. Daar is hoegenaamd geen teenstrydigheid nie. Die vier diere van Dan. 7 het saam sewe koppe, want een van hulle (die luiperd) het alleen vier koppe. Ek glo dus dat die Antichris uit een van die Europese nasies (herleefde Romeinse Ryk) te voorskyn sal kom. Die Verenigde Nasies sal hier ook ‘n kardinale rol speel. Interessant is dat die VN se embleem ‘n lourierkrans daarrondom vertoon - ‘n stukkie simboliek uit die ou Romeinse ryk? Moontlik sal die Antichris juis uit een van die Europese lande opstaan wat lid is van die G-7 groep. Dit is maar net bespiegeling. Ons lees dat een van hierdie sewe koppe dodelik gewond was, maar weer genees is. Dit wil voorkom asof hierdie leiersfiguur werklik of vir die skyn dood was en weer lewend gemaak is. Jesus Christus was ook vir drie dae in die graf, maar Hy het opgestaan uit die dood. Is hierdie dalk nog ‘n deel van die namaaksel? Hoeveel mense op aarde gaan hierdeur meegesleur word? Gaan dit dalk ‘n ‘bewys’ wees dat hierdie man van ‘Goddelike’ oorprong is? Die Woord sê ook ondubbelsinnig dat die hele wêreld agter hierdie dier sal aangaan. God sê dit sal so wees. Niemand gaan dit voorkom of verhoed nie.

Die ander klassieke uitleg van hierdie Skrifgedeelte is natuurlik dat die sewe koppe dui op sewe ryke dwarsdeur die eeue en millennia heen. So was daar die ou Babiloniese ryk (toring van Babel); die Egiptiese ryk; die Assiriese ryk; die neo-Babiloniese ryk (Nebukadnesar); die Medo-Persiese ryk; die Griekse ryk en die Romeinse ryk. Die laaste kop of ryk wat dodelik gewond was en weer genees is, dui dan op die Romeinse ryk wat weer sal herleef. Hoe dit ook al sy, al hierdie interpretasies is aanvullend tot mekaar en is geensins weersprekend nie.

In Op. 13:4 gaan die apostel Johannes voort met die verduideliking van wat hy gesien het: "En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?" In Op. 12:9 sien ons dat die draak dui op die Satan. Wat ‘n tyd sal dit nie op aarde wees nie - openlike Satanaanbidding. Diegene wat glo dat die Kerk deur die groot verdrukking sal gaan, moet hieraan noodgedwonge ‘n ander betekenis gee. Hulle vergeestelik gewoonlik hierdie gedeeltes sodat dit nie so letterlik opgeneem moet word nie. Ons lees juis in Matt. 16:18, "op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie." Die Kerk sal nie hier wees om hierdie geweldige tyd te beleef nie. God sê ook in sy Woord dat hy ons nie bo ons kragte sal versoek nie. God gaan nie vir sy ware kinders die krag van die dwaling stuur nie, maar vir hulle wat volhardend geweier het om op sy roepstem ag te gee. Hulle sal die duiwel aanbid in hierdie tyd. Hier word dit ook weer baie duidelik wie die Antichris se vader is. Die een in wie se krag hy sy regeringstyd sal deurloop.

Ons sal sien dat die gedeelte in Op. 13 grootliks ooreenstem met Dan. 11. In Op.13:5,6 lees ons: "En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen. En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon te laster." Die 42 maande stem ooreen met die tyd, tye en ‘n halwe tyd van Dan. 7:25. Dit is presies drie en ‘n half jaar - die laaste helfte van sy sewejarige heerskappy. Interessant dat hy ook laster teen hulle wat in die hemel woon. Dit moet die Kerk insluit. In Op. 4 en 5 sien ons die bruidsgemeente van Christus juis in die hemel. Daar sal egter ook heiliges op aarde wees in die groot verdrukking - hulle wat dan tot bekering sal kom. Hulle is egter nie deel van die Kerk nie. Die bedeling van die Kerk het dan reeds ten einde gekom. Hierdie heiliges val in ‘n ander kategorie, in ‘n ander dispensasie. Op. 13:7,8 vertel ons meer hiervan: "Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid," Hier sien ons die wese van die komende nuwe wêreldorde. Die Antichris gaan werklik mag uitoefen oor almal op die ganse aarde. Hy gaan ‘n diktator wees, sonder weerga. Almal gaan hom aanbid. Die Woord sê almal wie se name nie in die boek van die lewe geskryf is nie. Hy gaan ook die heiliges oorwin, sê die Bybel - die heiliges van daardie bedeling. In vers 9 kan ons sien dat die Kerk of gemeente van Christus nie dan meer op aarde sal wees nie. Ons lees daar net hierdie woorde: "As iemand ‘n oor het, laat hom hoor." Hier verskil die oproep van die Here van die oproepe wat in Op. 2 en 3 gemaak is. Daar lees ons: "Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê." Hierdie sewe gemeentes is verteenwoordigend van die hele Kerkdispensasie van 2000 jaar. Op. 4:1 dui vir ons die einde van hierdie dispensasie aan. In die groot verdrukking is die gemeentes (die ware gereddes) dan in die hemel. Ons gaan nie die Antichris ten prooi val nie. Die Kerk is juis die teëhouer dat die Antichris nie geopenbaar kon word nie, maar hier is hy nou geopenbaar en besig met dit waarmee God hom vir ‘n kort tyd gaan toelaat.

Laastens kyk ons ook na vers 10 van Op. 13. Hier kan ons sien dat die Antichris en sy volgelinge, mense (ook die heiliges) gevange gaan neem en hulle gaan doodmaak: "As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges." Ons kan duidelik sien dat die heiliges hulle lewens gaan verloor. Diegene wat glo dat Luk. 21:36 daarop wys dat die Christene die oordele in hierdie tyd op aarde gaan ontvlug (m.a.w. terwyl hulle op aarde is die swaard hier op aarde gaan vryspring), se teorieë stort hier totaal in duie. Ons gaan alles ontvlug as ons waak en bid - ontvlug na die hemel. In hierdie tyd sal daar sekerlik konsentrasiekampe wees. God is egter regverdig en hulle wat ander so vervolg het, sal ewige krygsgevangenes word in die afgryslike poel van vuur.

Die Antichris se einde is dan ook nie anders nie. In Op. 19:19,20 lees ons: "En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet ... Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swael brand." As Nero of iemand anders dan die Antichris was, sal ek graag wil weet wanneer hulle toe in die poel van vuur gewerp is. Hierdie gebeurtenis vind plaas met die sigbare verskyning van Jesus Christus, met sy wederkoms - reg aan die einde van die groot verdrukking. Hy sal dan ware vrede bring soos wat hierdie wêreld nog nooit gesien en beleef het nie.

 

 

 

 

NUWE TESTAMENTIESE TIPES VAN DIE ANTICHRIS

HERODES (die Grote): In Matt. 2:16 sien ons dat hy al die seuntjies van twee jaar oud en jonger om die lewe laat bring het. Hy wou die Messias wat kort tevore gebore is so om die lewe bring, omdat hy Hom as ‘n bedreiging vir sy koningskap gesien het. Hierdie koning (deur die Romeine as heerser aangestel) se Jodehaat was hier ooglopend. Die Antichris gaan ook uit die Romeinse Ryk (wat tans herleef) na vore kom en hy gaan ook die Jode swaar vervolg.

 

JUDAS: Hy was ‘n Jood soos die Antichris ook sal wees. Die volgende het ook met hom gebeur: "En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig." (Joh. 13:27). Die Satan sal ook die Antichris beset. Wat hy wil doen, sal hy ook haastig moet doen. Sy tyd is kort en afgemeet - net sewe jaar.

Judas het met gewapende soldate gekom om Jesus gevange te neem (Joh. 18:3). Die Antichris gaan met sy leërs kom om Jesus te vernietig met sy wederkoms (Op. 19:19). Weer sal dit tevergeefs wees.

 

SAULUS: Voor sy Damaskus ervaring en voor hy Paulus geword het. Hy was ook ‘n Jood. Hy het die volgelinge van Christus gevange laat neem en hulle om die lewe laat bring. Die Antichris gaan dieselfde doen.

 

HERODES (Agrippa I): In Hand. 12 lees ons van nog ‘n Herodes (die vorige een se kleinseun): "En op ‘n bepaalde dag het Herodes ‘n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek. Daarop het die volk hom toegeroep: ‘n Stem van ‘n god en nie van ‘n mens nie !" (Hand. 12:21,22). Dit is baie na aan wat die mense die Antichris gaan toeroep: "Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?" (Op.13:4). Die Antichris gaan ook in die tempel sit en voorgee dat hy God is (2 Thess. 2:4).

 

BUITE-BYBELSE TIPES VAN DIE ANTICHRIS

 

Deur die loop van die geskiedenis was daar verskeie duidelike voorbeelde van wêreldheersers wat sterk karaktertrekke van die eindtydse Bybelse Antichris gehad het. Ek noem net ‘n paar.

 

1. Alexander die Grote (Griekse heerser - Hy het die destydse wêreld feitlik totaal onder sy beheer gehad).

2. Antiochus Epiphanes (Soos vroeër genoem is).

3. Nero (Romeinse keiser).

4. Domitianus (Romeinse keiser).

5. Napoleon (Hy het planne gehad om al wat ‘n land is in te neem en hy was ook baie suksesvol tot op ‘n punt. Op ‘n sekere stadium het hy homself in Israel bevind en gesê dat die vallei van Megiddo die mees ideale plek op aarde is vir ‘n groot oorlog van al die nasies - Die Antichris gaan ook so dink).

6. Mussolini (Italiaanse diktator - Hy het geglo dat hy ‘The man of destiny’ was. Hy was oortuig dat hy die uitverkore een is om die Romeinse Ryk te laat herleef tot sy eertydse glorie.

7. Stalin (Russiese diktator).

8. Hitler (Duitse diktator - Hy wou ‘n duisendjarige vrederyk skep nadat hy al die ongewenste nasies uit die weg geruim het. Sal iemand ooit die Jode meer kan haat en vervolg as wat hy het? Ja, verseker, die Antichris sal - Sag. 13:8).

Dan was daar nog Julius Caesar (jare gelede), Mao Tse Tung van China (meer onlangs) en vele ander. Ek glo dat as ‘n mens al hierdie mense se swakste eienskappe bymekaar sou sit, sou jy na aan die finale Antichris kom. Hulle was egter self almal antichriste in eie reg. Hierdie was mense wat reeds geleef het.

 

Kom ons kyk nou kortliks na net ‘n paar duidelike Antichris-tipes in ons dag. Daar is egter ‘n groot klemverskuiwing by die hedendaagse antichriste. Hulle almal kom baie ‘vredeliewend’ voor. Dit is in der waarheid baie meer gevaarlik en moet geensins misinterpreteer word nie.

 

a) Die Dalai Lama: Die god-mens of god-koning van Tibet. Hy is ‘n uitgewekene uit sy land, maar miljoene aanbid hom dwarsoor die wêreld.

b) Sun Myung Moon: Leier en stigter van die ‘Moonies’. Hy beweer dat hy die Christus is wat sou kom. Sy aanhangers tel ook in die miljoene.

c) Sai Baba: Hy woon in Indië en word deur baie as ‘God’ beskou. Mense van oral oor die wêreld (ook hoogs-opgevoede Westerlinge) besoek hom in sy dorpie in Indië. Hy kan ‘wonderwerke’ doen en los blykbaar al wat ‘n probleem is op. Baie bly sommer vir maande daar en aanbid letterlik die grond waarop hy loop. Hy is werklik ‘n baie vreemde verskynsel.

d) Louis Farrakhan: Hy is die leier van die groep ‘Nation of Islam’ in Amerika. Vier jaar gelede het hierdie man die volgende verstommende woorde kwytgeraak:

" ... 75% of what you read in the Bible referring to Jesus is referring to a future man and 25% of what you read is referring to the man of 2 000 years ago ... the real question is : Who is Jesus? ... The historical Jesus was not the Messiah. The prophetic Jesus is the Messiah. The historical Jesus prefigured the Messiah and that’s why the Jews have never accepted the historical Jesus. They continue to look for the Messiah. They are not wrong. He was not born in Bethlehem of Judea. He was born in Sanderville, Georgia." [in die VSA - Farrakhan se geboorteplek]. Dan gaan hy voort: " ... I’m hanging on a cross right now. I’m on Calvary right now. And I’m ready to go all the way. Because I know that by my stripes everyone of you will be healed. You don’t have to look anywhere for Jesus. I represent him." (The Christian News, 9 Desember 1996).

Hoef ‘n mens meer te sê. Het God ons dan nie gewaarsku dat daar valse Christusse sal wees kort voor sy koms nie? (Matt. 24:23,24). As so ‘n persoon dan so glo, hoe maklik gaan die verskillende wêreldgodsdienste dan nie saam verenig om die ware Antichris te volg nie?

e) Lord Maitreya: Hierdie persoon is seker die vreemdste van alle valse Christusse van ons dag. As ‘n mens kyk na wat hy sê, sou jy vas glo dat hy die ware Antichris moet wees. Ons kan dit egter nie met sekerheid sê nie, maar dat hy baie na daaraan moet wees, kan ook nie betwyfel word nie.

Die volgende inligting is verkry uit verskeie uitgawes van die ‘New Age’ publikasie, Share International (1995/1996). Dit is baie insiggewend om daarop te let dat hierdie tydskrif geaffilieer is by die Departement van Openbare Inligting van die Verenigde Nasies. Die tydskrif verskaf ook nuus oor die verskillende afdelings van die Verenigde Nasies en oor die ‘positiewe verwikkelinge in die transformasie van ons wêreld.’

Een van die hoofredakteurs is Benjamin Creme, een van die grootste ‘New Age’ leiers in die wêreld en bekend in esoteriese kringe. Die ander hoofredakteur het die interessante naam van Peter Liefhebber - ‘n Hollander. Share International word ook uitgestuur na VN amptenare en top wêreldleiers.

In hierdie geskrifte word Lord Maitreya se oorsprong in detail uiteengesit. Hulle sê dat die tydlose ‘Wisdom Teachings’ vir die eerste keer in 1875 deur Helena Blavatsky aan die algemene publiek geopenbaar is. Sy het die Teosofiese Vereniging gestig (en was in der waarheid ‘n Satanis). Haar ‘kennis’ en ‘wysheid’ het sy op ‘n heel ander manier bekom - direk van sg. ‘Masters of Wisdom.’ Dit is d.m.v. spiritistiese mediums - m.a.w. van die duiwel en sy engele self. Een van haar boeke was Isis Unveiled, oor hierdie lid van die Egiptiese ‘drie-eenheid.’ Daarna, tussen 1919 en 1949, het ‘n Alice Baily, ook geïnspireer deur ‘n ‘Master’ (van Tibet), verskeie boeke wat deur hierdie medium vir haar gedikteer is, geskryf. Hierin het dit duidelik geword dat ‘n ‘World Teacher’ of ‘Christus’ teen die middel of einde van hierdie eeu sy verskyning sou maak. (Bailey se boeke is aanvanklik deur Lucifer Publishing Co. uitgegee. Die naam is later verander na Lucis Trust). In Januarie 1959 is Benjamin Creme deur ‘n medium gekontak en drie maande daarna deur Maitreya self. Sy hoofboodskap was dat hy oppad is en gou aan die mensdom sal verskyn.

 

Creme verduidelik dat Lord Maitreya in Julie 1977 sy sentrum in die Himalajas verlaat het en wel "like a thief in the night." In 1982 sowel as in 1987 het Creme se organisasie, die ‘Tara Center’, in Kalifornië, VSA, volblad advertensies in verskeie bekende internasionale koerante en tydskrifte geplaas met die opskrif: ‘THE CHRIST IS NOW HERE’. Die advertensie het uitgebrei en verduidelik dat hy die een is wat deur al die godsdienste van die wêreld verwag word: Die Christene verwag hom as Christus; die Jode as die Messias; die Hindoes as Krishna; die Buddiste as Maitreya Budda en die Moslems as die Imam Mahdi of Messias.

Hy het toe egter nie gekom en aan die wêreld verskyn nie. Is dit dalk omdat dit nog nie God se tyd vir hom was nie?

 

Volgens Benjamin Creme woon Maitreya tans in die Pakistans-Indiese deel van London en is blykbaar ‘n mens met alledaagse probleme. Hy word egter spesifiek deur hom ‘The World Teacher’ genoem. Die interessantste en betekenisvolste van hierdie Maitreya is dan juis sy meer onlangse ‘teachings’ of leringe wat hy deur Creme aan die wêreld oordra. Hy het onder meer die volgende gesê en voorspel:

 

1. ‘n Komende internasionale ineenstorting van die wêreld se effektebeurse, wat in Japan sal begin.

2. Hy wil die mensdom die kuns van selfaktualisering of selfontdekking leer. M.a.w. hoe wonderlik jy self eintlik is (Die sielkundige Maslow het dieselfde geleer). Die Woord van God leer presies die teenoorgestelde, nl. om te sterf aan jouself en jouself te verloën.

3. Hy sê die mens het ‘n universele reg op goeie kos, redelike behuising, gesondheidsorg en opvoeding. Klink dit nie bekend nie? Hy som dit op met die woorde: ‘Share and save the world.’ Al klink dit na liefde is dit eintlik niks anders as sosialisme (kommunisme) nie.

4. Hy sê: ‘Sonder om te deel kan daar geen geregtigheid wees nie; sonder geregtigheid kan daar geen vrede wees nie en sonder vrede kan daar geen toekoms wees nie.’ Hy sê die gaping tussen die rykes en armes in die wêreld is ‘die enkel grootste bedreiging vir wêreldvrede.’ Jesus Christus alleen is ons geregtigheid en Hy alleen kan ware vrede bring.

5. Hy sê mense gaan binnekort baie gesonder wees. Baie siektes gaan verdwyn. Die Woord en die feite sê anders.

6. ‘Die omgewing sal die nommer een saak in die wêreld word.’ Al gehoor van aarde-aanbidding?

7. Die samelewing gaan meer in globale terme begin dink en mense gaan al hoe nader aan mekaar kom. Hier kom die nuwe Toring van Babel!

Creme sê ook dat Maitreya ‘n instrumentele rol gespeel het en steeds speel in die oplossing van baie kritieke probleme wêreldwyd - selfs in die ‘oplossing’ van die Suid-Afrika kwessie. Hy het blykbaar ook ons vorige Staatspresident se vrylating lank terug al voorspel. Hy is dus ‘n vredemaker par excellence!

Die Share tydskrif lê ook baie klem op wonderwerke wat oral in die wêreld plaasvind, soos bv. ‘Jesus’ en ‘Maria’ verskynings. Hulle plaas gereeld artikels daaroor en sê dat die ‘tyd van die wonderwerke’ aangebreek het.

Maitreya verskyn dan ook blykbaar self aan groepe, individue en selfs aan bekende wêreldleiers (soms in drome). Interessant is dat as hy aan godsdienstiges verskyn, is dit gewoonlik aan Rooms-Katolieke en Ortodokse groepe.

Hy het ook gesê dat hy kruise van lig gaan maak wat oral sal verskyn en baie mense wêreldwyd het toe getuig dat hulle dit gesien het (soms teen geboue).

Die Woord van God het ons ernstig gewaarsku teen hierdie tipe misleiding (tekens en wonders) kort voor sy koms (Matt. 24:24; 2 Thess. 2:9; Op. 13:13,14).

Die heel interessantste is egter hierdie volgende gedeelte wat ek net so aanhaal:

 

‘DAY OF DECLARATION

"At the earliest possible moment, Maitreya will demonstrate His true identity. On the Day of Declaration, the international radio and television networks will be linked together, and Maitreya will be invited to speak to the world.

We will see His face on television, but each of us will hear His words telepathically in our own language as Maitreya simultaneously impresses the minds of all humanity. Even those who are not watching Him on television or listening to the radio will have this experience.

At the same time, hundreds of thousands of spontaneous healings will take place throughout the world. In this way we will know that this man is truly the World Teacher for all humanity."

Die Woord sê: "Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. As hulle dan vir julle sê: Kyk, ... Hy is in die binnekamer - moet dit nie glo nie." My vriend, glo jy nog steeds ‘n mens kan nie weet dat die wederkoms van die Here naby is nie ?

Die ware Christus sal wel soos volg verskyn en dit kan enige dag wees: "Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees." (Matt. 24 : 25-27).

 

Kyk ook na die volgende merkwaardige berigte:

 

‘MAITREYA VERSKYNING’

NAIROBI, KENYA - "About 6 000 worshippers in Nairobi, Kenya, believe they saw Christ on 11 June 1988. The tall figure of a bare-footed, white-robed and bearded man appeared from nowhere and stood in the middle of the crowd, whom he addressed in clear unaccented Swahili. Many healings took place - twenty cripples walked again. He departed in as mysterious a manner as he appeared."

(Kenya Times, 22 Junie 1988).

 

‘ANOTHER MESSIANIC FIGURE IS PREDICTED’

NEW YORK - " ... the planet will soon hear from a figure called a World Teacher, whose personal name is Maitreya, chief among the Masters of Wisdom, themselves a handful of ‘perfected men’ who serve as guardians of a divine plan for Earth. ... I’m told that it’s any time,’ Creme said ... It’s imminent’ he said. ... Creme said he is kept informed of Maitreya’s plans largely through telepathic communication with another Master, whose name he declined to reveal. ... Asked the human sources of his inspiration, Creme said he was a student of the writings of Helena Blavatsky and Alice Bailey, whose books have had a profound influence on that diverse range of contemporary spiritual beliefs called New Age - a blend of elements of Eastern and Western mysticism and a strong dose of self-improvement thinking."

(New York Times, 20 Julie 1996).

Die Woord sê: "Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied," (Jes. 2:6).

Die ‘New Age’, Buddisme en Hindoeïsme is maar een en dieselfde godsdiens.

 

 

MAITREYA EN JESUS

Die nuwe era ‘Christus’ wat deur baie in die wêreld verwag word, is volgens hulle eie bronne nie die dieselfde as die Christus van die Bybel nie. Hulle sê self: "Jesus of Nazareth and the Christ are not one and the same person." Tog is daar talle ‘Christelike’ groepe en kerke wat meen dat dit wel die geval is.

Lees verder wat die nuwe era mense oor hierdie onderwerp sê:

" ... The disciple Jesus of 2,000 years ago has by now become one of the most senior Masters in the Hierarchy: the Master Jesus. During most of the current time he has lived mainly in Palestine."

Hierdie volgende openbaring is verstommend. Die beklemtoning is bygevoeg:

"Since 1984, however, he has lived in Rome. The intention is that he will try to raise the Christian churches out of their state of crystallization and rivalry and, if invited to do so, to lead a newly united church. By doing so he hopes to resolve the many contradictions and misunderstandings ... With the emergence of Maitreya, the Master Jesus is playing a major role for the second time. This open collaboration, which will be visible to all, will end any lingering doubts concerning the true relationship between Maitreya the Christ and his disciple, the Master Jesus."

Die Maitreya is dus volgens hulle ‘die Christus’ en hy is te onderskei van ‘die Meester Jesus’, wat reeds sedert 1984 in Rome bly. Is hierdie ‘Jesus’ nie dalk een van die Kardinale van die Roomse Kerk wat binnekort die nuwe Pous gaan word nie? Dit is verder juis hierdie kerk wat so spook om die wêreld se kerke weer een te maak. Miskien verstaan ons nou veel meer van die ekumeniese beweging !

Hierdie lyk baie sterk na die komende Antichris en sy valse profeet.

Die inligting is bekom vanaf die Internet en wel vanaf die bekende nuwe era tydskrif, Share International. Lg. is ‘toevallig’ ook geaffilieer by die Verenigde Nasies.

 

 

NUWE JESUS VIR DIE NUWE ERA

 

"Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus ! En hulle sal baie mense mislei. ... As iemand dan vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar ! - moet dit nie glo nie. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei."

Matt. 24:5,23,24

 

Die ‘nuwe era’ is nou met ons. Sommige kenners van astrologie meen dat Maart/April 2000 die amptelike oorgang na die ‘new age’ was. Hulle doen hierdie verklaring op grond van ‘astrologiese studies.’ Blykbaar het die wêreld reeds die era van die waterdraer of Aquarius binnegegaan. Aanhangers van die nuwe era verwag ‘n Jesus figuur, die Maitreya, wat volgens hulle eersdaags sal arriveer op die wêreldtoneel.

Dit is egter nie net hulle wat ‘n Jesus verwag nie. Kyk ook na die volgende berigte:

 

MUSLIMS ‘ARE NOT ANTI-CHRISTIAN’

"The president of the Jamiatul Ulama council Moulana (Our Guide) Abbaas Ali Jeena, said Muslims believed Jesus would return to save the world. ‘One cannot claim to be a Muslim unless one believes in Jesus and accepts Him a messenger of God.’ he said.

‘The Koran contains an entire chapter on Mary and the miraculous birth of Christ.

‘We love Jesus so much, in fact, that we have left a gravesite open for him, right next to the Prophet Mohammed,’ he said. ‘This was done on explicit instructions of Mohammed. We believe that Jesus will die a natural death 40 years after He returns to the world, and that He’ll be buried next to Mohammed.

Mr Jeesa said Jesus was recognised by Muslims as a prophet, but not the final one (Mohammed fulfils that role)."

(The Citizen, 7 Januarie 1997).

Baie duidelik ‘n ander Jesus (2 Kor. 11:4). Die Christus van die Skrif het reeds opgestaan uit die dood. Hoe perfek sal die verskyning van die Antichris nie aan hulle verwagting voldoen nie.

‘HUNDREDS OF MYSTICS IN LEBANON MOVING

IN FEAR TO MOUNTAINS’

"Hundreds of wealthy Beirutis, harkening to the appeal of their Sufi Moslem mystical leader, are moving to the mountains to avoid ‘catastrophes’ as the millennium approaches, ... Their leader, Sheikh Nazem Rabbani Haqani, known as al-Kobrossi (the Cypriot), has predicted that the ‘worst catastrophes’ will strike the world by 2000. ‘The world stands on a time bomb. The great explosion can occur at any time by 2000 ... save yourself with prayers, good actions and good intentions ... to witness the arrival of the messiah Jesus and the establishment of the kingdom of justice,’ reads page 609 of Kobrossi's book."

(Klem bygevoeg - Agence France Presse, 1 Oktober 1999).

Moslems wat die koms van Jesus, die Messias, verwag? Die wêreldsituasie begin nou werklik interessant word.

In die Newsweek tydskrif van 15 November 1999 was daar twee artikels wat gewy is aan die eindtyd. Die hele voorblad is ook daaraan gewy met die hoofopskrif: ‘PROPHECY’ en dan ook die volgende: ‘What the Bible says about the end of the world.’ Die artikels is maar soos gewoonlik redelik eensydig, maar tog eindig die hoofartikel met woorde wat wonder of die Bybelse beskouing oor die einde, soos veral gevind in die boek Openbaring, nie dalk tog die volle waarheid is nie. Binnekort kan ‘n dag aanbreek dat hulle nie meer hieroor sal wonder nie.

Die hoofartikel praat egter nie net alleen oor die Bybelse siening van die eindtyd nie, maar raak ook aan die Moslems se beskouing van die laaste oomblikke op aarde. Volgens die artikel verwag die Moslems binnekort ‘n ‘geheime’ Imam, dit is nou ‘n Imam Mahdi (‘n groot geestelike leier), asook ‘n Jesus. Hierdie twee leiers sal dan teen die ‘bose’ Dajjal (‘n tipe Antichris) optree. Hierdie Dajjal sal blykbaar die magte van die bose lei en sal dan in opstand kom teen die Imam en sy Jesus. Hierdie is besonder insiggewende inligting. Die Bybel leer ons dat ‘n Antichris (die dier) en ‘n valse profeet sal opstaan teen die heiliges in die groot verdrukking. Aan die einde van die sewejarige verdrukking sal hulle teen die ware Jesus Christus in opstand kom by die slag van Armageddon, waar hulle ook verslaan sal word. Pas die Imam en sy ander Jesus (volgens Moslems net ‘n profeet) nie presies in by wat die Bybel ons leer oor die komende Antichris en die valse profeet nie? Is die genoemde Dajjal nie dalk hulle siening van die ware Christus wat aan die einde van die groot verdrukking gaan kom om sy teëstanders finaal te kom oordeel nie?

Dit laat ‘n mens dink, of hoe? Is dit nie net nog ‘n bewys van hoe absoluut akkuraat die Bybelse profesieë is en hoe naby die wederkoms van die ware Christus vandag in werklikheid is nie? Kyk net hoe bg. ooreenstem met wat ons vind in die boek, The Reappearance of the Christ, van ‘new ager’ Alice Bailey. Die volgende is ‘n opsomming oor hierdie boek en is te vind op die Internet:

 

"Many religions today expect the coming of an Avatar or Saviour. The second coming of the Christ, as the world Teacher for the age of Aquarius, is presented in this book as an imminent event, logical and practical in the continuity of divine revelation throughout the ages. The Christ belongs to all mankind; he can be known and understood as "the same great Identity in all the world religions".

(Alice A. Bailey, Lucis Publishing Companies, Lucis Trust - vroeër genoem Lucifer Publishing Company).

Sy het hierdie boek en ook talle ander boeke geskryf nadat haar ‘meester’ met die naam Dwajlkuhl, dit vir haar gedikteer het. Sy het dit dan in outomatiese (begeleide) handskrif neergeskryf. Hierdie vrou is in 1949 reeds oorlede, maar let op dat sy die koms van hierdie valse Christus (die Bybelse Antichris) destyds al as naby beskou het. Dit is nou nader as ooit en hierdie een kom nie op die wolke nie - hy kom van onder. Is dit nie juis insiggewend dat hulle geredelik die nuwe wêreldleier spesifiek ‘n Christus noem nie? Hoekom gebruik hulle telkens die woord Christus of Messias?

 

Die opstellers van World Scripture, die nuwe sinkritistiese godsdiens handboek vir die wêreld, verwag egter ook ‘n spesiale persoon op die wêreldtoneel - ‘n tipe leier wat vrede op aarde sal bring. Hulle beskryf sy koms vanuit alle hoeke en volgens die ‘heilige geskrifte’ van al die godsdienste. Byna hierdie hele geskrif is op die Internet beskikbaar. Die gedeelte oor die ‘Messias’ is egter eers onlangs vir lesers beskikbaar gestel.

Hier is die inleiding tot hierdie hoofstuk in hulle eie woorde. ‘n Mens kan dit amper nie glo nie:

 

‘THE MESSIAH’

"The scriptures of many religions speak of a coming leader who will consummate the fulfillment of the divine will on earth. He will manifest in his person the righteousness and compassion of God, and he will bring about the final defeat of evil, and establish the Kingdom of Heaven on earth. The Hebrew title Messiah - 'Christ' in Greek means "anointed one," that person who will be specially chosen by God for this mission and empowered to accomplish it. But while the term Messiah is specific to only a few religions, prophecies that a leader will come and accomplish such a mission are nearly universal. Religions call him by various names: Jews long for the promised Messiah; for Christians the Messiah is Jesus of Nazareth, who has already come and ascended to heaven but will reappear (perhaps in a new guise) at his Second Coming. Muslims also expect the second advent of Jesus, who will come as a Muslim Imam, and among Shiite Muslims there are various expectations of a future Imam Mahdi. Buddhist sutras prophesy the coming of the Maitreya Buddha; Vaishnavite Hindu scriptures prophesy the future descent of an avatar named Kalki; Zoroastrian scriptures prophesy the coming of the Saoshyant; and some Confucian texts speak of a future True Man who will finally bring peace to the world by perfectly instituting the Way of Confucius."

Die vraag is nou net hoekom noem hulle hierdie komende wêreldleier die ‘Messias’? Hoekom kies hulle juis die Bybelse of Christelike term, alhoewel ook die Joodse een? Hieruit kan darem baie duidelik gesien word dat so ‘n persoon verwag word deur alle godsdienste. Die aangehaalde gedeelte gaan dan verder en haal grepe uit talle ‘heilige geskrifte’ aan wat juis handel oor die koms van so ‘n Messiaanse figuur. Die Bybel noem hom egter "die Antichris" (1 Joh. 2:18) - die Satan se man en ‘substituut’ vir God op aarde. Sy koms is naby !

 

Uit al die godsdienste van die wêreld kies hulle hierdie besondere, Bybelse term. Is dit dalk omdat ‘n valse soort ‘Christelike godsdiens’ die hoofgodsdiens van die Antichris regering gaan wees en dit in die ‘nuwe’ Romeinse ryk?

Die Woord van God het egter ‘n ander beskouing oor die aard van Christus:

 

"Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid." (Heb. 13:8).

As Jesus weer kom (soos Hy belowe het), kom Hy op die wolke (1 Thess. 4:16,17) en definitief nie êrens in ‘n Arabiese woestyn of in ‘n Verenigde Nasies meditasiekamer nie !

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

12

 

 

 

 

TEGNOLOGIE EN DIE

 

MERK VAN DIE DIER

 

 

 

 

 

"En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het." (Op. 13:16,17).

 

Hierdie is sekerlik een van die heel bekendste en selfs berugste profesieë in die Skrif. Daar is natuurlik baie mense en veral teoloë wat hierdie gedeelte afmaak asof dit bloot van historiese belang is. Ander kom met die ou bekende verweer: ‘dit het net simboliese waarde’. Die belangrikste om hier te onthou, is egter bloot dat al die tegnologiese ontwikkeling van ons dag, vir die eerste keer in die geskiedenis van die mens van so ‘n aard is dat die bg. gedeelte wel letterlik in vervulling kan gaan. Die huidige geslag is die eerste geslag wat met reg kan sê dat hulle die laaste geslag is. Die merk van die dier is baie nader as wat enige een van ons dalk mag dink. Om hierdie merk te neem, behels egter veel meer as net die inplanting van ‘n mikroskyfie vir die doeleindes van koop en verkoop. Elke persoon wat die merk neem, sal Jesus Christus finaal afsweer om die Antichris en sy beeld te aanbid. Die Bybel verklaar dit baie duidelik in Op. 14:9-11 waar daar staan: "As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel ... en hulle het dag en nag geen rus nie - hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang."

Hier kan dus gesien word dat dit hand aan hand sal gaan met die aanbidding van die dier. God is volmaak regverdig en sal niemand in die poel van vuur werp, bloot oor ‘n silikon mikroskyfie in sy hand of voorkop nie. Baie mense sal egter besluit om die geldgod daardie dag te dien en om die versoeningsbloed van Jesus Christus finaal te vertrap. In so ‘n geval sal God geen keuse hê as om diesulkes vir ewig tot die hel te verdoem nie. Die Woord waarsku ons egter duidelik dat geen kind van God die merk van die dier mag neem nie, omdat dit sal gepaardgaan met afgodediens. Ons kan egter vandag die Here dank dat Hy uit liefde vir ons hierdie duidelike teken gegee het (naas Israel die duidelikste), sodat ons kan weet dat sy wederkoms voor die deur is.

 

Kyk net na die volgende inligting in die verband en hoe alles stelselmatig in plek val en wel oor die hele wêreld:

 

In die Business Report van The Star, 1 April 1999 word verduidelik hoedat die telekommunikasiebedryf in Afrika nou na sellulêre dienste gaan oorskakel. Ons lees daar: "The world is going the wireless route and it makes particular sense in Africa. Wireless is a perfect medium, especially in countries that have an undeveloped infrastructure." Tot Uganda en Rwanda word genoem as lande wat reeds verbind word deur sellulêre netwerke. Dit is ook goedkoper en die vordering is snel.

Konstruksie aan ‘n massiewe nuwe veseloptiese kommunikasie kabel van 30 000km wat Afrika, Europa en Asië sal verbind, is reeds begin. Die berig sê verder dat dit ook te make sal hê met elektroniese handel oftewel ‘e-commerce’. Dit sal teen 2001 operasioneel wees. (The Citizen, 19 Junie 1999).

‘n Nuwe internasionale satelliet telefoon maatskappy, Iridium, wat sellulêre maatskappye se besigheid kan beëindig, het reeds ‘n wêreldwye netwerk daargestel wat reeds 55 lande van Afrika insluit! As persoonlike telekommunikasie reeds per satelliet gaan plaasvind, is die weg gebaan vir klein persoonlike mikrorekenaars om ook so te funksioneer (The Citizen, 28 Junie 1999).

‘COMESA WIL MONTêRE UNIE EN EEN GELDEENHEID INSTEL’

Dit was die opskrif van ‘n koerantberig. Hulle sê dit sal help om makliker sake te doen. Wat is dit anders as koop en verkoop? Comesa is die Gemeenskaps-mark vir Oos- en Suider Afrika en het 21 lande as lede. Suid-Afrika is tans deel van ‘n ander groep van 14 lande. Binnekort sal hulle almal saamsmelt en een geldeenheid gaan verseker ‘n realiteit word (Sake Volksblad, 9 Junie 1999).

God se Woord is dus besig om wel in vervulling te gaan - ook in Afrika!

‘n Paar jaar gelede het hierdie berig in Amerika verskyn:

 

‘IN THE FUTURE TINY CHIP MAY GET UNDER SKIN’

"A tiny chip implanted inside the human body to send and receive radio messages ... is likely to be marketed as a consumer item early in the next century. ... several technologies already available or under development will enable electronics firms to make implantable ID locators, say futurists, and our yearning for convenience and security makes them almost irresistible to marketers." Bernard Beck, Sosiologie professor by die Northwestern Universiteit, sê: "People accept that increased communications makes life more convenient at the same time that there’s no hiding place anymore. If I have a universal ID implanted, I can cash a cheque anywhere in the world. There’s no worry about credit cards being stolen. These are attractive matters."

(Chicago Tribune, 7 Mei 1996).

Materieel en finansieel gesproke sal dit baie aanloklik wees, maar dit sal ook biljoene se finale ondergang beteken. Byna 2000 jaar nadat hierdie profesie opgeteken is, lees ons vandag daarvan in die sekulêre media. Die mense wat dit voorstaan, ken in die meeste gevalle nie eers die Bybel nie en dit wys net weer hoe getrou God is om sy Woord te volbring. Ons geslag is inderdaad die eerste geslag ooit wat daarop kan aanspraak maak dat ons die laaste geslag is. Selfs ‘n paar dekades gelede sou niemand kon droom dat die tegnologie om hierdie profesie te vervul so gou na vore sou kom nie. Diegene wat na alles wat vandag in die wêreld gebeur nog steeds glo dat hierdie profesie net simbolies van aard is of geestelik geneem moet word, sal binnekort tot die werklikheid teruggeruk word. Ons hoop en bid dat dit die geval sal wees.

‘n Koerant in Singapoer, die Singapore Straits Times, het ‘n foto gedra van ‘n man met ‘n mikroskyfie wat net onder die vel in sy voorkop ingeplant is. Die meegaande artikel het verduidelik dat die mikroskyfie baie gerieflik sou wees omdat dit inligting sou kon bevat soos jou immigrasie status, bestuurderslisensie, versekerings dokumente en selfs jou huisadres (Seattle Post-Intelligencer, 30 Maart 1998).

 

Op 20 (en weer op 22) Desember 1998 is ‘n program, In Touch (geborg deur Telkom), op TV (SABC 3) uitgesaai waarin hulle openlik gesinspeel het dat ‘n mikroskyfie in die hand ingeplant sal word om daarmee te kan koop en verkoop - presies soos die Bybel voorpel het. In ‘n toneel het ‘n vrou goedere by ‘n supermark gekoop en daarna het sy by die kasregister net die bokant van haar regterhand aangebied waarna haar hand geskandeer is met ‘n handskandeerder. Ons leef sonder twyfel in die laaste oomblikke voordat Christus weer gaan kom.

 

Tans is kredietkaarte van verskillende soorte natuurlik nog steeds baie gewild en vir die huidige nog voldoende, maar vir hoe lank? Hierdie tipe kaarte raak ook al hoe meer gevorderd soos die nou reeds bekende slimkaarte of ‘smart’ kaarte wat sy eie mikroskyfie bevat.

Die Vatikaan het in 1999 die sg. ‘Pilgrim Card’ in Rome bekendgestel om saam te val met die Rooms-Katolieke Kerk se groot Jubeljaar vieringe wat duur tot in Januarie 2001. Besoekers aan Rome en die Vatikaan kan dan hierdie kaarte, wat ingeboude mikroskyfies bevat, gebruik vir telefoonoproepe, vervoer en selfs vir die aankoop van etes. Die kaart dra ook die mediese besonderhede van die houer. Sekere ander items kan ook teen ‘n spesiale verlaagde koste met die slimkaart aangekoop word (Vatican Information Service, 26 Februarie 1999). In hierdie berig word Pous Johannes Paulus se woorde van ‘n toespraak in 1980 ook aangehaal waar hy gesê het: "The development of computer technology will multiply the creative capacities of people and will allow them to have access to the intellectual and cultural riches of other peoples." Is dit nie insiggewend dat Rome weereens hier die toon aangee nie - en hier selfs deur die godsdienstige vleuel van die herleefde Romeinse ryk?

 

In Suid-Afrika het die kabinet reeds goedkeuring verleen dat die ou ID dokumente binnekort vervang sal word deur ID kaarte, soortgelyk aan kredietkaarte. Die regering het ook reeds ‘n tender goedgekeur van ‘n konsortium van maatskappye in SA wat die kaarte sal vervaardig.

(The Citizen, 16 Maart 1999).

 

Ons weet egter dat die stygende misdaadsyfer wêreldwyd uiteindelik ‘n beter metode sal vereis as selfs kaarte.

In Brittanje en ook in Suid-Afrika is ‘n proses reeds aan die gang om kriminele te monitor d.m.v. elektroniese verklikkers wat hulle dan om die arm of om die enkel dra. Hierdie stap word genoodsaak omdat tronke heeltemal oorvol is in beide lande. In SA is so ‘n elektroniese moniteringstoestel reeds in 1999 deur die kabinet goedgekeur en die plan is om jaarliks tot 10 000 gevangenes uit die tronke vry te laat wat dan op hierdie manier ‘dopgehou’ sal word (The Citizen, 29 Januarie 1999; Beeld, 1 April 1999).

Hierdie is natuurlik ooglopend vir ‘n baie goeie doel, maar in die hande van verkeerde persone, en as dit enigsins afgedwing sou word op alle landsburgers, kan dit die einde van alle pivaatheid beteken.

 

Die tydskrif van die mediese fonds, Discovery, het onlangs ‘n hele artikel gehad oor mikroskyfies wat binnekort al hoe meer deel van ons samelewing gaan word. Hulle praat daarin van ‘n kontantlose samelewing wat baie naby is; ‘n mikroskyfie vir menslike identifikasie wat reeds in Amerika ontwerp is; die inplanting van mikroskyfies om selfs die brein te beheer; die gebruik van mikroskyfies as ‘n metode om mense op te spoor ens. Die artikel haal selfs Op. 13:16,17 uit die Bybel aan (Discovery, No. 4, Herfs 2000).

Dit word al hoe duideliker dat hierdie profesie in die Skrif alles behalwe vergesog is en dat dit verseker nie net ‘n simboliese of geestelike strekking het nie. Die Woord is waar tot in die fynste besonderhede.

 

Die volgende onlangse nuus het vir baie skeptici as ‘n groot skok gekom, maar ons moes dit verwag het:

 

‘HUMAN IMPLANT TRACKING DEVICE EXCITES MD’S, WORRIES PRIVACY GROUPS’

 

"A prototype of a miniature sensor capable of charting an individual's precise location and monitoring his or her vital signs will be unveiled in New York City [op 30 Oktober 2000].

Relaying a steady stream of data on the location and health of its host to ground stations using the Global Positioning System (GPS), the dime-sized chip is intended to be worn externally, such as on a wristwatch or implanted under the skin. With the motto ‘technology that cares,’ the device's maker, Applied Digital Solutions, sees applications ranging from remotely monitoring at-risk patients for quick emergency response to helping police track down abducted children who carry a device in their backpack. Other applications may be tracking lost pets and endangered wildlife, as well as managing the supply chain of certain products and finding lost or stolen property.

The ‘Digital Angel,’ using GPS technology, has useful medical applications. But privacy advocates fear this device may fall into the wrong hands."

(States News Service, 15 Augustus 2000).

 

Applied Digital Solutions het op 22 September 2000 ‘n persverklaring uitgereik oor die geleentheid waar hulle vir die eerste keer die produk aan die belangstellendes gaan demonstreer.

Die volgende aanhalings kom uit die persverklaring:

 

"Richard J. Sullivan, Chairman and CEO of Applied Digital Solutions, said: ‘We've been overwhelmed with requests for invitations.’ ... The company now expects to issue as many as 250 to 300 invitations to interested members of the national media, potential joint-venture/licensing partners and selected Wall Street analysts. Attendees will witness a Digital Angel breakthrough: the first-ever operational combination of bio-sensor technology and Web-enabled wireless telecommunications linked to GPS location-tracking systems."

 

Die mikroskyfie word ook outomaties herlaai deur die beweging van die liggaam en die daarmeegepaardgaande wisseling in liggaamstemperatuur.

Die inligting oor die werking van die Digital Angel mikroskyfie kan ook gevind word op die maatskappy se Internet webblad: www.digitalangel.net/

Hierdie lyk baie na aan die finale poging. Ons kan dit egter nie verseker weet nie. In SA is daar egter al heelwat vooruitgang op die gebied. Kyk net na die volgende berigte oor die rigting waarin die elektroniese handel tans beweeg. Kan ‘n mens jou losmaak van die Woord van God?

 

‘BANKING BY CELL’

"Bank clients will soon have access to their banking details through cellphone link to financial institutions to conduct their day to day transactions. The Absa bank announced yesterday that its clients would be able to use the buttons on their cellphones to instruct the bank about their banking requirements no matter where they were and whether or not they had immediate access to a landline phone or a computer. The project is a joint venture with the MTN cellular network. ... Customers will be able to make transactions, check live balances and receive statements. They will also make inter-account transfers, payments, cancellation of services and changes to PIN numbers. In addition, users do not have to talk to record voice or wait to go on-line which represents a significant time-saver. ... Many models and makes of standard cellphones can be used to transact through the banking system, ... a 32k SIM card for R100 ... is the only requirement to access the Absa Cellphone Banking System. ... transactions can take place 24 hours a day irrespective of the location of the customers. He added that the service is completely secure."

(The Citizen, 14 Augustus 2000).

 

‘VISA LAUNCHES CASH CARD’

"VISA International has taken the first steps towards a cashless society in South Africa, by launching a Visa-Cash card. A limited number of cards will be offered to the public at first, and the acceptance and implementation of the new payment instrument will be fully tested in a pilot project that starts on November 7 [2000]. ... Unlike the Telkom prepaid telephone card, these cards are reloadable and value can be charged to the card using cash, or funds the cardholder has in a PEP Bank savings account. In designing the system, Metrorail and PEP Bank recognised the importance of including a globally recognised brand and a card product based on international accepted standards."

(The Citizen, 21 Augustus 2000).

 

‘PROJEK FORESIGHT’ BRING EINDE

AAN KONTANT VIR SA

Die Suid-Afrikaanse regering het onlangs 13 volumes van ‘n verslag, wat die Foresight projek genoem word, voltooi en aan die staatspresident oorhandig. Dit is saamgestel deur die Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie. Die idee agter hierdie projek was om te probeer bepaal watter rigting Suid-Afrika moet inslaan t.o.v. veral die finansiële toekoms van ons land. In die Rapport van 2 April 2000 is breedvoerig hieroor berig. Die subopskrif het soos volg gelees:

‘Slimkaarte en elektronika behoort die kontant in Afrika se beursies te vervang’

Nie net Suid-Afrika nie, maar ook die hele Afrika moet blykbaar hierby betrek word. Die berig sê:

 

"Kontant behoort in daaglikse transaksies grootliks vervang te word deur elektroniese kontant in die vorm van slimkaarte. Satelliettegnologie moet oral in Afrika die gebruik van basiese finansiële dienste moontlik maak."

Dit is ‘n slag vir diegene wat gereken het dat die hele Afrika nooit by so iets betrek sal kan word nie.

Hulle praat van die jaar 2020 as die tyd wanneer Suid-Afrika deel sal moet wees van die ‘Globale Tuiste’ of andersins sal ons buite gelaat wees. Lg. kan egter nie gebeur nie. Dit word bepleit dat ons "ten volle moet deel word van die tegnologiese revolusie." Talle voordele vir hierdie nuwe stelsel word genoem soos natuurlik misdaadbekamping, wat dit eintlik onweerstaanbaar maak. Daar word selfs genoem dat oop grense tussen lande in die Suider-Afrikaanse streek wenslik is. Dit is nou om deel te word van die nuwe groter globale wêreldsisteem.

Die nuwe wêreldorde is ook hier op hande, veral as die regering nou amptelik besig is om die kontantlose samelewing op hierdie manier te promoveer.

Hierdie vergesig (foresight) is al in 96 n.C. deur die apostel Johannes op die eiland Patmos gesien.

Ja, die Bybel gaan snel in vervulling - ook hier in agtergeblewe Afrika!

 

 

DIE BEELD VAN DIE ANTICHRIS

 

In ‘n Engelse koerant, The Guardian, van 3 Februarie 2000 was ‘n verstommende berig oor orbitale spieëls wat van liggewig gemetalliseerde plastiek vervaardig word en wat gebruik kan word om holografiese beelde in die lugruim op te vertoon. Die grootste spieël wat sover vervaardig is, is 30 meter breed. ‘n Ander metode is om ‘n ‘spieël’ uit dun lug te maak. Wanneer warm lug bo-op koue lug gaan lê, kan lig gebuig word - soos die illusie wat op ‘n baie warm dag op ‘n teerpad waargeneem kan word. Hulle noem dat op hoër vlakke word die beeld veel duideliker en deur ‘n proses wat fata morgana genoem word, kan ‘n hele landskap in die lug uitgebeeld of voorgestel word. Hiermee kan ‘n hele illusie in die lugruim geskep word. Die Amerikaanse lugmag is tans besig met toetse in die verband. Dit is maar een deel van die saak. Om ‘n beeld in die lugruim te plaas, is al ‘n hele paar jaar moontlik. Die berig noem dat die tegniek gebruik kan word om bv. ‘n gesig van ‘God’ teen die hemelruim te werp. Hulle noem egter: "The face of God is not enough on its own. A voice is needed. A new technique using microwaves could produce this." Die tegnologie hiervoor bestaan dus reeds vandag !

 

Die profesie in Op. 13:15 kan dus vandag ‘n werklikheid word, vir die eerste maal in die geskiedenis:

 

"En dit is hom [die valse profeet] gegee om ‘n gees aan die dier [Antichris] se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie."